Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Meksiko

Hierdie artikel is gekies as 'n voorbladartikel. Klik gerus hier vir meer inligting.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Verenigde Meksikaanse State
Estados Unidos Mexicanos (Spaans)
Vlag van MeksikoWapen van Meksiko
VlagWapen
Volkslied:Himno Nacional Mexicano
Ligging van Meksiko
HoofstadMeksikostad

19°26′N99°08′W /19.433°N 99.133°W /19.433; -99.133

Grootste stadMeksikostad
Amptelike taleGeen op federale vlak niea
Spaans (de facto)b
RegeringFederale presidensiële
grondwetlikerepubliek[1]
Claudia Sheinbaum
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Bereik
• Erken
• Eerste grondwet
• Tweede grondwet
• Huidige grondwet
vanSpanje
16 September1810[2]
27 September1821
28 Desember1836
4 Oktober1824
5 Februarie1857
5 Februarie1917
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 964 375[3] km2 (15de)
758 449 myl2
1,58 (2015)[4]
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2020-sensus
 -Digtheid
 
130 739 927[3] (10de)
126 014 024[5]
66 / km2 (142ste)
172,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$3 434 miljard[6] (12de)
$25 963[6](70ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$2 017 miljard[6] (12de)
$15 249[6](63ste)

MOI (2022) 0,781[7] (77ste)  hoog
Gini (2022)43,5[8]  hoog
GeldeenheidPeso (MXN)
Tydsone
 -Somertyd
(UTC-5 tot-8)
(UTC-5 tot-7)
Internet-TLD.mx
Skakelkode+52
a. Spaans isde facto dieamptelike taal van die federale Meksikaanse regering.
b.Majaans,Mixteeks,Nahuatl,Zapoteeks en64 andere inheemse tale word sedert 2003 as nasionale tale erken.[9]

Meksiko ofMexiko (Spaans:México, [ˈmexiko],luister(hulp·inligting);Nahuatl:Mexihco, [me:'ʃiʔko]), amptelik dieVerenigde Meksikaanse State[10] (Spaans:Estados Unidos Mexicanos,[11]luister(hulp·inligting); Nahuatl:Mexihco Tlacetililli Tlahtohcayotl), is ’n federale presidensiële grondwetlikerepubliek geleë inNoord-Amerika. Meksiko grens in die noorde aan dieVerenigde State van Amerika, in die suide en weste aan dieStille Oseaan, in die suidooste aanGuatemala,Belize en dieKaribiese See en in die ooste aan dieGolf van Meksiko. Meksiko strek oor ’n gebied van sowat 2 miljoen km² (sowat 760 000 myl²), is die sesde grootste land van dieAmerikas wat oppervlakte betref, en die15de grootste onafhanklike land ter wêreld. Met ’n geskatte bevolking van sowat 130 miljoen in 2024[3] het die land dietiende grootste bevolking ter wêreld, en is benewens die digsbevolkte Spaanssprekende land, ook die tweede mees bevolkte land inLatyns-Amerika naasBrasilië.

DieMajastadChichén Itzá op dieYucatán-skiereiland, sedert 1988 'nUnesco-Wêrelderfenisgebied

Tydens die Voor-Colombiaanse tydperk, voor die aankoms van dieEuropeërs in die gebied van die huidige Meksiko, het verskeie belangrike beskawings soos dieOlmeke,Mixteke,Tolteke,Teotihuacáne,Zapoteke,Maja,Tlaxcalteke enAsteke hier bestaan. Teen 1521 het dieSpaanse Ryk met dieverowering en kolonisasie van die gebied vanuit hul basis inMéxico-Tenochtitlan begin en dieVise-Koninkryk Nieu-Spanje gestig. Met die onafhanklikheidsverklaring van Spanje op 16 September 1810 het dieMeksikaanse Onafhanklikheidsoorlog begin, op 27 September 1821 het Meksiko sy onafhanklikheid verkry en op 28 Desember 1836 is dit deur Spanje erken. Ná die onafhanklikheidsoorlog het Meksiko sy eerste grondwet op 4 Oktober 1824 bekragtig en die huidige grondwet is tydens dieMeksikaanse Rewolusie (1910–1920) op 5 Februarie 1917 aanvaar. Die oppervlakte van Meksiko is gedurende die 19de eeu met die onafhanklikheidsverklaring van dieSentraal-Amerikaanse lande en ná oorloë teen die Verenigde State van Amerika meer as gehalveer.

Die Verenigde Meksikaanse State is ’n federale presidensiële grondwetlike republiek met ’n presidensiële stelsel en ’n tweekamerparlement, bekend as die kongres van die Unie (Congreso de la Unión), wat uit die senaat van die republiek (Senado de la República) en die huis van afgevaardigdes (Cámara de Diputados) bestaan. Die land sehoofstad en grootste stad isMeksikostad, wat nie deel uitmaak van een van die31 deelstate nie, maar sedert onlangse strukturele hervormings ’n soortgelyke status het. Die stadsregering pleit egter vir die amptelike status van ’n deelstaat.

Etimologie

[wysig |wysig bron]
Afbeelding van Meksiko-Tenochtitlan uit dieCodex Mendoza, 15de eeu
Die Meksikaanse Onafhanklikheidsverklaring van 1821

Nadat Nieu-Spanje in 1821 sy onafhanklikheid van Spanje verkry het, is besluit om die land na sy hoofstad Meksikostad, wat in 1524 op die ruïnes van die Asteekse hoofstad Meksiko-Tenochtitlan (Nahuatl:Mēxihco Tenōchtitlan) gestig is, te vernoem. Die naam is afgelei uit die Asteekse taal Nahuatl, maar die oorspronklike betekenis daarvan is onbekend.

Mēxihco was die Nahuatl-term vir die hartland van die Asteekse Ryk,[12] die Vallei van Meksiko, sy bevolking, dieMexica en die omliggende gebiede, wat later ’n deel van die land Meksiko geword het. Dit word in die algemeen beskou as ’n toponiem vir die Vallei, wat die primêre etnoniem vir die Asteekse Driebond geword het.

Die amptelike naam van die land is saam met die regeringsvorm verander. Tydens twee geleenthede (1821–1823 en 1863–1867) het die land bekend gestaan asImperio Mexicano ("Meksikaanse Keiserryk"). Al drie federale grondwette (van 1824, 1857 en 1917, die huidige) het die naamEstados Unidos Mexicanos ("Verenigde Meksikaanse State") gebruik. Met die grondwet van 1824 het die land ’n federale republiek met die amptelike nameNación Mexicana ("Meksikaanse Nasie") enEstados Unidos Mexicanos ("Verenigde Meksikaanse State") geword.[13] In die grondwette van 1836 en 1857 is die amptelike naam náRepública Mexicana ("Meksikaanse Republiek") verkort, maar vir amptelike geskrifte het die langnaam steeds in gebruik gebly.[14][15] Met die huidige grondwet van 1917 is die langnaam "Verenigde Meksikaanse State" weer ingevoer.[16]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Vroeë geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Meso-Amerika.
’n Model van dieAsteekse hoofstadTenochtitlan waarMeksikostad tans geleë is
Territoriale ontwikkeling van Meksiko sedert die Onafhanklikheid van 1821

Die eerste spore van menslike beskawing is in die Vallei van Meksiko gevind en is meer as 23 000 jaar oud. Eers ismielies enbone gekweek en omstreeks 7000 v.C. het die eerste nedersettings ontstaan. In 1500 v.C. is die stad Tlatilco gestig, wat eers in die 4de eeu n.C. weer ontruim is.

Komplekse kulture het tussen 900 en 300 v.C. ontwikkel en tussen 100 en 900 n.C. het die Meso-Amerikaanse beskawings soos die Asteke, Maja, Mixteke, Olmeke, Tlaxcalteke en Tolteke ontstaan. Tydens die vroeë post-klassieke tydperk het die Tolteke Sentraal-Meksiko en die MixtekeOaxaca oorheers, en die laagland as Maja-gebied het belangrikste sentrums inCalakmul,Chichén Itzá,Mayapán,Palenque enUxmal gehad. Omstreeks 1500 het die Asteke in die gebied van die huidige Meksiko geheers.

Meksiko het daarmee ’n lang geskiedenis waar die Asteke en Maja onder die Amerikaanse hoogkulture van dieMiddeleeue in Meso-Amerika tel. Die sentrum van die Asteke was Tenochtitlan op die gebied van die huidige hoofstad Meksikostad. Die sentrum van die Maja was Chichén Itzá op dieYucatán-skiereiland. Die meeste kennis omtrent die geskiedenis van die Asteke en Maja is aan verskeie codexe ontleen.

Die Spaanse koloniale bewind

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Nieu-Spanje.
Kaart van Nieu-Spanje in 1794
Kaart van Nieu-Spanje in 1819

Met die ontdekking van die Amerikas deurChristophorus Columbus op 12 Oktober 1492 het die Europese verowering van die twee kontinente begin. Tussen 1517 en 1518 het die eerste Spaanse ekspedisies onder Francisco Hernández de Córdoba en Juan de Grijalva die Yucatan-skiereiland bereik. Die "nuutontdekte" beskawings en die rykdom aangoudvoorwerpe het dietierra firme, die vasteland, vir dieSpanjaarde aanloklik gemaak.

Tussen 1519 en 1521 hetHernán Cortés die Asteekse Ryk met behulp van talle inheemse bondgenote vernietig, die gebied virSpanje verower en Nieu-Spanje gestig. Gelyktydig het Francisco de Montejo dieYucatan-skiereiland en Pedro de Alvarado vir Guatemala verower en die laaste Majastede vernietig. Die kolonie was weens sy goud- ensilwerrykdom onder die belangrikste oorsese besittings van Spanje. Oor die volgende drie eeue heen het die Spanjaarde en hul sendelinge dieRooms-Katolieke Kerk en die Spaanse taal in Meksiko gevestig.

Vanaf Onafhanklikheid tot Rewolusie

[wysig |wysig bron]
Die Republiek van Meksiko in 1824
Agustin de Iturbide het Meksiko tussen 1821 en 1822 as regent, en vanaf 1822 tot 1823 as keiser Augustin I regeer

Ná die voorbeelde van dieAmerikaanse Onafhanklikheidsverklaring tydens dieAmerikaanse Rewolusie op 4 Julie 1776 en dieFranse Rewolusie op 14 Julie 1789, het die Meksikaanse Onafhanklikheidsverklaring op 16 September 1810 die Onafhanklikheidsoorlog teen die Spaanse heerskappy begin, terwyl Spanje deur dieFranse besetting (1808–1814) onderNapoleon Bonaparte verswak is. Op 27 September 1821 het Meksiko onafhanklik geword en dieEerste Meksikaanse Keiserryk (1821–1823) is onderAgustin de Iturbide gestig, terwyl Spanje tot 1829 gepoog het om Meksiko te herower. Spanje het die onafhanklikheid van Meksiko eers op 28 Desember 1836 amptelik erken.

Ná die Rewolusie op 19 Maart 1823 het Meksiko ’n republiek geword, terwyl die Sentraal-Amerikaanse landeCosta Rica,El Salvador,Guatemala,Honduras enNicaragua ook hul onafhanklikheid verklaar en dieFederale Republiek van Sentraal-Amerika op 1 Julie 1823 gestig het, wat reeds op 31 Mei 1838 weer ontbind is.Chiapas is op 14 September 1824 deur Meksiko geannekseer, gevolg deur Soconusco in 1842 enSonora op 8 Mei 1854.

DieRepubliek van Texas met geëiste gebiede

In 1835 het die Verenigde State probeer om Texas en Kalifornië van Meksiko te verkry. Op 2 Oktober 1835 het dieTexaanse Onafhanklikheidsoorlog begin, wat op 21 April 1836 met die onafhanklikheid van dieRepubliek van Texas, wat op 2 Maart 1836 gestig is, beëindig is. Tydens dieKoekoorlog vanaf 16 April 1838 tot 9 Maart 1839 het Frankryk om ’n kompensasie vir ’n Franse bakkery, wat deur Meksikaanse beamptes verwoes is, geveg. Ná sentralisering van die regering is dieRepubliek van die Rio Grande op 17 Januarie 1840 gestig, wat reeds op 6 November 1840 geannekseer is. ’n Wyle later is op 16 Maart 1841 dieRepubliek van Yucatán gestig, wat ná die uitbreek van dieKasteoorlog deur die inheemse Majabevolking in 1847, militêre steun van Meksiko gesoek en ná die toestemming weer by Meksiko aangesluit het. Meksiko sou eers op 22 Januarie 1901 die hele Yucatan-skiereiland terugwen.

Die Meksikaanse sessie van 1848 volgens dieVerdrag van Guadalupe Hidalgo ná dieMeksikaans-Amerikaanse Oorlog

Op 25 April 1846 het dieMeksikaans-Amerikaanse Oorlog begin, wat op 2 Februarie 1848 met die anneksasie van dieRepubliek van Kalifornië, die gebied van die huidige Amerikaanse deelstateArizona,Kalifornië,Nevada,Utah en die dele oos van dieRio Grande-rivier vanColorado,Nieu-Meksiko enWyoming deur die Verenigde State beëindig is. Met dieVerdrag van Guadalupe Hidalgo het die Rio Grande-rivier die huidige grens tussen Meksiko en die Verenigde State geword.

Kaart van die Gadsden-aankoop deur die Verenigde State in 1853

Gadsden, ’n gebied suid van dieGilarivier wat vir ’n beplande, maar nie-geboude spoorwegverbinding benodig was, is op 30 Desember 1853 vir 10 miljoenVS-dollar (sowat $260 miljoen in 2010) aan die Verenigde State verkoop. Die gebied maak deel uit van die huidige suidelikeAmerikaanse deelstate Arizona en Nieu-Meksiko.

Ferdinand Maximilian Joseph Maria van Oostenryk het Meksiko tussen 1864 en 1867 as keiser Maksimiliaan I regeer

Tydens dieHervormingsoorlog is op 5 Februarie 1857 ’n liberale grondwet in Meksiko afgekondig wat die invloed van die Rooms-Katolieke Kerk beperk het, waarteen konserwatiewe kragte gestry het. In die winter van 1861/62 het Meksiko in ’n skuldkrisis beland wat tot die besetting van dele van die golfkus deur Frankryk, Spanje en dieVerenigde Koninkryk gelei het. Op 1 Desember 1861 het dieFranse inval onder keiserNapoleon III van Frankryk begin en dieTweede Meksikaanse Keiserryk (1864–1867) met die Oostenrykse aartshertogMaksimiliaan I vanHabsburg as keiser is gestig. Die Republikeine onderBenito Juárez het naMonterrey gevlug. Ná die uitsetting van Franse soldate deur die Verenigde State en die teregstelling van Maksimiliaan I is die Tweede Republiek in 1867 uitgeroep, nadat Meksikostad op 15 Julie 1867 deur Benito Juárez bevry is.

Ligging van dieClipperton-eiland voor die kus van Meksiko

In 1905 is die suidelikeClipperton-eiland beset, wat ná ’n bemiddeling van dieItaliaanse koningViktor Emanuel III in 1931 aan Frankryk oorhandig en op 12 Junie 1935 amptelik in besit geneem is.

Sedert die Meksikaanse Rewolusie

[wysig |wysig bron]
Rebelle-gebiede tydens dieMeksikaanse Rewolusie tussen 1916 en 1920

Die lang diktatuur vanPorfirio Diaz het in 1910 tot die Meksikaanse Rewolusie en sy bedanking gelei. Tydens die rewolusie is op 5 Februarie 1917 die huidige liberale grondwet ingevoer. ’n Opstand teen antiklerikale bepalings van die grondwet het tot dieCristero-oorlog tussen 1926 en 1929 gelei, maar die bepalings is eers met ’n omvattende grondwetlike hervorming in 1992 afgeskaf.

In Januarie 1917 het dieDuitse Keiserryk tydens dieEerste Wêreldoorlog ’n alliansie met Meksiko teen die Verenigde State probeer smee wat een van die oorsake van die Verenigde State se toetrede tot die oorlog en die besetting van die hawestadVeracruz was.

Die Meksikoplein met dieFranciskus van Assisi-kerk aan dieDonau-rivier inWene

Op 23 September 1931 het Meksiko by dieVolkebond aangesluit, wat op 20 April 1946 weer ontbind is. Met die uitbreek vanfascisme in Europa het Meksiko as ’n belangrike land van ballingskap gedien. In dieSpaanse Burgeroorlog het die land saam met Frankryk, dieSowjetunie en die Verenigde State die Republikeine teen die Nasionaliste onderFrancisco Franco,Italië,Nazi-Duitsland enPortugal ondersteun. Die regering het op 19 Maart 1938 as die enigste van 17 lede van die Volkebond teen die aansluiting vanOostenryk by Nazi-Duitsland protes aangeteken. Meksiko het daarop gewys dat die Duitse optrede ’n bedreiging vir die wêreldvrede sou inhou indien laasgenoemde sy verpligtinge uit die Volkebond nie sou nakom nie en dieinternasionale reg nie sou eerbiedig nie. Hiervoor is die naam van die Aartshertog-Karel-plein inWene op 20 Junie 1956 náMeksikoplein gewysig.

Tydens dieTweede Wêreldoorlog het Meksiko van 1939 tot 1941 neutraal gebly en eers op 22 Mei 1942 oorlog teen Nazi-Duitsland, Italië enJapan verklaar, nadat Duitse duikbote die tweeolietenkersPotrero del Llano enFaja de Oro vernietig het. Aan die einde van die oorlog het Meksiko op 7 November 1945 ’n stigterslid van dieVerenigde Nasies,[17] op 31 Desember 1945 ’n lidland van dieInternasionale Monetêre Fonds[18] en dieWêreldbank,[19] en op 30 April 1948 ’n stigterslid van dieOrganisasie van Amerikaanse Lande geword.[20]

Ondertekening van die NAFTA-verdrag in Oktober 1992 (v.l.n.r., agter): president Carlos Salinas de Gortari (Meksiko), presidentGeorge H.W. Bush (Verenigde State) en eerste minister Brian Mulroney (Kanada); voor: Jaime Serra Puche (Meksiko), Carla Hills (Verenigde State) en Michael Wilson (Kanada)

Tydens dieKoue Oorlog het Meksiko te danke aan sy handelsbetrekkinge met die Verenigde State ekonomiese groei ervaar (Meksikaanse wonder) en as die gasheer van dieOlimpiese Somerspele 1968, dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 en dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 opgetree. Op 19 September 1985 is Meksikostad deur ’naardbewing getref, wat dele van die hoofstad vernietig het, en waarin meer as 10 000 mense die lewe gelaat het. In November 1993 het die land byAPEC aangesluit.[21]

Volgend op ’n ooreenkoms van 17 Desember 1992, het Meksiko saam metKanada en die Verenigde State dieNAFTA-vryehandelsone op 1 Januarie 1994 in die lewe geroep. Op dieselfde dag hetindígenas in die Suid-Meksikaanse deelstaatChiapas ’n opstand teen die uitwerking vanglobalisering endiskriminasie van Indios begin, wat op 12 Januarie 1994 beëindig, maar tans (2020) nie opgelos is nie.[22] Op 18 Mei 1994 het Meksiko by dieOESO aangesluit. In Desember 1994 het die Tequila-krisis begin, nadat die Meksikaanse regering nie die vastepeso-wisselkoers teenoor die Amerikaanse dollar kon byhou nie. Die krisis is deur lenings van die Verenigde State, die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank in 1995 beëindig. Op 1 Januarie 1995 het Meksiko ’n stigterslid van dieWêreldhandelsorganisasie geword.[23] In 1999 het Meksiko dieFIFA Sokker-Konfederasiebeker aangebied én gewen.

Uitbreiding van diedwelmoorlog in Meksiko

Sedert die 1990's word die land deur ’ndwelmoorlog geskud, wat amptelik op 11 Desember 2006 metOperasie Michoacan van die Regering teen diedwelmkartelle begin het. Die dwelmoorlog word nie net tussen die Meksikaanse Regering en die dwelmkartelle gevoer nie, maar ook onderling tussen die dwelmkartelle wat om invloed en smokkelroetes meeding.[24][25] Dit word verder aangehits deur wapensmokkelary uit die aangrensende Verenigde State, waar self oorlogswapens in deelstate soos Texas en Nieu-Meksiko by gelisensieerde handelaars vry te koop is.[26][27]

Sedert 2016 is die stadsregering van Meksikostad besig om aan die hoofstad die amptelike status van dié land se 32ste deelstaat te verleen, maar volgens die grondwet mag die hoofstad nie in een van die deelstate lê nie. In 2018 is Meksiko saam met Kanada en die Verenigde State as mede-gasheer van dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 aangewys. Vir Meksiko sal dit die derdeSokker-Wêreldbeker wees wat in dié land aangebied word.[28]

Geografie

[wysig |wysig bron]
Nasa-Satellietbeeld van Meksiko
Die ses vulkaneIztaccíhuatl,Popocatépetl,Malintzin,Cofre de Perote,Citlaltépetl enSierra Negra, wat deel uitmaak van dieSierra Volcánica Transversal
Die vulkaan Citlaltépetl of Pico de Orizaba, die hoogste berg in Meksiko
Topografiese kaart van Meksiko
Kaart van Meksiko se eksklusiewe ekonomiese sone
Popocatépetl is die tweede hoogste berg in Meksiko asook die tweede hoogste vulkaan in Noord-Amerika

In die weste is die skiereilandNeder-Kalifornië in dieStille Oseaan en dieColoradorivier geleë, wat in dieGolf van Kalifornië uitmond. Die westelike vasteland word deur dieRotsgebergte en die suide deurreënwoude gekenmerk. In die noordooste is dieRio Grande (in MeksikoRío Bravo del Norte genoem) geleë, wat die grens met die Verenigde State vorm, en in die oostelikeGolf van Meksiko uitmond. Die noorde van Meksiko tussen die Stille Oseaan in die weste en die Rio Grande in die ooste word deurwoestyngebiede soos die Chihuahua- en die Sonora-woestyn gekenmerk. Die Yucatan-skiereiland grens in die noorde aan die Golf van Meksiko en in die ooste aan dieKaribiese See. 210 kilometer vanaf die oostelike kus van Yucatan is dieeilandnasieKuba geleë.

Die land word gekenmerk deur dieSierra Madre wat dieMeksikaanse Hoogland in die ooste (Sierra Madre Oriental), suide (Sierra Madre del Sur) en weste (Sierra Madre Occidental) omring. In die suidweste daarvan is dieLandengte van Tehuantepec geleë, tussen dieGolf van Campeche in die noorde en dieGolf van Tehuantepec in die suide, wat in die ooste aan die Yucatan-skiereiland grens. Die Landengte van Tehuantepec vorm die geografiese en geologiese grens tussen Noord- en Sentraal-Amerika.

Die totale lengte van die grenslyn is 4 263 km; daarvan vorm 3 141 km die gemeenskaplike grens met die Verenigde State in die noorde, waarvan 2 008 km die Rio Grande vorm. In die suidooste word Meksiko deur Guatemala (871 km) en Belize (251 km) begrens, waar Meksiko met beide lande die Yucatan-skiereiland deel. Meksiko het ’n kuslyn van 9 330 km, waarvan 7 338 km aan die Stille Oseaan en die Golf van Kalifornië en 2 805 km aan die Golf van Meksiko en die Karibiese See geleë is.

Die hoogsteberg in die land asook die hoogste vulkaan in Noord-Amerika isCitlaltépetl met ’n hoogte van 5 636 m boseespieël, waarnaPopocatépetl met 5 462 m enIztaccíhuatl met 5 286 m. Die langsterivier is die Rio Grande wat 3 034 km lank is.

Meksiko is op vier van die aarde setektoniese plate geleë wat aardbewings en vulkaniese aktiwiteit veroorsaak. Dié land is dus een van die seismologies-aktiefste gebiede wêreldwyd.

Deelstate

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Deelstate van Meksiko.

Meksiko bestaan uit 31 deelstate (Estados) en Meksikostad (Ciudad de México). Meksikostad is tans in oorgang om Meksiko se 32ste federale entiteit te word wat dit ’n vlak van outonomie soortgelyk aan dié van ’n deelstaat sal gee. ’n Klousule in die Grondwet van Meksiko verhoed egter dat dit ’n deeltaat kan word, aangesien dit die plek van mag in dié land is, tensy die hoofstad van dié land elders verskuif word.

Die 31 deelstate en Meksikostad (Ciudad de México)
DeelstaatHoofstadGestig opBevolking[29]Oppervlakte (km²)
Distrito FederalMeksikostad18 November 18248 839 3611 479
AguascalientesAguascalientes5 Februarie 18571 133 1375 625
Baja CaliforniaMexicali16 Januarie 19523 122 40871 546
Baja California SurLa Paz8 Oktober 1974558 42573 943
CampecheCampeche29 April 1863791 32257 727
ChiapasTuxtla Gutiérrez14 September 18244 483 88673 681
ChihuahuaChihuahua6 Julie 18243 376 062247 487
CoahuilaSaltillo7 Mei 18242 615 574151 445
ColimaColima9 Desember 1856597 0435 627
DurangoVictoria de Durango22 Mei 18241 547 597123 367
GuanajuatoGuanajuato20 Desember 18235 033 27630 621
GuerreroChilpancingo27 Oktober 18493 143 29263 794
HidalgoPachuca de Soto16 Januarie 18692 415 46120 856
JaliscoGuadalajara23 Desember 18236 989 30478 630
MéxicoToluca20 Desember 182314 739 06022 333
MichoacánMorelia22 Desember 18233 971 22558 667
MorelosCuernavaca17 April 18691 668 3434 892
NayaritTepic26 Januarie 1917968 25727 862
Nuevo LeónMonterrey5 Julie 18244 420 90964 203
OaxacaOaxaca de Juárez21 Desember 18233 551 71093 343
PueblaPuebla de Zaragoza21 Desember 18235 624 10434 251
QuerétaroSantiago de Querétaro23 Desember 18231 705 26711 658
Quintana RooChetumal8 Oktober 19741 290 32342 535
San Luis PotosíSan Luis Potosí22 Desember 18232 479 45061 165
SinaloaCuliacán14 Oktober 18302 650 49957 331
SonoraHermosillo10 Januarie 18242 499 263184 946
TabascoVillahermosa7 Februarie 18242 045 29424 747
TamaulipasCiudad Victoria7 Februarie 18243 174 13480 148
TlaxcalaTlaxcala9 Desember 18561 127 3313 997
VeracruzVeracruz22 Desember 18237 270 41371 856
YucatánMérida23 Desember 18231 909 96539 671
ZacatecasZacatecas23 Desember 18231 380 63375 416
  • Die deelstate van Meksiko in 1821
    Die deelstate van Meksiko in 1821
  • Die deelstate van Meksiko in 1823
    Die deelstate van Meksiko in 1823
  • Die deelstate van Meksiko in 1836
    Die deelstate van Meksiko in 1836
  • Die deelstate van Meksiko tussen 1836 en 1845:
    Die deelstate van Meksiko tussen 1836 en 1845:
  • Die deelstate van Meksiko in 1865
    Die deelstate van Meksiko in 1865
  • Die huidige 31 deelstate van Meksiko saam met Meksikostad (Ciudad de México)
    Die huidige 31 deelstate van Meksiko saam met Meksikostad (Ciudad de México)

Nedersettings

[wysig |wysig bron]
Die sentrum vanMeksikostad met die twee vulkane Popocatépetl en Iztaccíhuatl op die agtergrond

Die elf grootste stede met meer as een miljoen inwoners isMeksikostad,Ecatepec de Morelos,Puebla de Zaragoza,Tijuana,Guadalajara,León,Ciudad Juárez,Zapopan,Monterrey,Nezahualcóyotl enMexicali. Hulle is meestal in die binneland geleë. Die kusgebiede is in teenstelling hiermee yl bevolk.[30]

In Meksiko is die verskil tussen die kern- en die randgebied baie opvallend. Meksikostad speel die oorheersende rol. Die metropolitaanse gebied huisves 18 persent van die land se bevolking en is in die kruispunt van die Westelike, Oostelike en die Suidelike Sierra Madre in dieVallei van Meksiko naby die sentrum van die land geleë.

Veracruz is die belangrikste hawestad aan die Golf van Meksiko, terwylAcapulco de Juárez die belangrikste hawestad aan die Stille Oseaan enCancún die belangrikste hawestad aan die Karibiese See is.

Metropolitaanse gebiede van Meksiko[31]
NommerNaamDeelstaatBevolkingNommerNaamDeelstaatBevolkingBeelde
1MeksikostadDistrito Federal8 851 08013MéridaYucatán777 615Guadalajara
Guadalajara
Tijuana
Tijuana
Zapopan
Zapopan
Monterrey
Monterrey
2EcatepecMéxico1 655 01514San Luis PotosíSan Luis Potosí722 772
3GuadalajaraJalisco1 495 18215AguascalientesAguascalientes722 250
4PueblaPuebla1 434 06216HermosilloSonora715 061
5JuárezChihuahua1 321 00417SaltilloCoahuila709 671
6TijuanaBaja California1 300 98318MexicaliBaja California689 775
7LeónGuanajuato1 238 96219CuliacánSinaloa675 773
8ZapopanJalisco1 142 48320GuadalupeNuevo León673 616
9MonterreyNuevo León1 135 51221AcapulcoGuerrero673 479
10NezahualcóyotlMéxico1 104 58522TlalnepantlaMéxico653 410
11ChihuahuaChihuahua809 23223CancúnQuintana Roo628 306
12NaucalpanMéxico792 21124QuerétaroQuerétaro626 495

Klimaat

[wysig |wysig bron]
Klimaatsones in Meksiko volgens dieKöppen-klimaatklassifikasie

Meksiko seklimaat is baie uiteenlopend met een van die wêreld se mees diverse weerstelsels. Die klimaatstreke wissel van subtropiese, berg- totwoestyntoestande. Dit streek van die buitenstesubtropiese klimaat met vogtigesomers in die suidooste van dié land oor die heeljaar droë subtrope langs dieKreefskeerkring tot die klimaat van Kalifornië metwinterreën in die uiterste weste (Baja California).

Meksiko word deur die Kreefskeerkring in gematigde en tropiese gebiede verdeel. Gebiede noord van die 24ste Breedtegraad ondervind laer temperature gedurende diewintermaande, terwyl die temperature suid van die 24ste Breedtegraad heeljaar redelik konstant is en net van die ligging bo seevlak afhang. Die noorde van die land ontvang gewoonlik minderneerslag as die suide.

Van Meksiko se groot stede is baie in die Vallei van Mexiko of in aangrensende valleie met hoogtes van gewoonlik meer as 2000 m (6 562 voet) geleë. Dit gee hulle 'n heeljaar gematigde klimaat met gemiddelde temperature van 16 tot 18 °C (60,8 tot 64,4 °F) en koel nagtemperature. Van die stede in die noorde soos Monterrey, Hermosillo en Mexicali ondervind somertemperature van 40 °C (104 °F) of meer. In die Sonorawoestyn kan die kwik tot 50 °C (122 °F) en hoër styg. Albei Meksikaanse kuslyne, behalwe vir die suidkus van die Golf van Campeche en noordelike Neder-Kalifornië, is kwesbaar vir ernstige orkane gedurende somer enherfs.

Flora en fauna

[wysig |wysig bron]

Meksiko is een van die 17 lande wat as die sogenaamde "biodiversiteit-brandpunte" bekendstaan. Dit is die habitat van 200 000 verskillendespesies, wat 10 tot 12% van die totale wêreldbiodiversiteit uitmaak. Meksiko het met sy 763 opgetekende reptielspesies die meeste, met 448 soogdierspesies die tweede meeste en met 290 opgetekende amfibiespesies die vierde meeste spesies ter wêreld. Dieflora sluit 26 000 verskillende spesies in. Ongeveer 2 500 spesies geniet amptelike beskerming.

In 2002 het Meksiko die tweede grootste vlak van ontbossing in die wêreld gehad, net ná Brasilië. Sowat 170 000 km² (65 637 myl²) is as "beskermde natuurgebiede" aangewys. Dit sluit 34 biosfeerreservate (onveranderde ekosisteme), 67 nasionale parke, 4 natuurlike monumente (weens hul estetiese, wetenskaplike of historiese waarde vir altyd beskerm), 26 gebiede met beskermde flora en fauna, 4 gebiede vir natuurlike hulpbronbeskerming (bewaring van grond, hidrologiese watergebiede en woude) en 17 heiligdomme (gebiede ryk aan diverse spesies).

Die ontdekking van die Amerikas het aan die res van die wêreld baie algemeen gebruikte voedselgewasse en eetbare plante besorg. Van Meksiko se inheemse kulinêre bestanddele sluit in:sjokolade,avokado,tamatie, mielies,vanielje,guave,chayote, welriekende hondebossie,patats,yamboon, zucchini, sapote, baie variasies van boontjies, en ’n nog groter verskeidenheid van chilipeper soos habanero en jalapeño. Die meeste van hierdie name is van inheemse tale soos Nahuatl afkomstig.

Biodiversiteit van Meksiko
XoloitzcuintleKaliforniese seeleeu
(Zalophus californianus)
Poema
(Puma concolor)
Axolotl
(Ambystoma mexicanum)
LepisosteusSteenarend
(Aquila chrysaetos)
Kalkoen
(Meleagris gallopavo)
Amerikaanse bison
(Bison bison)
Ovis canadensisAmerikaanse swartbeer
(Ursus americanus)
Gaffelbok
(Antilocapra americana)
Suid-Amerikaanse ratelslang
(Crotalus durissus)
Meksikaanse wolf
(Canis lupus baileyi)
Jaguar
(Panthera onca)
Gryswalvis
(Eschrichtius robustus)
Avokado
(Persea americana)
Kersfeesster
(Euphorbia pulcherrima)
Opuntia ficus-indicaEchinocactus grusoniiCylindropuntia imbricata
DahliaRooioogboompadda
(Agalychnis callidryas)
Amerikaanse melkbosvlinder
(Danaus plexippus)
Valsskilpad
(Caretta caretta)
Geelvlerk-ara
(Ara macao)
Quetzal
(Pharomachrus mocinno)
Crataegus mexicanaTaxodium mucronatum
Kapokboom
(Ceiba pentandra)
Geeldenne
(Pinus ponderosa)
Saguaro
(Carnegiea gigantea)
Fouquieria columnaris

Politiek

[wysig |wysig bron]

Uitvoerende gesag

[wysig |wysig bron]
Claudia Sheinbaum, die huidige president van Meksiko
Voorblad van die oorspronklike kopie van die Meksikaanse grondwet in 1917

Meksiko is volgens die grondwet van 1917 ’n federale presidensiële grondwetlike republiek met die president as regeringshoof en hoogste verteenwoordiger van dié staat. Die grondwet het tydens die Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) ontstaan en is deur ’n grondwetgewende vergadering uitgewerk. Dit vorm ’n kompromis tussen verskeie belanghebbendes en bevat dus anti-klerklike, nasionale, anti-imperialistiese, republikeinse, paternalistiese en sosiale-hervormings-elemente. Daarbenewens omvat die grondwet liberale elemente soos burgerregte, wetlike sekuriteit, universele stemreg, staatswelsyn en die waarborg van private eiendom.[32]

Die president word vir een sesjaartermyn, diesexenio verkies. ’n Herverkiesing is volgens die grondwet verbode. ’n Voortydige einde van die ampstermyn is nie moontlik nie en tree net by die afsterwe van die president in werking.

Die president kombineer ’n baie hoë gesag. Hy het die inisiatiefreg in die wetgewende proses en die vetoreg by die wetgewende inisiatiewe van die kongres. Verder is hy die opperbevelvoerder van die Meksikaanse weermag, benoem die hoogste range, ’n aantal staatsamptenare en die Prokureur-generaal. Met die goedkeuring van die kongres en die ministersraad kan die Meksikaanse president ’n noodtoestand verklaar. Hy het die inisiatiefreg vir oorlogsverklaring, stel riglyne vir buitelandse beleid voor en onderteken internasionale verdrae.[33]

Wetgewende gesag

[wysig |wysig bron]
Binnekant van die Meksikaanse huis van afgevaardigdes
Die Palacio Nacional in Meksikostad aan die Plaza de la Constitución, (Zócalo)
President Vicente Fox (2000–2006) spreek die Meksikaanse parlement toe
Binnekant van die voormalige setel van die Meksikaanse senaat

Die kongres van die Meksikaanse Unie bestaan uit twee kamers: die huis van afgevaardigdes met 500 lede en die senaat met 128 senatore. Die 500 afgevaardigdes word elke drie jaar verkies, 300 daarvan in ’n direkte verkiesing en 200 volgens partylyste. Die senatore word vir ’n termyn van ses jaar verkies. In elk van die 32 deelstate word drie senatore benoem, twee daarvan deur die meerderheid van stemme en die derde een word deur die grootste opposisieparty benoem. Die 32 ander senatorplekke word volgens ’n nasionale proporsionele verteenwoordiging-stelsel verkies.[34]

Die senatore en die afgevaardigdes kan, soos die president, nie herverkies word na hul ampstermyn nie. Die belangrikste funksie van die huis van afgevaardigdes is die jaarlikse ondersoek, bespreking en goedkeuring van die federale begroting, waarby ’n verwerping nie aanvaarbaar is nie. Die belangrikste bevoegdhede van die senaat is die goedkeuring van internasionale verdrae en toestemming vir die ontplooiing van soldate in die buiteland. Daarbenewens het die kongres verantwoordelikheid oor die goedkeuring van wette en bevele, die ekonomiese, politieke en territoriale organisasie van die land, goedkeuring van oorlogsverklarings asook die bevordering van onderwys en arbeidswetgewing.

Die sentrale regering het vir ’n lang tyd die deelstate se sake bestuur, en hierdie invloed is vandag nog in werking. Die goewerneurs is direk deur die volk verkies, maar was in hul bevoegdhede sterk deur hul kontak met die president beperk en van sy welwillendheid afhanklik. Dit volg uit die afhanklikheid van elke deelstaat van die federale regering, omdat die regering dié deelstate en munisipaliteite se belastinginkomste toewys. Daarbenewens het die ministeries verteenwoordigende kantore (Delegaciones) in die deelstate, administratiewe distrikte en munisipaliteite. In hierdie kantore word veral federale befondsing vir welsyn en ontwikkelingsprogramme toegeken.

Regsprekende gesag

[wysig |wysig bron]
Die Hooggeregshof se setel in Meksikostad

Die Hooggeregshof van Meksiko is dieSuprema Corte de Justicia de la Nación. Dit bestaan uit elf federale regters (Ministros), wie deur die president voorgestel en deur die senaat bevestig word. Hul ampstermyn is beperk tot 15 jaar, die president word uit eie geledere vir vier jaar verkies en kan nie direk daarna herverkies word nie.[35]

In die 71 jaar gedurende die heerskappy van die PRI het die regsprekende gesag besonders gely. In die loop van die jare het dit meer en meer invloed verloor. Eers met die grondwetlike hervorming van 1995 het die Suprema Corte de Justicia de la Nación weer die bevoegdheid ontvang, om oor die grondwetlikheid van die beleid te oordeel. Sedert 2000 moet die Prokureur-generaal deur die senaat bevestig word.

Buitelandse beleid

[wysig |wysig bron]
Sedert 2005 word die Meksikaanse grens tot die Verenigde State, soos hier tussenSan Diego,Kalifornië (links), enTijuana,Baja California (regs), versterk uitgebrei
Die Amerikaanse presidentBarack Obama, Meksiko se presidentEnrique Peña Nieto en Kanada se eerste ministerStephen Harper tydens die NAFTA se spitsberaad in 2014
Buitelandse betrekkinge van Meksiko:

 Meksiko

 Lande met ’n Meksikaanse ambassade

Meksiko se president Enrique Peña Nieto tydens ’n staatsbesoek saam met die Kubaanse presidentRaúl Castro inHavana 2014
Lande waarmee Meksiko ’n vryehandelsooreenkoms onderteken het
Chili se presidentMichelle Bachelet tydens ’n staatsbesoek saam met die Meksikaanse president Enrique Peña Nieto in 2015

Meksiko se buitelandse beleid word deur die president se politiek gekenmerk[36] en deur die ministerie van buitelandse sake bestuur.[37] Die beginsels van die buitelandse beleid word grondwetlik erken in artikel 89, seksie 10, insluitend: respek vir die internasionale reg en wetlike gelykheid van nasies, hul soewereiniteit en onafhanklikheid, nie-inmenging in die huishoudelike sake van ander lande, vreedsame oplossing van konflikte, en die bevordering van die gesamentlike veiligheid deur aktiewe deelname in internasionale organisasies.[36] Sedert die 1930's het dieEstrada-doktrine gedien as ’n belangrike aanvulling tot hierdie beginsels.[38][39]

Meksiko is een van die stigterslede van verskeie internasionale organisasies, veral die Verenigde Nasies, die Organisasie van Amerikaanse Lande, die Organisasie van Ibero-Amerikaanse Lande,[40] die OPANAL[41] en die Rio-groep.[42] In 2008 het Meksiko meer as 40 miljoen Amerikaanse dollar tot die Verenigde Nasies se gereelde begroting bygedra.[43] Daarbenewens was dit sedert sy toetreding in 1994 die enigste Latyns-Amerikaanse lidland van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) voordat Chili in 2010 ’n volle lid geword het.[44] Meksiko is ook ’n waarnemende lidland van internasionale organisasies soos dieAndesgemeenskap, dieBeweging van Onverbonde Lande,Mercosur en dieUnie van Suid-Amerikaanse Nasies (UNASUR).

Meksiko word as streeksmoondheid beskou,[45][46] weens sy teenwoordigheid in die groot ekonomiese groepe soos die G8 + 5 en die G20. Daarbenewens het Meksiko sedert die 1990's met die ondersteuning van Kanada,Italië,Pakistan,Suid-Korea,Spanje,Argentinië,Turkye enMalta, wat ’n informele groep, bekend as die Koffie-Klub,[47] vorm, gepoog om ’n hervorming van die Verenigde Nasies seveiligheidsraad en sy werksmetodes te stimuleer. Daarby vorm hulle ’n opposisie teen die lande van die G4-groep, bestaande uit Duitsland, Brasilië,Indië en Japan, wat aanspraak maak op permanente setels in die VN se veiligheidsraad. Meksiko se politiek is hoofsaaklik gerig teen die setel van Brasilië, omdat dit beskou word as bedreiging in die magstruktuur binne Latyns-Amerika.

Sedert die onafhanklikheidsoorlog is die verhoudings van Meksiko hoofsaaklik gefokus op die Verenigde State van Amerika, sy noordelike buurland, grootste handelsvennoot,[48] en die mees kragtige akteur in die westelike hemisfeer en wêreldsake.[49] Meksiko het die Kubaanse regering sedert hul stigting in die vroeë 1960's,[50] die Sandinistiese rewolusie in Nicaragua in die laat 1970's,[51] en linkse rewolusionêre groepe in El Salvador gedurende die 1980's ondersteun.[52] Tydens Felipe Calderón se bewind is ’n groter klem op verhoudings met Latyns-Amerika en dieKaribiese Eilande geleë.[53]

Ekonomie

[wysig |wysig bron]

Algemene oorsig

[wysig |wysig bron]
Meksikaanse deelstate volgensBruto binnelandse produk in 2007
Deelstate van Meksiko volgensMenslike ontwikkelingsindeks in 2004:

 0,80 en hoër

 0,750–0,799

 0,70–0,749

 Meksiko.

 Ander lande van dieNAFTA.

 Ander lande wat met Meksiko ’nvryehandelsooreenkoms gesluit het.

 Lande wat belangstelling getoon het in ’n handelsooreenkoms met Meksiko.

Werkloosheid in Meksiko in 2011:[54]

 ≤2,5%

 ≤3,0%

 ≤3,5%

 ≤4,0%

 ≤4,5%

 ≤5,0%

 ≤5,5%

 ≤6,0%

 >6,1%

Meksiko beskik oor een van die grootste ekonomieë ter wêreld en word as ’n plaaslike mag asook 'n belangrike tussengangervennoot beskou. Daarbenewens het Meksiko in 1994 die eerste van twee Latyns-Amerikaanse lidlande van die OESO, vóórChili, geword en is volgens die Wêreldbank ’n gevestigde nuut-geïndustrialiseerde land met bo-gemiddelde inkomste[55] en een van die opkomende magte.[56] Meksiko beskik oor die14de grootste nominale BBP en die11de grootste BBP volgensKoopkragpariteit. Die ekonomie is sterk gekoppel aan dié van sy NAFTA-vennote, Kanada en die Verenigde State. Meksiko is ook ’n lidland van die Organisasie van Amerikaanse Lande, van dieGroep van Vyf, van dieGroep van Agt + Vyf, van dieGroep van 15, van dieGroep van 20, van APEC en van dieLatynse Unie.

Meksiko se vernaamste handelsvennote volgens uitvoer sluit in (2013): die Verenigde State (78,5%), Kanada (2,9%), Spanje (2,4%), dieVolksrepubliek China (1,5%),Duitsland (1,3%) enColombia (1,2%). Die ses vernaamste handelsvennote volgens invoer is (2013): die Verenigde State (49,4%), die Volksrepubliek China (15,8%),Japan (4,8%), Duitsland (3,7%),Suid-Korea (3,4%) en Kanada (2,7%).

Volgens die Amerikaanse multinasionale beleggingsbankGoldman Sachs word Meksiko as die wêreld se vyfde grootste ekonomie teen 2050 geprojekteer.[57]PricewaterhouseCoopers (PwC), ’n multinasionale professionele diensmaatskappy gevestig inLonden in dieVerenigde Koninkryk, het in Januarie 2013 beraam, dat Meksiko in 2050 die wêreld se sewende grootste ekonomie sal wees.[58]

Hulpbronne en produserende bedryf

[wysig |wysig bron]
Stadshorison van Meksikostad, die ekonomiese sentrum van sowel Meksiko asook Latyns-Amerika

Meksiko is naas Brasilië en voorArgentinië Latyns-Amerika se tweede grootstestaalprodusent met sowat ’n kwart van die totale produksie en wêreldwyd die 13de grootste staalprodusent met omtrent 18 995 miljoen metrieke ton in 2014. Dié land is tans met 2 934 000 vaatjies in 2013 die tiende grootsteruolie-produsent ter wêreld, ná ander Amerikaanse lande soos die Verenigde State, Kanada,Venezuela en nog voor Brasilië. Die grootste ontginner van ru-olie in Meksiko, die staatsmaatskappy PEMEX, is Meksiko se grootste maatskappy en die sewende grootste ruolie-ontginner ter wêreld.

Meksiko is die sewende grootste mielie- (22 663 953 ton in 2013) en die vyfde grootste boontjie-produsent (1 294 634 ton in 2013) ter wêreld.

Meksiko beskik oor die wêreld se sesde grootste elektroniese bedryf ná lande soos die Volksrepubliek China, die Verenigde State, Japan, Suid-Korea en dieRepubliek China.

Toerismebedryf

[wysig |wysig bron]

Volgens die Wêreldtoerismeorganisasie is Meksiko een van die mees besoekte lande ter wêreld en die tweede mees besoekte land in die Amerikas na die Verenigde State. Die belangrikste plekke, wat deur toeriste besoek is, sluit in die Meso-Amerikaanse ruïnes, kulturele feeste, koloniale stede, natuurreservate en kusstede. Meksiko het die 23ste hoogste inkomste vantoerisme in die wêreld en die hoogste een in Latyns-Amerika.[59] Die meeste toeriste, wat Meksiko besoek, kom veral uit die Verenigde State en Kanada, gevolg deur Europa en Asië asook ’n kleiner aantal uit Latyns-Amerika.[60]

Meksiko staan bekend as een van die belangrikste toeristebestemmings ter wêreld met stede soos Acapulco de Juárez en Cancún. Dié land beheer met 35Unesco-wêrelderfenisgebiede die meeste in die Amerikas en die sewende meeste ter wêreld,[61][62][63] en is in 2010 met 22,5 miljoen internasionale aankomste per jaar die tiende mees besoekte land ter wêreld.[64]

Mediabedryf

[wysig |wysig bron]
Stasie van TV Azteca in Mérida, Yucatán
Stasie van Televisa in Torreón, Coahuila

In Meksiko is daar meer as 500 televisiekanale, waarvan die meeste behoort aan twee private TV-maatskappye met nasionale dekking wat die kykergetalle oorheers: "Televisa" en "TV Azteca", waarvan Televisa die grootste televisie-aanbieder in die Spaanssprekende wêreld is. In die metropolitaanse gebied van Meksikostad is daar ook "Canal 11, Nasionale Polytechnic Institute", "Channel 22 van die Nasionale Raad vir kultuur en die kunste (CONACULTA)", Project 40 en Chain drie (Kanaal 28, XHTRES-TV).

Uit die Verenigde State is daar die amptelike kanale en takke van twee groot kettinggroepe met plaaslike uitbreidings. In Tijuana, Baja California, is daar verskeie Amerikaanse maatskappye wat ’n kanaal in die stad het: Singapore (33), Fox (6), ESPN en andere.

In noordoostelike Meksiko, het die "Multimedia"-netwerk sy eie ontwikkeling onderneem, wat alom bekend staan as "die derde netwerk in die land", wat uitsaai vanuit die stad Monterrey.

