Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Michail Bakoenin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Michail Bakoenin
Michail Bakoenin. Foto geneem deur Nadar

GeboortenaamMichail Aleksandrowitsj Bakoenin
Gebore30 Mei1814
Prjamoechino,Twer-oblast,Russiese Ryk
Oorlede1 Julie 1876 (op 62)
Bern,Switserland
NasionaliteitVlag van Rusland Rusland
VakgebiedFilosofie, Anargisme
Beïnvloed deurHegel, Proudhon, Marx
Invloed opKropotkin, Malatesta, Chomsky

Michail Aleksandrowitsj Bakoenin (Russies: Михаил Александрович Бакунин, wetenskapliketransliterasieMichail Aleksandrovič Bakunin; *30 Mei1814 inPrjamoechino,Twer-oblast; †1 Julie1876 inBern,Switserland) was 'nRussiese rewolusionêr enanargis. Hy word as een van die beduidendste denkers, aktiviste en organiseerders van die anargistiese beweging beskou.

Bakoenin is in 'n ou adellike Russiese familie gebore en het opleiding asartillerie-offisier en wiskunde-onderwyser ontvang. Tydens 'n verblyf in Wes-Europa het Bakoenin kennis gemaak met talle rewolusionêre persoonlikhede en daar aan 'n verskeidenheid rewolusies en opstande deelgeneem, waaronder die Februarie-rewolusie inParys en diePraagse Pinksteropstand in1848 en die opstand inDresden in1849.

Nadat die Dresdense Mei-opstand neergeslaan is, is Bakoenin in hegtenis geneem en geïnterneer. Hy het agt jaar in gevangenisse deurgebring en is vir nog vier jaar naSiberië verban totdat hy daarin geslaag het om te vlug. Hy het sy volgende rewolusionêre aktiwiteite veral op die destydse Kongres-Pole en die nuutgestigte Koninkryk Italië gekonsentreer.

In1864 het Bakoenin die Internasionale Sosiaal-Demokratiese Alliansie in die lewe geroep en vier jaar later by die Internasionale Arbeidersassosiasie (Eerste Internasionale) aangesluit.

Bakoenin het die idee van kollektivistiese anargisme ontwikkel en in sy gedagtes panslawisme eninternasionalisme,sosialisme en anargisme, rewolusionêre mistiek en rasionalistiese filosofie met mekaar verbind en vir 'n permanente rewolusie gepleit. In die Internasionale Arbeidersassosiasie was Bakoenin die leidende figuur van die "anti-outoritêre" stroming en was daar in 'n verbete stryd metKarl Marx as raadslid verwikkel. Dié geskil sou uiteindelik tot 'n skeuring van die assosiasie sou lei. Die anargistiese beweging het van die kommunistiese en sosiaal-demokratiese bewegings geskei.

Die anargo-sindikalistiese beweging in Romaanse lande het Bakoenin, en nie Karl Marx nie, as leidende denker van die sosialisme beskou.

NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Michail_Bakoenin&oldid=2696794"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp