| Taalgebruik moet nagegaan word: Die teks moet vir spelling, sinsbou en woordkeuse nagegaan word. Indien dit nie binne twee weke versorg word nie, mag dit virverwydering kwalifiseer. |
Messias (Hebreeus: מָשִׁיחַ Modern: Mašíaḥ Tiberies: Māšîªḥ; in moderneJoodse geskrifte inEngels somsMoshiach gespel) beteken letterlik "gesalfde".
In Joodse messiaanse tradisie eneskatologie verwys die naam na ’n toekomstige koning vanIsrael uit dieHuis van Dawid wat oor die verenigde stamme van Israel[1] sal regeer en ’n messiaanse era[2] van globale vrede inlui. In Standaardhebreeus word dikwels na die Messias verwys as מלך המשיח, Méleḫ ha-Mašíaḥ, wat letterlik "die Gesalfde Koning" beteken.
Christene glo die profesieë in dieHebreeuse Bybel verwys na ’n geestelike verlosser, waarvan sommige in die boekJesaja gevind kan word: Jesaja 7:14 - "Daarom sal die Here self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem." en Jesaja 53:5 - "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom."
Christene gloJesus is die messias (Christus). DieSeptuagint (Griekse vertaling van dieOu Testament) vertaal die Hebreeuse "gesalfde" (Mashiach) al 39 keer waar dit voorkom asChristos (Χριστός).[3] Die Griekse transliterasie van messias (Μεσσίας) kom twee keer in dieNuwe Testament voor, in Johannes 1:41 en Johannes 4:25.
InIslam wordIsa (Jesus) ook die messias (Mahdi) genoem, maar soos inJudaïsme word hy nie as die Seun vanGod beskou nie.