Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Mesosoïkum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
EraPeriodeEpog≈ Tydperk (Ma)
laterlaterlater
Meso-
soïkum
KrytOpper-Kryt65,5–99,6
Neder-Kryt99,6–145,5
JuraOpper-Jura145,5–161,2
Middel-Jura161,2–175,6
Neder-Jura175,6–199,6
TriasOpper-Trias199,6–~228,7
Middel-Trias~228,7–~245,9
Neder-Trias~245,9–251,0
vroeërvroeërvroeër

DieMesosoïkum, afgelei van dieGrieksμέσος (mésos)= matig, middel enζώω (zóo)= lewe, is 'ngeologiese tydperk wat 251 miljoen jaar gelede begin het en 65,5 miljoen jaar gelede geëindig het. Dit word in dieTrias,Jura enKryt verdeel. DiePaleosoïkum het die Mesosoïkum voorafgegaan en dit is deur dieKainosoïkum gevolg.

Die Mesosoïkum het begin ná 'n katastrofe aan die einde van diePerm, die laasteperiode van die Paleosoïkum. Die oorsaak van die katastrofe is nie bekend nie, maar 90% van alle dier- en plantspesies is uitgewis. Dit het die evolusie van 'n geheel en al nuwe dier- en plantlewe moontlik gemaak. Tydens die Mesosoïkum het die wêreld stadigaan sy huidige vorm begin aanneem. Diedinosourusse het ontstaan, die aarde oorheers en weer uitgesterf. Hulle naaste oorlewende verwante is dievoëls enkrokodille. Verder het diePterosauriërs en 'n verskeidenheid waterreptiele ontwikkel wat weer aan die einde van die Mesosoïkum uitgesterf het. Die eerstesoogdiere en blomplante het hulle verskyning in die Mesosoïkum gemaak asook die meeste moderne bome.

Die einde van die Mesosoïkum word aangedui deur dieKryt-Paleogeen-uitwissing, wat moontlik veroorsaak is deur die impak van 'n reuse meteoriet wat die Chicxulub-krater op die Yucatán-skiereiland veroorsaak het. Ongeveer 50% van alle genera het uitgesterf, insluitend al die dinosourusse.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]


ProterosoïkumFanerosoïese Eon
  Neoproterosoïkum  Paleosoïese EraMesosoïese EraKainosoïese Era
EdiacariumKambriumOrdovisiumSiluurDevoonKarboonPermTriasJuraKrytPaleogeenNeogeenKwartêr
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Mesosoïkum&oldid=1788095"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp