Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Mioseen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
EraPeriodeEpogTyd gelede 
(in miljoen jaar)
KainosoïkumKwartêrHoloseen0 - 0,0117
Pleistoseen0,0117 - 2,588
NeogeenPlioseen2,588 - 5,333
Mioseen5,333 - 23,03
PaleogeenOligoseen23,03 - 33,9
Eoseen33,9 - 56,0
Paleoseen56,0 - 65,5
MesosoïkumKrytLaatouer

DieMioseen is 'n tydperk in die geologiese tydskaal tussen 23,03 tot 5,332 miljoen jaar gelede. Die Mioseen kom na dieOligoseen en voor diePlioseen.

Die woord is van Grieks afgelei: μείων (meiōn) = minder; καινός (kainós) = nuwe.

Klimaat

[wysig |wysig bron]
Florida in die vroeë Mioseen
Deinotherium, 'nslurpdier uit die Mioseen en Plioseen

Gedurende hierdie tydperk was die klimaat warmer as die voorafgaande oligoseen en word die warmste teen die mid-mioseen. In hierdie tyd het die klimaat 'n optimum bereik (die MMCOMiddle Miocene Climatic Optimum). Dietemperatuur het ongeveer 15 miljoen gelede weer gaan afneem. InSuid-Amerika het talle soogdiere toe slegs op laer breedtegraad voorgekom en nie meer in die suide van die kontinent nie. Hierna het dit vinnig afgekoel na die plioseen tydperk toe.[1]

In die vroeë tot midde-Mioseen hetAntarktika se yslaag partykeer uitgebrei en gekrimp. Die kleinste yslaag het toendraplantegroei tot 80 km van die kus moontlik gemaak en dit het ook ooreengekom met hoëkoolstofdioksiedvlakke in die atmosfeer (>500 ppm). Die laagste vlakke (<280 ppm) het saamgegaan met die grootste uitbreiding van die yslaag tot in die oseaan. Hierdie gegewens is belangrik vanweë dieaardverwarming wat in die komende jare kan optree.[2] Die yslaag op Antarktika het omtrent 14 miljoen jaar gelede amper die onlangse omvang bereik, maar hierdie groei het met 'n hoër temperatuur van die oppervlaktewater van dieSuidelike Oseaan gepaard gegaan.[3]

In die laat Mioseen het dieBenguela-stroom begin om die weskus vanSuid-Afrika enNamibië te bereik.[4]

Gebeurtenisse

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Horned Armadillos and Rafting Monkeys: The Fascinating Fossil Mammals of South AmericaDarin A. Croft, beelde: Velizar Simeonovski, Indiana University Press, 2016,ISBN 0-253-02094-8,ISBN 978-0-253-02094-9, bls 121
  2. Antarctic ice sheet sensitivity to atmospheric CO2 variations in the early to mid-MioceneRichard Levy et al. PNAS 113 no. 13, 3453–3458.
  3. Climate warming during Antarctic ice sheet expansion at the Middle Miocene transition, Nature Geoscience 7, 376–381,Gregor Knorr, Gerrit Lohmann (2014).
  4. The South Atlantic in the Late Quaternary: Reconstruction of Materials Budgets and Current Systems,Gerold Wefer, Stefan Mulitza, Springer Science & Business Media, 2004,ISBN 3-540-21028-8,ISBN 978-3-540-21028-3, bls 280

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Mioseen&oldid=2866903"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp