Lidmaatskap van die organisasie word beperk tot die boonste 2% van die wêreldbevolking met die hoogste intelligensiekwosiënt (IK). Wêreldwyd het dit 120 000 lede in 100 lande en lede kom in byna alle beroepe voor. Alle lede word gelyk beskou en ras, geloof, ouderdom, politieke affiliasie, opvoedkundige vlak, sosiale agtergrond, opleiding en prestasies speel geen rol nie.
Die doel van Mensa is om mense met ‘n hoë intelligensie te identifiseer en te ontwikkel tot voordeel van die gemeenskap. Navorsing oor die aard, eienskappe en benutting van intelligensie word aangewakker. Sosiale en kulturele byeenkomste word deur Mensa vir sy lede gereël.
Mensa International bestaan uit ongeveer 134 000 lede[1] in 100 lande en in 54 nasionale groepe.[2] Die nasionale groepe reik tydskrifte uit, soosMensa Bulletin, die maandelikse publikasie van American Mensa,[3] enMensa Magazine, die maandelikse publikasie van Britse Mensa.[4] Individue wat in 'n land woon met 'n nasionale groep sluit by die nasionale groep aan, terwyl diegene wat in lande woon sonder 'n erkende afdeling direk by Mensa International kan aansluit.