DieMillau-brug (Frans:Viaduc de Millau, [vja.dyk də mi.jo]) is 'nkabelstutbrug wat oor die vallei van die Tarnrivier nabyMillau inSuid-Frankryk span. Die brug, wat deur die Franse ingenieur Michel Virlogeux in samewerking met dieBritse argitekNorman Foster ontwerp is, is die hoogste voertuigbrug in die wêreld met die toppunt van een van die steunpilare wat 'n hoogte van 341 meter bereik wat effens hoër is as dieEiffeltoring en net 40 meter korter as dieEmpire State-gebou. Die brug is formeel op 14 Desember 2004 geopen en twee dae later vir verkeer oopgestel.
'n Nagtelike uitsig oor Millau, met die brug in die agtergrond
Voordat die brug gebou is was die verkeer genoodsaak om in die Tarnriviervallei af te daal en met dieroute nationale N9 naby die dorp Millau langs te ry met gevolglike ernstige verkeersopeenhopings aan die begin van die Julie- en Augustus-vakansieseisoen. Die brug oorspan nou die Tarnvallei op sy diepste punt en verbind diecausse du Larzac met diecausse rouge en is binne die grens van die Grands Causses natuurreservaat.
Die Millau-brug se GPS-koördinate is 44.0772 N en 3.0229 O.
Die brug vorm die laaste skakel op die A75 (la Méridienne) autoroute, en verskaf 'n deurlopende snelweg vanaf die suide vanParys deurClermont-Ferrand tot by Béziers. Die doel van die A75 is om die spoed van die verkeer te verhoog en die koste van voertuigritte op die roete te verlaag. Baie toeriste wat die suide van Frankryk enSpanje besoek volg die roete omdat dit 'n direkte verbinding is sonder tolpaaie (buiten vir die brug self) vir 340 km tussen Clermont-Ferrand na Béziers.
Die Eiffage-groep bedryf die tolbrug met huidigetolgeld van€4.90 vir ligte voertuie (€6.50 tydens die besige maande van Julie en Augustus). Die brug is deur die Eiffage-groep gebou, wat ook dieEiffeltoring gebou het, onder 'n regeringskontrak wat die maatskappy toelaat om vir 75 jaar lank tolgeld in te samel.
Daar is nou vier alternatiewe roetes in noord-suidelike rigting, watParys metPerpignan verbind
Die Millau-brug bestaan uit 'n agtspan staaldek met sewe steunpilare vanbeton. Die dek weeg 36 000 metrieketon en is 2 460 m lank, 32 m breed en 4,2 m diep. Die middelste ses dekke se spanwydte is elk 342 m lank en die twee buitenste dekke se spanwydte is elkeen 204 m lank. Die dek se helling is 3 persent en loop vansuid nanoord en die bo-aansig het 'n kromming met 'n 20 km radius om bestuurders se sig te verbeter. Daar is twee bane in elke rigting op die dek.
Die steunpilare wissel in hoogte van 77–246 m en die deursnee spits af vanaf 24,5 m aan die basis tot 11 m by die dek. Elke steunpilaar bestaan uit 16 raamwerkdele met 'n massa van 2 230 metrieke ton. Hierdie gedeeltes is ter plaatse aanmekaargesit uit dele wat vooraf in fabrieke in Lauterbourg en Fos-sur-Mer vervaardig is, en elk 60 ton geweeg het en 4 m breed en 17 m lank was.
Die steunpilare steun 97 m hoë spanmaste. Die steunpilare is eers saam met 'n paar tydelike stutte aanmekaargesit voordat die dekke oor die steunpilare gestoot is deur satellietgeleide ramme wat die dek teen 'n snelheid van 600 mm elke 4 minute gestoot het.