Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Mike Markkula

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Armas Clifford "Mike"Markkula Jr. ([mɑrˈkuːlə];Los Angeles,11 Februarie1942) is 'nAmerikaanseelektriese ingenieur, sakeman en belegger. Markkula is vanFinse afkoms; sy voorsate het in die 19de eeu na die Verenigde State geëmigreer. Markkula was een van die eerste ingenieurs wat virIntel werksaam was en was op die ouderdom van 30, toe Intel in 'n publieke maatskappy omgeskep is, reeds 'n miljoenêr.[1]

In die beginfase vanApple Inc. het Markkula die jong onderneming van die benodigde risikokapitaal (hy het borg gestaan vir 'n krediet ter waarde van VS$200 000) en bestuursbystand voorsien. So het hy die eerste sakeplan ontwikkel, die eerste hoof uitvoerende beampte aangestel en daarop aangedring dat Wozniak tot die onderneming moes toetree. Apple, wat aanvanklik as 'n vennotskap bedryf is, kon daarna as 'n onderneming geïnkorporeer word. In ruil vir sy belegging het Markkula dertig persent van Apple Inc. se aandele ontvang.

Markkula het kennis gemaak met twee stigters en sleutelpersone van Apple Inc.,Steve Jobs enSteve Wozniak, terwyl hulle op soek gwas na eksterne befondsing vir hul nuutontwikkelde persoonlike rekenaar, dieApple II, nadat enkele eksemplare van die voorloperApple I reeds verkoop is. Markkula het tussen 1981 en 1983 die amp van hoof uitvoerende beampte van Apple beklee. Hy was tot 1997 by Apple Inc. betrokke.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Christoph Dernbach: Mac History - Porträt Mike Markkula. Besoek op 5 Mei 2020
Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Mike_Markkula&oldid=2196490"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp