Mike Tyson (gebore30 Junie1966) is 'n afgetredeAmerikaansebokser. Hy was die onbetwisteswaargewigkampioen en bly die jongste man ooit om die WBC, WBA en IBF wêreldswaargewigtitels te verower.
Tyson begin in 1985 om professioneel te boks en wen 'n swaargewigtitel van Trevor Berbick in 1986. In 1988 word hy as die onbetwiste kampioen erken toe hy Michael Spinks klop. Hy verloor egter sy titel in 1990 teen Buster Douglas. Tyson het sy eerste 19 professionele gevegte met uitklophoue gewen, 12 daarvan in die eerste ronde.
Mike Tyson in 2006.
Tyson is in 1992 aan verkragting skuldig bevind en het 'n vonnis van drie jaar uitgedien. Ná sy vrylating het hy weer begin boks en 'n paar swaargewigtitels ingepalm. Evander Holyfield was die eerste bokser om hom na sy terugkeer te wen. Tyson het ook teen Lennox Lewis geboks, wat hom ook gewen het. Hy beëindig sy boksloopbaan in 2005.