DieMenslike-ontwikkelingsindeks (MOI,Engels:Human Development Index (HDI)) is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding, en lewenstandaard vir al die lande van die wêreld. Dit bied 'n standaard wyse om welstand te meet, veral kinderwelstand. Dit word gebruik om te bepaal en aan te dui of 'n land ontwikkelde, ontwikkelende, of onderontwikkelde land is en om die impak wat ekonomiese beleide op lewensgehalte het, te meet.[2] Die indeks is in1990 deur dieIndieseNobelpryswenner Amartya Sen,Pakistanseekonoom Mahbub ul Haq, met ondersteuning van Gustav Ranis van Yale Universiteit en Lord Meghnad Desai van dieLondon School of Economics ontwikkel en word sedertdien deur die ontwikkelingsprogram van dieVerenigde Nasies in die organisasie se jaarlikse menslike-ontwikkelingsverslag gebruik. Hoewel dit deur Sen as 'n "growwe meting", beskryf is as gevolg van die beperkings daarvan, vestig dit nogtans aandag op aspekte van ontwikkelings wat nie deurper capita-inkomste gedek word nie.
Die indeks meet gemiddelde prestasie in 'n land in drie basiese dimensies van menslike ontwikkeling:
'n Lang en gesonde lewe soos gemeet deur lewensverwagting met geboorte.
Kennis, soos gemeet deur die volwassegeletterheidstydskoers (met twee-derdes gewig) en die gekombineerde primêre, sekondêre, en tersiêre bruto inskrywingsverhouding (met een-derde gewig).
VN-lidlande word elke jaar volgens die metings gelys en rangskik. Lande wat hoog op die lys verskyn gebruik dit om geskoolde immigrante te lok of emigrasie te ontmoedig[3]
'n Alternatiewe maatstaf, die Menslike-armoede-indeks, fokus op die mate van armoede in 'n land.
In die algemeen om 'n rou-veranderlike, sê maar, na 'n eenheidslose indeks om te skakel (wat toelaat dat verskillende indekse by mekaar getel kan word), word die volgende formule gebruik:
-index =
waar en onderskeidelik die laagste en hoogste waardes is wat die veranderlike kan bereik.
Die Menslike-ontwikkelingsindeks verteenwoordig dan die gemiddeld van die volgende drie algemene indekse:[4]
Lewensverwagtingindeks =
Opvoedingsindeks =
Volwassegeletterheidsindeks (VGI) =
Bruto-inskrywingsindeks (BII) =
BBP-indeks =
LW: Lewensverwagting teen geboorte VGI: Volwassegeletterheidsindeks (ouderdomme 15 en ouer) GBIV: Gekombineerde bruto inskrywingsverhouding vir primêre, sekondêre en tersiêre opvoeding BBPpc: BBP per capita teenkoopkragpariteit in VSD
Die verslag vir2006 is inKaapstad,Suid-Afrika, op9 November2006 bekendgestel. Die fokus van die verslag was op "mag, armoede en die globale waterkrisis."[5] Meeste van die data wat vir die verslag gebruik is, dateer uit2004 of te vore, wat dus 'n indeks vir 2004 verskaf. Nie alleVN-lidlande kies, of is in staat, om die statistiek wat benodig word, te verskaf nie.
Die verslag rapporteer 'n vertraging in wêreldwye Menslike-ontwikkelingsindeks aangesien die volgehoue verbeterings in ontwikkelde lande geneutraliseer is deur 'n algemene daling in die ontwikkelende lande. Lande inAfrika suid van die Sahara enSuid-Asië het beduidende dalings in die indeks beleef teenoor die waardes in die vorige verslag. Ander ontwikkelende lande het min of geen vooruitgang getoon nie.
'n Indekswaarde van minder as 0,5 word as verteenwoordigend vanlae ontwikkeling gesien. 29 van die 31 lande in die kategorie is inAfrika, die ander twee in die kategorie isHaïti enJemen. Die lande in Afrika suid van die Sahara wat die hoogste telling behaal het,Ekwatoriaal-Guinee enSuid-Afrika, het onderskeidelik die 120ste en 121ste plekke behaal met 'n waarde van 0.653).