![]() | Hierdie artikel bevat nie ’nbronnelys nie, wat beteken dat die inhoud niegeverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Mestre | |
---|---|
Località | |
![]() Die kloktoring van Mestre is die laaste oorblyfsel van die Castello di Mestro | |
Koördinate:45°29′38″N12°14′29″O / 45.49389°N 12.24139°O /45.49389; 12.24139 | |
Land | ![]() |
Administratiewe streek | ![]() |
Metropolitane Stad | Metropolitane Stad Venesië |
Oppervlak | |
• Totaal | 14,254 km2 (5,504 vk. myl) |
Hoogte | 3 m (10 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 88 228 |
• Digtheid | 6 189,7/km2 (16 031/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1 (MET) |
• Somertyd | UTC+2 (MEST) |
Poskode | 30171-30174 |
Skakelkodes | 041 |
Webwerf | mestre.it |
Mestre [ˈmɛstre] is die sentrum en mees bevolkte stedelike gebied van vastelandseVenesië. Saam met die historiese middestad (Centro storico) en ander eilande in die Venesiaanse strandmeer maak dit deel uit van die Stad Venesië (Città di Venezia). Die Stad Venesië maak op sy beurt deel uit van 'n groter administratiewe eenheid op provinsiale vlak, die Metropolitane Stad Venesië.
Die Stad Venesië vorm 'n munisipaliteit (Comune di Venezia) met sesfrazioni of administratiewe stadsdele waarvan Mestre saam met die nabygeleë Carpenedo asMunicipalità di Mestre-Carpenedo geadministreer word. As stadsbuurt vorm Mestre 'n plek of nedersetting (località inItaliaans). Mestre is in Augustus 1926 saam met drie ander munisipaliteite - Chirignago, Zelarino en Favaro Veneto - by Venesië ingesluit.
Mestre se geskiedenis strek terug tot in die Middeleeue. Die stad het vanaf die twintigerjare van die 20ste eeu vinnige groei beleef met die vestiging van uitgestrekte nywerheidsgebiede. Die meeste geboue het dus eers ná 1900 ontstaan. Die middestad, wat sowat een kilometer noord van die treinstasie geleë is, bied naas sy aantreklik voetgangerlaan nogtans 'n aantal besienswaardighede soos die sentrale plein Piazza Erminio Ferretto met winkels, boetieke, restaurante en straatkafees; die 13de eeuse kloktoringTorre dell'Orologio en enkele palazzi soos die Palazzo Podestarile wat tans kantore van die munisipaliteit huisves. Die katedraal ofDuomo di Mestre het tussen 1781 en 1805 ontstaan.
Mestre word deur 'n gekombineerde motor-, spoorweg- en trembrug met die historiese middestad van Venesië verbind. Hierdie brug met 'n lengte van sowat 3 km is die enigste brug na die Strandmeerstad. Die treinstasie Venezia-Mestre is een van Venesië se groot vervoerspilpunte en word onder Italië se dertien besigste stasies gereken.Treine is die gewildste vervoermiddel vir uitstappies na bestemmings in Veneto soosTreviso - 'n eersteklasretoerkaartjie vanTrenitalia op die roete Treviso - Mogliano Veneto - Mestre - Venezia Santa Lucia kos in Junie 2019 net iets meer as €10, tweedeklas retoer iets meer as €7.
Weens die betreklik hoë hotelpryse in die historiese middestad van Venesië is hotelle in Mestre 'n alternatief vir besoekers met kleiner reisbegrotings. So het hier 'n groot verskeidenheid hotelle en ander verblyfplekke ontstaan. Daar is egter ook toeraanbieders wat toeriste op soek na verblyf in die Strandmeerstad om die bos probeer lei en liggings in Mestre net as "Venesië" vermeld. Hotelle in vastelandse Venesië is dikwels maklik herkenbaar aan hul pos- en straatadres - as dit 'n "Via" bevat, is die hotel nie in die historiese middestad van Venesië geleë nie. Daar is net enkele 19de eeuse strate in dieCentro storico wat metVia... begin (soos Via Garibaldi in Castello) - hulle het hul oorsprong in opgevulde kanale.