Díaz-Canel is op 20 April 1960 in Placetas, Villa Clara, gebore aan Aída Bermúdez, 'n onderwyseres, en Miguel Díaz-Canel, 'n meganiese aanlegwerker in Santa Clara, Kuba.[1][2] Hy is van direkteSpaanse (Asturiese) afkoms; sy oupagrootjie Ramón Díaz-Canel het in die laat 19de eeu vir Castropol,Asturië (Spanje) virHavana verlaat.[3][4]
Hy het in 1982 aan die Sentrale Universiteit van Las Villas gegradueer as 'n elektroniese ingenieur en het daarna by die Kubaanse Revolusionêre Gewapende Magte aangesluit.[5] Vanaf April 1985 was hy 'n dosent in ingenieurswese by sy alma mater.[6] In 1987 het hy 'n internasionale sending in Nicaragua voltooi as eerste sekretaris van die Jong Kommunistiese Liga van Villa Clara.[7]
In 1993 het Díaz-Canel vir die Kommunistiese Party van Kuba begin werk en 'n jaar later is hy as Eerste Sekretaris van die Provinsiale Partykomitee van dieVilla Clara-provinsie ('n topposisie hoër as 'n goewerneur) verkies.[5][8] Hy het 'n reputasie vir bekwaamheid tydens sy ampstermyn verwerf,[8] waartydens daar berig word dat hyLGBT-regte ondersteun het in 'n tyd toe baie in die provinsie teen homoseksualiteit.[9] In 2003 is hy tot dieselfde posisie in die Holguín-provinsie verkies.[5][10] Hy het daardie jaar 'n lid van die Politburo van die Kommunistiese Party van Kuba geword.[11]
Díaz-Canel is in Mei 2009 as Minister van Hoër Onderwys aangestel, 'n pos wat hy beklee het tot 22 Maart 2012, toe hy Visepresident van die Raad van Ministers (adjunk-premier) geword het.[5][12] In 2013 het hy ook eerste visepresident van die Staatsraad geword.[5] As eerste visepresident van die staatsraad was Díaz-CanelRaúl Castro se adjunk.
In 2018 het die 86-jarige Castro bedank as president van die Staatsraad en die Raad van Ministers.Hy het aahou dien as die Eerste Sekretaris van die Kommunistiese Party van Kuba en die bevelvoerder-in-hoof van die Kubaanse Revolusionêre Weermag.[13][14] Op 18 April 2018 is Díaz-Canel gekies om vir Castro as president op te volg.[8] Hy is deur 'n stemming van die Nasionale Vergadering op 19 April[8] bevestig en op dieselfde dag ingesweer.[15]
In Oktober 2019 het Diaz-Canel die president van die Republiek van Kuba geword, 'n amp wat daardie Februarie herskep is nadat 'n reeks grondwetlike hervormings in 'n grondwetlike referendum goedgekeur is.[16] Hierdie amp het die een vervang wat hy sedert April van die vorige jaar beklee het, wat die President van die Staatsraad was, wat voorheen die staatshoof van Kuba was.
Op 19 April 2021 het hy amptelik die Eerste Sekretaris van die Kommunistiese Party geword na die bedanking van Raúl Castro. Dit het hom die leier van Kuba gemaak, in werklikheid sowel as in naam. Daar is verneem dat Raúl die werklike mag behou het nadat hy die presidentskap aan Diaz-Canel in 2018 afgestaan het. Diaz-Canel is die eerste nie-Castro om die party te lei sedert die Kubaanse rewolusie van 1959.[17]
↑"Nota oficial".Diario Granma. 22 Maart 2012. Besoek op31 Maart 2019.
↑"Raul Castro to lead Cuba's Communist Party until 2021". FRANCE 24. 19 April 2018.'I confirm to this assembly that Raul Castro, as First Secretary of the Communist Party, will lead the decisions about the future of the country,' Diaz-Canel said.