Menachem Begin (Hebreeus: מְנַחֵם בֵּגִין), gebore asMieczysław Biegun, (16 Augustus1913 inBrest (Russiese Ryk) – 9 Maart1992 inTel Aviv) was 'nIsraeliese politikus.
Begin was 'nkorporaal in die Poolse weermag tydens die begin van die Tweede Wêreldoorlog. In 1942 het hy na dieBritse mandaat van Palestina geëmigreer en in 1943 het hy die leier van die Joodse paramilitêre organisasieIrgoen geword.
Hy was die stigter van die liberaleLikoed-party. Van 1977 tot 1983 was hy die sesde premier van Israel gewees.
In 1979 het hy ’n vredesooreenkoms met presidentAnwar Sadat vanEgipte gesluit wat as dieCamp David-ooreenkoms bekend is.[1] Beide Sadat en Begin het in 1978 dieNobelprys vir Vrede vir hierdie verhandelinge ontvang.[2]
Begin het daarbenewens tydelik die poste van minister van Buitelandse Sake, Justisie, Landbou en Verdediging beklee.
Hy is in 1992 aan 'nhartaanval oorlede en is op die Olyfberg begrawe.[3]
Sy seunBenny Begin (1943) is ook 'n politikus en vir die Likoed-party 'n lid van dieKnesset gewees.