Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Messier 65

Koördinate:Sky map11h 18m 55.9s, +13° 05′ 32″
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Messier 65
Messier 65 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Messier 65 soos afgeneem deur dieHubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Soort stelselOorgang-spiraalsterrestelsel
SterrebeeldLeeu
TipeSAB(rs)a, LINER
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming11h 18m 55,9s
Deklinasie+13º 05' 32"
Skynmagnitude10,25
Besonderhede
Afstand (ligjaar)35 miljoen
Skynbare grootte 8,71 × 2,45boogminute
Ander nameM65, NGC 3623, UGC 6328, PGC 34612, Arp 317
Portaal Portaalicoon  Sterrekunde

Messier 65 ofM65 (ook bekend asNGC 3623) is ’noorgang-spiraalsterrestelsel sowat 35 miljoenligjare van dieAarde af in diesterrebeeldLeeu. Dit is in 1780 deurCharles Messier ontdek en in sykatalogus vankomeetagtige voorwerpe opgeneem, hoewel Pierre Méchain soms die krediet daarvoor kry. Dit vorm saam metMessier 66 enNGC 3628 die bekendeLeeu-drieling, ’n kleingroep sterrestelsels.

Stervorming en interaksie

[wysig |wysig bron]
Die Leeu-drieling, met M65 regs bo, M66 regs onder en NGC 3628 links bo. (Bron: Scott Anttila)

Daar is min stof en gas in die sterrestelsel en dus min stervorming, hoewel daar redelik onlangs ’n toename van stervorming in die arms was.

M65 se skyf lyk effens verwronge. Dit, tesame met die onlangse toename van stervorming, kan dui op ’n invloed van buite. Rots (1978) is van mening dat die twee ander sterrestelsels in die Leeu-drieling sowat 800 miljoen jaar gelede op mekaar ingewerk het. Onlangse navorsing deur Zhiyu Duan dui daarop dat M65 ook by die interaksie betrokke was, maar in ’n mindere mate.

Duan meen ook M65 het dalk ’n sentrale staaf – wat moeilik is om te sien omdat die sterrestelsel teen ’n skuins hoek gesien word – en dit kan dui op getyversteuring.[1]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Zhiyu Duan (2006). "Multicolor Photometry and Stellar Population Synthesis Study of the Interacting Galaxies of the Leo Triplet".Astronomical Journal.132 (4): 1581.Bibcode:2006AJ....132.1581D.doi:10.1086/507304.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]


Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Messier_65&oldid=1890952"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp