DieMagna Carta was die wêreld se eerste dokument wat 'n vors (heerser) se verbintenisse tot sy mense om sekerewetlike regte te respekteer
Menseregte verwys na die "basiese regte envryhede waarop alle mense geregtig is, wat dikwels geag word as sou dit die reg tot lewe en vryheid, vryheid van denke en uitdrukking en gelykheid voor die reg insluit."[1] DieVerenigde Nasies seUniversele Verklaring van Menseregte stel dit as volg: "Alle menslike wesens word vry, met gelyke waardigheid en regte, gebore. Hulle het rede en gewete en behoort in die gees van broederskap teenoor mekaar op te tree."[2]
Die idee van menseregte is afkomstig vanaf die filosofiese idee vannatuurlike regte wat deurGod daargestel is;[3] sommige mense erken bykans geen verskil tussen die twee en beskou beide as verskillende etikette vir dieselfde begrip terwyl ander verkies om die terme te skei om enige verbintenis te elimineer met begrippe wat tradisioneel met natuurlike reg verband hou.[4]John Locke is waarskynlik die belangrikste filosoof wat hierdie teorie ontwikkel het. Die belangrikste dokument waarop die moderne Universele Verklaring van Menseregte gebaseer was is die "Déclaration des droits de l'homme et du citoyen de 1789" wat gedurende die Franse revolusie geskryf was.[5]
Die Verenigde Nasies is die enigste internasionale liggaam metjurisdiksie vir wetgewing oor universele menseregte. Alle organe van die VN het 'n adviserende rol in dieVeiligheidsraad. Artikel 1-3 van dieHandves van die Verenigde Nasies maak die volgende stelling "Om internasionale samewerking in die oplossing van internasionale probleme van 'n ekonomiese, maatskaplike, kulturele of menslike aard en in die bevordering en aanmoediging van respek vir menseregte en vir basiese vryheid vir almal te verkry sonder uitsondering as gevolg van ras, geslag, kleur, taal of godsdiens;".[6] DieMenseregteraad van die Verenigde Nasies is betrokke by ondersoeke na menseregteskendings.[7] DieInternasionale Geregshof is die hoof regsarm van dieVerenigde Nasies.[8]
politieke regte wat die vryheid om aan politiek deel te neem beskerm deur mense toe te laat om hulselfuit te druk, teprotesteer, deel te neem in 'nrepubliek