Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Melinda Bam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Melinda Bam
Gebore13 Mei 1989 (1989-05-13) (35 jaar oud)[1]
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Geboortenaam Melinda de Kock
BeroepTV-aanbieder,model, motiveringspreker,modeontwerper[2][3]
Alma materUniversiteit van Pretoria
Loopbaan
HaarkleurBlond
OogkleurBruin
Persoonlike gegewens
GadeAdriaan Berg (trou 2014)

Melinda Bam (gebore 13 Mei1989) is 'nSuid-Afrikaanse internasionalemodel enskoonheidstitelhouer wat asMej. Suid-Afrika 2011 gekroon is, en die amptelike verteenwoordiger van haar land by Mej. Heelal 2012.[4] Sy was 'n TV-persoonlikheid wat die gewilde TV-programPasella enWie's Jou Poppie? aangebied het. Sy besit 'n swemdragreeks genaamd Bambshell, waarvoor sy saam met die Suid-Afrikaanse swemdraghandelsmerk gewerk het.

Vroeë lewe

[wysig |wysig bron]

Melinda Bam[5] (gebore Melinda de Kock) het haar kinderjare op Glenharvie aanGauteng se Wes-Rand deurgebring waar haar pa, ds. Deon de Kock, vanaf 1989 predikant van die NG gemeente Glenharvie was. Dit was sy eerste gemeente, maar nadat dit in 1996 byWestonariaingelyf is, het hy sy werk verloor. Hy en sy vrou, Wanda de Kock, 'n gospelsangeres, is vroeg in 1999 geskei. Hy het sy eie lewe op 15 Julie daardie jaar geneem.[6] Melinda se ma is later weer getroud.

Sy is in 1989 gebore en het twee susters, Melissa Swart en Sybil Bam. Nadat hul ma met Neil Bam getroud is, het Melinda haarvan na Bam verander.[7] Sy is 'n model en het B.Com Bemarking aan dieUniversiteit van Pretoria studeer. Sy het vir Mej. Suid-Afrika 2011 ingeskryf en die kompetisie met haar eerste poging gewen.

Mej. Suid-Afrika 2011

[wysig |wysig bron]

Melinda is as Mej. Suid-Afrika 2011 gekroon op 11 Desember 2011 by 'n geleentheid wat in dieSun City Super Bowl gehou is.[4]

Melinda het Suid-Afrika in Desember by Mej. Heelal 2012 verteenwoordig, wat inLas Vegas gehou is, en is onder die top 10 geplaas.

Sy het nie aan die Mej. Wêreld 2012 kompetisie deelgeneem nie, want as 'n deelnemer die top drie van die kompetisie bereik, word sy nie toegelaat om ook vir Mej. Heelal in te skryf nie. Haar eerste prinses Remona Moodley het Suid-Afrika in plaas daarvan by Mej. Wêreld 2012 verteenwoordig.[8]

Persoonlike lewe

[wysig |wysig bron]

Haar van is van Duitse oorsprong. Bam het in November 2013 aangekondig dat sy verloof is aan mnr Suid-Afrika 2011, Adriaan Bergh. Die twee voormalige skoonheidstitelhouers het tydens 'n vakansie inDoebai verloof geraak. Hulle is in November 2014 op Oakfield Farm in Gauteng getroud.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "TVSA Melinda Bam se profiel". Besoek op9 Januarie 2013.
  2. "Miss Universe Melinda Bam Profile". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 5 Januarie 2017. Besoek op9 Januarie 2013.
  3. Shangase, Zwelakhe (21 Desember 2012)."Top 10 for Melinda Bam". The New Age. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 26 Desember 2012. Besoek op9 Januarie 2013.
  4. 4,04,1"Tukkies girl crowned Miss SA". Times Live. 11 Desember 2011. Besoek op18 Desember 2013.
  5. Kandie, Lynn (8 Junie 2020)."Interesting facts about Melinda Bam".Briefly (in Engels). Besoek op5 Junie 2021.
  6. "Mej. Suid-Afrika praat oor haar tweede pa | Huisgenoot". Besoek op8 November 2024.
  7. "Miss SA: my new dad saved us | You" (in Engels). Besoek op8 November 2024.
  8. "Miss SA out, runner-up in for Miss World". 29 Junie 2012. Besoek op30 November 2014.
Voorafgegaan deur
Bokang Montjane
Mej. Suid-Afrika
2011
Opgevolg deur
Marilyn Ramos
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Melinda_Bam&oldid=2712993"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp