Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Meter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'nKrieketkolf en 'n meterstok langs mekaar. Die kolf is omtrent 90 cm lank.

Diemeter (simbool: m) is dieSI-basiseenheid vanlengte. Dit word gedefinieer as dieafstand watlig aflê in 'n absolutevakuum in 'ntydsinterval van1 / 299 792 458 van 'nsekonde.[1]

Deur 'nSI-voorvoegsel voor die woordmeter te voeg word veelvoude en breukdele aangedui; byvoorbeeldkilometer (1 000 meter;kilo- = 1 000) ennanometer (eenmiljardste van 'n meter;nano- = 1 / 1 000 000 000).

Omskakelings

[wysig |wysig bron]

1 meter is gelykstaande aan:

  • presies 1 / 0,9144jaart (d.i. ongeveer 1,0936 jaart)
  • presies 1 / 0,3048voet (d.i. ongeveer 3,2808 voet)
  • presies 10 000 / 254duim (d.i. ongeveer 39,370 duim)
  • 1 m = 10 dm = 100 cm = 1000mm

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die woord self is afkomstig van dieFranse woordmètre wat op sy beurt afkomstig is van dieGriekse woordmetron (μετρον), wat "'nmate" beteken.

Eenmeter was bedoel om gelyk aan 1 / 10 000 000ste van die afstand van dieNoordpool tot by dieewenaar te wees.

In dieagtiende eeu was daar twee definisies van die standaardeenheid van lengte. Een was om die meter as die lengte van 'npendulum met 'n periode van eensekonde te beskryf. Die ander voorstel was om 'n meter as 'n tien miljoenste van die lengte van 'n kwadrant van die aarde semeridiaan te definieer. In 1791 het die Franse Akademie vir Wetenskap die meridionale definisie bo die pendulum-definisie aanvaar vanweë die effense veranderinge inswaartekrag oor die aardoppervlak wat dan die periode van die pendulum beïnvloed. In 1793 het Frankryk die meter met hierdie definisie as hul amptelike eenheid vir lengte aanvaar. Al is dit later vasgestel dat die eerste prototipe meterstaaf te kort was met 'n vyfde van 'n millimeter vanweë 'n berekeningsfout weens die mate waartoe die aarde afwyk van 'n sfeer (afplatting by die pole), is hierdie lengte as standaard aanvaar. Die omtrek van dieAarde deur die pole is dus ongeveer veertig miljoen meter.

DieInternasionale Meterprototipe, 'n standaardstaaf uit platinum-iridium vervaardig. Hierdie maatstaf was die standaard tot en met 1960, toe die nuweSI-stelsel diekripton-spektrummate as basis aanvaar het. In 1983 is die definisie verander na 'n verband tussen diespoed van lig in 'n vakuum en 'n sekere tydsinterval.

In die 1870's, in die lig van meer akkurate meettegnologie, is 'n reeks internasionale konferensies gehou om 'n nuwe metriese standaard te vestig. DieMeter Konvensie (Convention du Mètre) van 1875 het 'n mandaat uitgereik vir die stigting van 'n permanenteInternasionale Buro vir Mate en Gewigte (BIPM: Bureau International des Poids et Mesures) wat te Sèvres, Frankryk geleë is. Hierdie nuwe organisasie sou die nuwe meterprototipe enkilogram huisves wanneer dit vervaardig is en ook die nasionale metriese prototipes versprei en sou ook vergelykings tussen hulle en nie-metriese standaarde op 'n deurlopende grondslag doen.

Hierdie organisasie het in 1889 'n nuwe staafprototipe vervaardig vir die eersteAlgemene Konferensie oor Mates en Gewigte (CGPM: Conférence Générale des Poids et Mesures), wat dieInternasionale Meterprototipe as die afstand tussen twee lyne op 'n standaardstaaf van 'n legering bestaande uit 90%platinum en 10%iridium, soos gemeet by die smeltpunt van ys, gedefinieer het.

In 1893 is die standaardmeter vir die eerste keer deurAlbert Michelson met behulp van 'n interferometer gemeet. Hy was die uitvinder van die toestel en voorstander vir die gebruik van 'n besondere golflengte vanlig as 'n standaardmate vir afstand. Teen 1925 was interferometrie in algemene gebruik by die BIPM. Die Internasionale Meterprototipe het egter tot in 1960 die standaard gebly, toe die elfde CGPM die meter volgens die nuweSI-stelsel gedefinieer het synde gelykstaande aan 1 650 763,73 golflengtes van dieoranje-rooispektraallyn in dieelektromagnetiese spektrum vankripton-86atome in 'nvakuum. Die oorspronklike prototipe van die meter word egter steeds by die BIPM gehou onder dieselfde toestande wat in 1889 gespesifiseer is.

Om verdere onsekerheid uit die weg te ruim het die sewentiende CGPM van 1983 die definisie vervang met die huidige een en daarmee die lengte van die meter in terme vantyd en diespoed van lig uitgedruk:

Die meter is die padlengte wat lig aflê in 'n vakuum tydens 'n tydsinterval van 1 / 299 792 458 van 'n sekonde.

Neem kennis dat hierdie definisie die spoed van lig in 'n vakuum teen presies 299 792 458 meter per sekonde vasstel. Definisies gebaseer op die fisiese eienskappe van lig is meer presies en reproduseerbaar omdat die eienskappe van lig as universeel konstant beskou word.

SI-veelvoude

[wysig |wysig bron]
VeelvoudNaamSimboolVeelvoudNaamSimbool
100meterm   
103kilometerkm10–3millimetermm
106megameterMm10–6mikrometerµm
109gigameterGm10–9nanometernm
1012terameterTm10–12pikometerpm
1015petameterPm10–15femtometerfm
1018eksameterEm10–18attometeram
1021zettameterZm10–21zeptometerzm
1024jottameterYm10–24joktometerym

Daar is eenhede wat tot die metriese stelsel behoort het, maar wat nie meer in die S.I.-stelsel erken word nie, soos:

VeelvoudNaamSimboolVeelvoudNaamSimbool
101dekameterdam10–1desimeterdm
102hektometerhm10–2sentimetercm
10–10ÂngströmÂ

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Sienmeter in Wiktionary, die vrye woordeboek.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Le Système international d'unités (SI)/The International System of Units (SI) – 8ste uitgawe"(PDF) (in Frans (amptelik) en Engels (vertaling)).Internasionale Buro vir Mate en Gewigte. 2006. pp. 22, 112.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2020. Besoek op22 Januarie 2015.{{cite web}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Meter&oldid=2700901"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp