Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Melville

Koördinate:26°10′33″S28°0′32″O / 26.17583°S 28.00889°O /-26.17583; 28.00889
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Melville
Melville is in Gauteng
Melville
Melville
 Melville se ligging in Gauteng
Koördinate:26°10′33″S28°0′32″O / 26.17583°S 28.00889°O /-26.17583; 28.00889
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Oppervlak
 • Totaal1,72 km2 (0,66 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal3 355
 • Digtheid1 951/km2 (5 050/vk. myl)
Rasverdeling(2011)
 • Wit mense55,6%
 • Indiërs/Asiërs5,2%
 • Bruin mense3,2%
 • Swart mense33,4%
 • Ander2,7%
Taal(2011)
 • Engels50,5%
 • Afrikaans22,7%
 • Zoeloe6,5%
 • Tswana4,5%
 • Ander15,8%
Poskode(strate)
4449
Poskode(posbusse)
4450
DieNG gemeente Melville (Melville-kruiskerk) se gebou op die hoek van Vierde Laan en Vierde Straat.
Die ouGereformeerde kerk Johannesburg-Noord, nou 'n Sewendedagadventistekerk.

Melville is 'n boheemse voorstad sowat 5 km wes vanJohannesburg se middestad waar sommige van die Goudstad se gewildste kuierplekke geleë is. Melville se kroeë enrestaurante lok veralstudente van dieUniversiteit van Johannesburg se nabygeleë Aucklandparkkampus asook studente van dieUniversiteit van die Witwatersrand in naburigeBraamfontein.

In teenstelling met die meeste ander noordelike voorstede is Melville saam metParkhurst enGreenside een van min plekke waar koffiehuise, restaurante en winkels langs strate geleë en nie totwinkelsentrums beperk is nie. Sy besondere atmosfeer en sy ligging naby die historiese voorstadSophiatown maak van Melville ook 'n toeristetrekpleister. Die Melvillekoppies, golwende heuwels temidde van 'n grasveld in die gelyknamigenatuurreservaat, is nie net 'n belangrike opgrawingsplek nie, maar bied ook 'n goeie uitsig oor Johannesburg.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die voorstad is op5 Oktober1896 geproklameer en genoem na die landmeter Edward Harker Vincent Melvill. In die openbare verkoopskennisgewing is Melville beskryf as 'n "skilderagtige en gesonde plek in die nabyheid van Johannesburg, met 'n uitstekende uitsig oor die beboste landskap in die noorde, met die blou bergreekse van Pretoria wat soos lyne van staal teen die gesigseinder uitstrek".

Langs Melville se strate het koffiekroeë, restaurante en winkels ontstaan. Die meerderheid eetplekke is langs 7de Straat geleë, hoewel enkele nuwe restaurante en nagklubs langs Hoofstraat gevestig is. Met meer as dertiggastehuise in die nabye omgewing is Melville 'n gewilde verblyfplek vir toeriste. DieAfrikaanse sepie7de Laan het tot 2015 bygedra tot Melville se landswye bekendheid met openingstonele vansepia-getinte winkels langs 7de Straat, maar dit is in daardie jaar vervang deur beelde van moderne winkels wat niks met Melville te doen het nie[2]

In 2015 het 'n ongewone nuwe winkelsentrum sy deure in Melville geopen.27Boxes bestaan uit sowat tagtigskeepshouers wat in meer as 100 winkels omskep is. Die inspirasie vir die sentrum, wat deur die firmaCitiq gebou is, het soortgelyke projekte inEngeland enFrankryk gelewer.[3]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,3"Subplek Melville".Sensus 2011.
  2. Die Son, 24 Junie 2015: ‘7de Laan’ klink nou ook sommer anders. Besoek op 25 Maart 2016
  3. Rooi Rose, 8 Julie 2015: 27Boxes: Van skip tot stad. Besoek op 26 Maart 2016
Voorstede vanJohannesburg
Streek A
Streek B
Albertskroon ·Albertville ·Albertsville ·Aldara Park ·Amalgam ·Auckland Park ·Berario ·Beverley Gardens ·Blackheath ·Blairgowrie ·Bordeaux ·Bosmont ·Brixton ·Bryanbrink ·Bryanston-Wes ·Claremont ·Coronationville ·Country Life Park ·Cowdray Park ·Craighall ·Craighall Park ·Cramerview ·Cresta ·Crown ·Daniel Brinkpark ·Darrenwood ·Dunkeld ·Dunkeld-Wes ·Emmarentia ·Ferndale ·Florida Glen ·Fontainebleau ·Forest Town ·Franklin Roosevelt Park ·Glenadrienne ·Gleniffer ·Greenside ·Greymont ·Hurlingham Gardens ·Hurst Hill ·Hyde Park ·Industria ·Jan Hofmeyr ·Kensington B ·Linden ·Longdale ·Lyme Park ·Malanshof ·Martindale ·Melville ·Mill Hill ·Montclare ·Montgomery Park ·Montroux ·New Brighton ·Newclare ·Newlands ·Northcliff ·Oerderpark ·Parkhurst ·Parkmore ·Parktown-Noord ·Parkview ·Praegville ·Presidentrif ·Randburg ·Randpark ·Randparkrif ·Richmond ·Risidale ·Riverlea ·Rossmore ·Rosebank ·Ruiterhof ·Sandhurst ·Solridge ·Sophiatown ·Strijdompark ·Vandia Grove ·Victory Park ·Vrededorp ·Waterval Estate ·Westbury ·Westcliff ·Westdene ·Willowild
Streek C
Streek D
Streek E
Abbotsford ·Alexandra ·Atholhurst ·Atholl ·Atholl Gardens ·Bagleyston ·Benmore Gardens ·Birdhaven ·Birnam ·Bramley ·Bramley-Noord ·Bramley Park ·Bruma ·Bryanston ·Cheltondale ·Chislehurston ·Cyrildene ·Dennehof ·Dewetshof ·Edenburg ·Elton Hill ·Epsom Downs ·Fairway ·Fairwood ·Fellside ·Forbesdale ·Fourways ·Gallo Manor ·Glenhazel ·Greenstone Hill ·Gresswold ·Hawkins Estate ·Highlands-Noord ·Houghton Estate ·Hurl Park ·Illovo ·Inanda ·Kentview ·Kew ·Killarney ·Klevehill Park ·Linksfield ·Littlefillan ·Lone Hill ·Lyndhurst ·Magaliessig ·Marlboro ·Marlboro Gardens ·Maryvale ·Melrose ·Melrose Estate ·Melrose-Noord ·Morningside ·Morningside Manor ·Mountain View ·Norwood ·Oaklands ·Orange Grove ·Orchards ·Parkwood ·Percelia Estate ·Petervale ·Raedene Estate ·Raumarais Park ·River Club ·Riviera ·Rivonia ·Rouxville, Johannesburg ·Sandown ·Sandton ·Savoy Estate ·Saxonwold ·Simba ·Strathavon ·Sunningdale ·Sunningdale Ridge ·Sunset Acres ·Sydenham ·Talboton ·The Gardens ·Victoria ·Waverley ·Wierda Valley ·Winston Ridge ·Woodlands ·Woodmead ·Wynberg
Streek F
Aeroton ·Alan Manor ·Alveda ·Bassonia ·Belgravia ·Bellevue ·Bellevue-Oos ·Benrose ·Berea ·Bertrams ·Bezuidenhoutsvallei ·Booysens ·Braamfontein ·City Deep ·City and Suburban ·Cleveden ·Denver ·Cleveland ·Cottesloe ·Crosby ·Crown Gardens ·Doornfontein ·Droste Park ·Elandspark ·Elcedes ·Electron ·Elladoone ·Evans Park ·Fairview ·Ferreirasdorp ·Fietas ·Fordsburg ·Forest Hill ·Framton ·George Goch ·Gillview ·Glenanda ·Glenesk ·Glenvista ·Haddon ·Heriotdale ·Highlands ·Hillbrow ·Homestead Park ·Houghton Estate (gedeelte) ·Jeppestown ·Johannesburg ·Joubertpark ·Judith's Paarl ·Kenilworth ·Kensington ·Kibler Park ·Klipriviersberg ·Klipriviersberg Estate ·Lakeview ·Langlaagte-Noord ·La Rochelle ·Liefde en Vrede ·Lindberg Park ·Linmeyer ·Lorentzville ·Malvern ·Marshalltown ·Mayfair ·Mayfair-Wes ·Mayfield Park ·Meredale ·Moffat View ·Mondeor ·Mulbarton ·Nasrec ·New Centre ·Newtown ·Nieu-Doornfontein ·Oakdene ·Observatory ·Ophirton ·Ormonde ·Paarlshoop ·Pageview ·Park Central ·Parktown ·Prolecon ·Randview ·Regents Park ·Reuven ·Rewlatch ·Reynolds View ·Ridgeway ·Riepenpark ·Risana ·Rispark ·Robertsham ·Roseacre ·Rosettenville ·Salisbury Claims ·Selby ·Southdale ·Southfork ·Southgate ·Spes Bona ·Springfield ·Stafford ·Steeledale ·Suideroord ·Suidheuwels ·Sunnyside ·The Gables ·The Hill ·Theta ·Towerby ·Townsview ·Troyeville ·Tulisa Park ·Turf Club ·Turffontein ·Unigray ·Village Deep ·Village Main ·Wanderers View ·Wemmer ·Westgate ·Wolhuter ·Yeoville
Streek G
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Melville&oldid=2470966"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp