Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

MiG-23

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
MiG-23 "Flogger"
'n MiG-23MLD van die Sowjetlugmag
Tipe
VervaardigerMikojan
Ontwerp deurMikojan
Nooiensvlug10 Junie1967
Bekendstelling1970
StatusIn diens by buitelandse lugmagte
HoofgebruikersRussiese Lugmag (histories)
Siriese Lugmag
Egiptiese Lugmag
Libiese Lugmag
Jemense Lugmag
Bulgaarse Lugmag
Vervaardig1967–1985
Aantal gebou5 047
WeergawesMiG-27
Wêreldgebruikers van die MiG-23

DieMikojan-Goerewitsj MiG-23 (Russies Микоян и Гуревич МиГ-23; NAVO verslagnaam:Flogger) is 'n veranderlike geometrie vegvliegtuig, ontwerp deur die Mikojan-Goerewitsj ontwerpburo inMoskou in die voormaligeSowjetunie. Dit is 'n Sowjet-derdegeslag-vegvliegtuig, met soortgelyke ouderdom as ander Sowjetvegters soos die MiG-25 "Foxbat".

Dit was die eerste poging deur die Sowjetunie om afkyk/afskietradar te gebruik en een van die eerste modelle om bewapen te word met buite-sigafstandmissiele, en die eerste MiG produksievegvliegtuie om innames aan die kante van die romp te hê. Produksie het in 1970 'n aanvang geneem en bereik 'n groot aantal met meer as 5 000 vliegtuie gebou tot 1985. Die MiG-23 is tans steeds in beperkte gebruik by verskeie uitvoerkliënte.

Die MiG-23 se ontwerp is ook gebruik as basis vir dieMikojan MiG-27, 'n toegewyde grondaanvalvariant. Onder klein veranderinge, is die MiG-23 se neusgemonteerde radarstelsel in die MiG-27 vervang met 'n optiese paneel met 'n laseraanwyser en 'n TV-kamera. Grondaanvalweergawes van die MiG-23 is ook geproduseer en het groter uitvoersukses behaal as gevolg van sy multi-sendingvermoë.

In verslae van dieNoord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) word na die MiG-23 asFlogger verwys.

Galery

[wysig |wysig bron]
  • Vooraansig van 'n RP-23 Sapfir-23 radar (soos gebruik op die MiG-23), vertoon by die Hongaarse lugvaartmuseum, Szolnok
    Vooraansig van 'n RP-23 Sapfir-23 radar (soos gebruik op die MiG-23), vertoon by die Hongaarse lugvaartmuseum, Szolnok
  • Besigheidskant van die MiG-23
    Besigheidskant van die MiG-23
  • Landingstel van die MiG-23
    Landingstel van die MiG-23
  • MiG-23 op uitstalling by die Koninklike Militêre Museum in Brussel.
    MiG-23 op uitstalling by die Koninklike Militêre Museum in Brussel.
  • Wapentuig gedra aan 'n MiG-23
    Wapentuig gedra aan 'n MiG-23

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=MiG-23&oldid=2016962"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp