Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Misdaad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie.Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien dieredigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
Misdaad
sosiale probleem
Subklas vanAanstootWysig
Oorsaakanti-sosiale gedragWysig
Bestudeer deurkriminalistiekWysig
Gekarakteriseer deurdevelopmental stage of a criminal offenceWysig
Geskiedenis van die onderwerphistory of crimeWysig
Manifestasie vankriminaliteitWysig
Beoefen deurmisdadiger,residivisWysig
Role of agent(s) of actionmisdadigerWysig
Class of agent(s) of actionmens,groep van menseWysig
Behandel, beperk, of bestuur deurcrime prevention,crime controlWysig
WordLift URLhttps://data.wordlift.io/wl76541/entity/criminalWysig

'nMisdaad is 'n handeling wat 'n politieke of morelewet oortree.

Wat is misdaad?

[wysig |wysig bron]

'n Misdaad kan die oortreding van die wet wees. VolgensWesterseregsleer, moet daar 'n gesamentlike sameloop van beideactus reus (skuldige handeling) enmens rea (skuldige gewete) wees vir 'n misdaad om gepleeg te geword het; behalwe in die geval van streng aanspreeklikheid. As 'n vereiste vir vervolging verg sekere wette 'n bewys van 'n oorsaaklike verband tussen die beskuldigde se handelinge en die kriminele oortreding onder oorweging. Verder vereis sekere wette dat aanleidende omstandighede moes plaasgevind het vir 'n misdaad om gepleeg te gewees het. Verder vir 'n misdaad om vervolg te kan word moetcorpus delicti (ofbewys van 'n misdaad) vasgestel word. Die oortreding van die wet kan ook die voorneme wees om die wet te oortree of om ander in die proses te ondersteun; in sommige stelsels kan die eenvoudige asssosiasie vir die organisering van 'n misdaad gestraf word, selfs as die feit nie bevestig is nie en vir baie misdade word die poging daartoe ook gestraf, selfs al is die misdaad nie deurgevoer nie (in Kalifornië kan die straf daarvoor soveel as die helfte wees as vir die misdaad self).[1]

Misdaad word beskou as oortredings teenoor diegemeenskap en word as sulks deur die staat gestraf. Hulle kan skolasties onderskei word afhangende van die passiewe teiken van die misdaad (die slagoffer), of teenoor die geskende belange, as misdade teen:

Misdade kon andersins ook onderskei word na aanleiding van verwante strawwe (en dan op die graad van oortreding wat die verbode gedrag veroorsaak het), vergrype en oortredings.

Oor die algemeen vereis die definisie van 'n misdaad, in die meeste westerse stelsels, die voorneme (voluntas necandi) van die oortreder om dit te doen, daarom word dit gewoonlik nie bestraf wanneer die voorneme nie teenwoordig is nie of wanneer die oortreder nie by sy volleverstand of onder 'n sekere ouderdom is nie.

In baie stelsels is die strafregtelike aanspreeklikheid persoonlik, en word terrugwerkende strafreg verbied en kan niemand vervolg word vir 'n misdaad waar die strafreg nie die misdaad as sulks ten tye van die oortreding beskryf het nie.Die definisie van 'n misdaad weerspieël die teenswoordigende heersende houdings in 'nsamelewing. Die besit vandwelms was byvoorbeeld nie altyd 'n misdaad nie en tydens die drankverbod era in die V.S.A wasalkohol onwettig.

Aangeleenthede met betrekking tot kriminele gedrag in 'n samelewing word bestudeer in die veld vansosiologie en die onderafdeling van kriminologie en persone wat die vakgebied bestudeer wordkriminoloeë genoem. Die geestestoestand en helderheid van gees word deursielkundiges bepaal, veral in sake waar 'nkranksinnigheidsverweer gebruik word.

Die eerste beskawings het regskodes gehad al was dit nie altyd opgeteken nie. Die vroegste bekende geskrewe kodes is geskryf deur die antiekeSumeritane en dit was waarskynlik hul koningUr-Nammu (wat inUr in die 21ste eeu vC geregeer het) die eerste wetgewer van wie ons 'n formele stelsel van 32 artikels ontvang het.

InBabilon is die regskode van Esnunna eerste en daarna dieKode van Hammurabi (een van die rykstes van antieke tye) gebruik en het daardie samelewing se geloof weerspieël dat die wet van die gode se wil afgelei is.

Soortgelyk is daar gedragskodes van godsdienstige oorsprong ingesluit in strafregtelike kodes wat tot onlangs toe nog in baieteokratiese state tot werklike misdade gely het.

Natuurlike wet teorie van misdaad

[wysig |wysig bron]

'n Alternatiewe siening van misdaad word uit dienatuurlike wet teorie afgelei. Volgens hierdie oogpunt, is 'n misdaad die miskenning vanindividuele regte. Aangesien regte as natuurlik, eerder as mensgemaak beskou word, word die klassifisering van wat 'n misdaad verteenwoordig ook as 'n natuurlike gegewe beskou.Adam Smith het hierdie oogpunt geïllustreer deur die voorbeeld van 'nsmokkelaar 'n voortreflike burger sou wees as die wette van sy land 'n misdaad maak van iets wat die natuur nooit so bedoel het nie.

Natuurlike wet teorie onderskei dus tussen kriminalitet enonwettigheid, waar die eersgenoemde spruit uit die menslike natuur en die laasgenoemde spruit uit die belange van diegene wat die magsposisies beklee. Die twee begrippe word soms uitgedruk deur die frases "malum in se" en "malum prohibitum". Hierdie standpunt lei tot die oënskynliketeenstrydigheid, dat 'n handeling wat onwettig is nie noodwendig 'n misdaad is nie, terwyl 'n misdadige handeling selfs wettig kan wees.

Baieverligte denkers soosAdam Smith en sy tydgenote het tot 'n mate steun verleen aan hierdie siening en dit bly 'n invloedryke beginsel onder die sogenaamdeklassieke liberale enlibertyne.

Malum in Se en Malum Prohibitum

[wysig |wysig bron]

'n Misdaad watmalum in se gepleeg is word as inherent krimineel beskou; terwyl 'n misdaad watmalum prohibitum gepleeg is slegs as krimineel beskou word omdat die wet dit so bepaal.

Tipe misdade

[wysig |wysig bron]

Misdade kan verdeel word in verskeie (oorvleuelende) kategorieë:rekenaarmisdaad, misdade teenpersone, misdaad teenooreiendom, misdaad teen diestaatsveiligheid,dwelmoortredings,seksuele oortredings enwapenoortredings.

Misdade word ook gegroepeer volgens die graad van ernstigheid, sommige algemene kategorieë is:misdrywe,strafbare oortredings,skendings. 'n Gepoogde oortreding is 'n beplande of beoogde misdaad, wat die oortreder nie kon deurvoer voor syarrestasie nie.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. http://caselaw.lp.findlaw.com/cacodes/pen/654-678.html

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metMisdaad.
Sienmisdaad in Wiktionary, die vrye woordeboek.
Wikinews bevat nuus in verband metMisdaad.
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Misdaad&oldid=2604311"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp