Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Minneapolis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Minneapolis

KaartSeël
Vlag
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 DeelstaatMinnesota
 CountyHennepin
 Koördinate44°59′N93°16′W /44.983°N 93.267°W /44.983; -93.267
 Stigting1856
 Geïnkorporeer op1867
 Oppervlakte: 
 - Totaal148,94vk km
 Hoogte bo seevlak250 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2024)428 579
 - Bevolkingsdigtheid3 074,21/vk km
 - Metropolitaanse gebied3 693 729
 TydsoneCST (UTC -6)
 -SomertydCDT (UTC -5)
 Klimaat 
 - TipeKontinentale klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur8,3 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie-8,8 / 23,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae803 mm
 BurgemeesterJacob Frey (D)
 Amptelike webwerfminneapolismn.gov

Minneapolis (Engels: [mɪniˈæpəlɪs],luister(hulp·inligting)) is die administratiewe setel van die distrik Hennepin County in dieAmerikaansedeelstaatMinnesota, en die groter een van die sogenaamdeTwin Cities ("Tweelingstede"), 'n metropolitaanse gebied in oostelike Sentraal-Minnesota wat na sy twee grootste nedersettings, Minneapolis enSaint Paul (die deelstaathoofstad), genoem is. Minneapolis, wat aan weerskante van dieMississippirivier geleë is, het 'n bevolking van meer as 428 000, met sterkSkandinawiese enLutherse invloede.

Die naam Minneapolis kom van dieDakota-woordmni (water) en dieGriekse woordpolis (stad). Minneapolis se bynaam isCity of Lakes.

Minneapolis was in onlangse jare wêreldwyd in die nuus vir beide die moord opGeorge Floyd (in 2020 deur 'n polisiebeampte) en Renée Good (in 2025 deur 'n ICE-beampte).[1][2]

Vervoer

[wysig |wysig bron]
DieMinneapolis-Saint Paul Internasionale Lughawe in 2012

DieMinneapolis-Saint Paul Internasionale Lughawe (MSP), geleë in die suide van die metropolitaanse Twin Cities-gebied (twaalf myl suidoos van Minneapolis en tien myl suidwes van St. Paul se middestad), is 'n belangrike spilpunt in die sogenaamde Upper Midwest-streek van die Verenigde State – met reistye van slegs een uur vanuit die meeste groter stedelike nedersettings in die Amerikaanse Middel-Weste en 'n vliegtyd van tussen twee en drie uur vanaf die Oos- of Weskus. Ook is daar regstreekse vlugte na verskillende bestemmings in die buiteland.

Bekende boorlinge

[wysig |wysig bron]
  • J. Paul Getty, oliemagnaat (1892–1976)
  • Prince, popsanger (1958−2016)

Susterstede

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)David Bauder (12 Januarie 2026)."George Floyd and Renee Good: 5 years between Minneapolis videos, and confusion has increased".Yahoo!. Besoek op12 Januarie 2026.
  2. (de)"Ein George-Floyd-Moment?". Die Zeit. 11 Januarie 2026. Besoek op12 Januarie 2026.
  3. 123456789101112(en)"Meet Our Sister Cities". Milwaukee. Besoek op12 Januarie 2026.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Minneapolis&oldid=2867745"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp