'n Kunstenaar se voorstelling van 'n reusagtige Haastarend wat twee moas aanval.
DieMoas (ordeDinornithiformes) was negespesies (in sesgenusse) nievlieëndevoëls wat inheems aanNieu-Seeland was en nou uitgesterf is.[4] Die grootste twee spesies,Dinornis robustus (Suideiland) enDinornis novaezelandiae (Noordeiland), het sowat 3,6 m hoog geword met hulle nekke uitgestrek en het sowat 230 kg geweeg.[5] Die kleinste spesies, die bosmoa (Anomalopteryx didiformis), was omtrent so groot soos 'n hedendaagsekalkoen.[6]
Ramings van die hoeveelheid moas teen die tyd datPolinesiese setlaars hulle omstreeks 1300 in Nieu-Seeland gevestig het, wissel van sowat 58 000[7] tot sowat 2,5 miljoen.[8]
Moas word tradisioneel by loopvoëls ingedeel.[4] Hulle naaste verwante, het egter uit genetiese studies geblyk, is die vlieëndeSuid-Amerikaansetinamoes, wat eens beskou is as 'n sustersgroep van die loopvoëls.[9] Die nege spesies moas was die enigste vlerklose voëls. Hulle was die grootste aarddiere en oorheersendeplantvreters in Nieu-Seeland se woude, struiklande en subalpynse ekostelsel tot met die aankoms van dieMaori's, en is net deur dieHaastarend gejag. Die moas het binne 100 jaar ná die mens se vestiging in Nieu-Seeland uitgesterf, hoofsaaklik omdat hulle te veel gejag is.[7]
↑Davies, S.J.J.F. (2003). "Moas". Grzimek's Animal Life Encyclopedia (2) 8 Birds I Tinamous and Ratites to Hoatzins. Ed. Hutchins, Michael. Farmington Hills, MI: Gale Group. 95–98. ISBN 978-0-7876-5784-0.