Minneapolis [ˌmɪniˈæpəlɪs] is die administratiewe setel van die distrik Hennepin County in dieAmerikaanse deelstaatMinnesota, en die groter een van die sogenaamdeTwin Cities («Tweelingstede»), 'n metropolitaanse gebied in oostelike Sentraal-Minnesota wat na sy twee grootste nedersettings, Minneapolis and Saint Paul (die deelstaathoofstad), genoem is. Minneapolis, wat aan weerskante van dieMississippirivier geleë is, het 'n bevolking van meer as 425 000, met sterkSkandinawiese enLutherse invloede.
Die naam Minneapolis kom van dieDakota woordmni (water) en dieGriekse woordpolis (stad). Minneapolis se bynaam isCity of Lakes.
Die Internasionale Lughawe van Minneapolis-St. Paul in 2012
Die Internasionale Lughawe van Minneapolis-St. Paul (MSP), geleë in die suide van die metropolitaanse Twin Cities-gebied (twaalf myl suidoos van Minneapolis en tien myl suidwes van St. Paul se middestad), is 'n belangrike spilpunt in die sogenaamde Upper Midwest-streek van die Verenigde State - met reistye van slegs een uur vanuit die meeste groter stedelike nedersettings in die Amerikaanse Middel-Weste en 'n vliegtyd van tussen twee en drie uur vanaf die Oos- of Weskus. Ook is daar regstreekse vlugte na verskillende bestemmings in die buiteland.