Messier 28 ofM28 (ook bekend asNGC 6626) is ’n bolvormigesterreswerm in diesterrebeeldBoogskutter. Dit is op 27 Julie 1764 deurCharles Messier ontdek[1] en in sykatalogus vankomeetagtige voorwerpe opgeneem.
In die lugruim is dit minder as ’n graad noordwes van die ster Kaus Borealis, wat ’n helderheid van 3mag het. Deur ’n verkyker is dit sigbaar as ’n mistige kol.
M28 is sowat 17 900ligjare van dieAarde af.[2] Dit is 2 miljard jaar oud[3] en het ’n massa van 551 000sonmassas. Daar is 18veranderlike sterre in die swerm. In 1986 was dit die eerste bolvormige sterreswerm waarin ’n millisekonde-pulsar, PSR B1821–24, gevind is.[4] Sedertdien is nog 11 gevind. In 2011 was dit die derde grootste bekende getal pulsars in ’n swerm.[5]
- ↑Thompson, Robert Bruce; Thompson, Barbara Fritchman (2007), Illustrated Guide to Astronomical Wonders, Diy Science, O'Reilly Media, Inc., p. 402, ISBN 0-596-52685-7, http://books.google.com/books?id=ymt9nj_uPhwC&pg=PA402.
- ↑Boyles, J. et al. (November 2011), "Young Radio Pulsars in Galactic Globular Clusters", The Astrophysical Journal 742 (1): 51, doi:10.1088/0004-637X/742/1/51, Bibcode: 2011ApJ...742...51B.
- ↑Koleva, M. et al. (April 2008), "Spectroscopic ages and metallicities of stellar populations: validation of full spectrum fitting", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 385 (4): 1998–2010, doi:10.1111/j.1365-2966.2008.12908.x, Bibcode: 2008MNRAS.385.1998K
- ↑"JBO – Stars" (in Engels). Jodrell Bank Observatory.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2008. Besoek op1 Junie 2007.
- ↑Bogdanov, Slavko et al. (April 2011), "Chandra X-ray Observations of 12 Millisecond Pulsars in the Globular Cluster M28", The Astrophysical Journal 730 (2): 81, doi:10.1088/0004-637X/730/2/81, Bibcode: 2011ApJ...730...81B