Meksikostad (Ciudad de México) is tans (2018) op soek na ’n frekwensie. Daarbenewens het elke staat van die republiek ’n stelsel van openbare televisie vir hulle stede. Die instelling wat die skedule bepaal van programme wat op televisie uitgesaai word, is die Direktoraat-generaal van Radio, TV en Film.

Demografie

[wysig |wysig bron]

Oorsig

[wysig |wysig bron]
Meksiko se bevolkingsgroei (1961–2003)

Volgens die laaste sensusopname van 2010,[65] wat deur dieInstituto Nacional de Estadística y Geografía ("Nasionale Instituut vir Statistiek en Aardrykskunde"), oftewel INEGI, gehou is, het Meksiko ’n amptelike bevolking van 112 336 538 gehad. Meksiko is daarmee die 11de grootste bevolking ter wêreld, die derde grootste in die Amerikas (ná die Verenigde State en Brasilië) en die tweede grootste in Noord-Amerika. Die grootste stad met die meeste inwoners in sy omtrekgebied is die hoofstad Meksikostad, waar 8,9 miljoen mense binne die stadsgrense en 21,2 miljoen in die metropolitaanse gebied saamgetrek is. Die land waarheen die Meksikane hoofsaaklik heen verhuis is die aangrensende Verenigde State, waar 9,9 miljoen Meksikane bly.

Bevolking

[wysig |wysig bron]
Meksikaanse deelstate volgens bevolkingsdigtheid

Die Meksikaanse bevolking bestaan uit 65% Mestizo's, wat afstammelinge van mense met inheemse en Europese (veral vanuit Spanje) herkoms is, 17,5% Amerindiane, 16,5% blankes en 1,0% ander etniese groepe.

Die totale inheemse bevolking van Meksiko maak sowat 15,7 miljoen mense uit. Die grootste inheemse etniese groep is dieNahua, die nasate van die Asteekse bevolking, met sowat 2,5 miljoen mense. Tweede op die lys is die Maja, met sowat 1,5 miljoen mense. Die Mixteke en Zapoteke is volke wat beide omtrent 750 000 groot is. Die deelstate met die grootste inheemse bevolking is Yucatán met 59%, Quintana Roo met 39% en Campeche met 27%.[66]

Die oorgrote meerderheid van die Meksikaanse bevolking word asMestizo's geklassifikeer. Dit beteken dat hulle hulself nie as deel van die inheemse of deel van die Europese bevolking beskou nie, maar as nakomelinge van gemengde herkoms.

Sedert die Spaanse verowering van die Asteekse Ryk in 1521 het Europeërs, veral Spanjaarde, saam met Conquistadore na Meksiko geïmmigreer. Hulle was tydens die koloniale bewind die land se politieke elite, maar het nooit die meerderheid van die bevolking geword nie.

Kaart van die inheemse tale van Meksiko met meer as 100 000 sprekers

Dieamptelike taal wat deur die regering gebruik word isde facto Spaans, terwyl in die huidige Meksikaanse grondwet van 1917 geen amptelike taal vir die federale vlak vasgelê is nie. Volgens die grondwet vorm Spaans saam met Majaans, Nahuatl en 65 ander inheemse tale Meksiko se landstale.[67]

Meksiko is die grootste Spaanssprekende land ter wêreld met omtrent ’n derde van alle moedertaalsprekers van Spaans;[68][69] in 2011 het 105 miljoen mense Spaans as hul moedertaal gebruik. Weens die Meksikaanse immigrasie na Kanada en die Verenigde State is Meksikaans-Spaans ook in albei lande gebruiklik.

Omtrent 5,4% van die Meksikaanse bevolking praat inheemse tale, waarvan Nahuatl met sowat 1,45 miljoen moedertaalsprekers die grootste is,[70] gevolg deur Majaans met 750 000 moedertaalsprekers.Mixteeks enZapoteeks word beide deur sowat 400 000 mense gepraat.[71]

Godsdiens

[wysig |wysig bron]
Die Katedraal van Meksikostad; dieRooms-Katolieke Kerk is verreweg die belangrikste godsdiens in Meksiko
Onse liewe vrou van Guadalupe, die beskermheilige van Meksiko

Die belangrikste godsdiensgroep en denominasie is die Rooms-Katolieke Kerk met sowat 93 miljoen (83%) lede volgens die sensus van 2010, terwyl 10% (11 miljoen) lede van anderChristelike kerke, soos Evangelikalisme (5%), Pinksterbeweging (1,6%),Jehovah se Getuies (1,4%), Sewendedagadventistekerk (0,6%) en dieKerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (0,3%) uitmaak.[72] Volgens die grondwet van 1917 beskik Meksiko nie oor ’n staatsgodsdiens nie en godsdiensvryheid word gewaarborg.

Meksiko het die derde grootste Christelike bevolking (107 miljoen) ter wêreld ná die Verenigde State en Brasilië, asook met 92 924 489 lidmate[72] die tweede grootste Rooms-Katolieke bevolking ná Brasilië.[73] Volgens die persentasie Rooms-Katolieke van die landsbevolking (95,0%), staan Meksiko wêreldwyd op die sesde plek. 47% van die Rooms-Katolieke Meksikane besoek weekliks die kerk.[74] Die feesdag van Onse Liewe Vrou van Guadalupe, die beskermheilige van Meksiko, word op 12 Desember gevier en deur baie Meksikane as die belangrikste godsdienstige vakansiedag van hul land beskou.[75]

Volgens die sensus van 2010 bly 67 476Jode, 18 185 aanhangers van die Oosterse godsdienste soosBoeddhiste en 300Moslems in Meksiko.[72]

Kultuur

[wysig |wysig bron]
Plein van die drie kulture in Meksikostad. Dié plein versamel drie argitektoniese style wat die geskiedenis van Meksiko versinnebeeld: Meso-Amerikaans, Spaans-koloniaal en die onafhanklike nasie

Meksiko se kultuur weerspieël die kompleksiteit van die land se geskiedenis deur die vermenging van inheemse kulture met diekultuur van Spanje, meegedeel tydens Spanje se 300 jaar lange kolonisasie van Meksiko. Mettertyd is eksogene kulturele elemente in die Meksikaanse kultuur opgeneem.

Die Porfiriose tydperk (el Porfiriato) in die laaste kwart van die 19de eeu en die eerste dekade van die 20ste eeu is gekenmerk deur ekonomiese vooruitgang en vrede. Ná vier dekades van burgerlike onrus en oorlog, het Meksiko die ontwikkeling van filosofie en kunste, bevorder deur president Díaz self, beleef. Sedert daardie tyd, soos beklemtoon tydens die Meksikaanse Rewolusie, het die kulturele identiteit sy oorsprong in diemestizaje, waarvan die inheemse (d.w.s. Indiaanse) elemente die kern vorm. Aangesien van die verskillende etniese groepe wat die Meksikaanse bevolking vorm, het José Vasconcelos in sy publikasieLa Raza Cósmica ("Die Kosmiese Wedren", 1925) Meksiko as smeltkroes van alle etniese groepe gedefinieer (en dus die definisie van diemestizo uitgebrei), nie net biologies maar sowel kultureel.[76]

Literatuur

[wysig |wysig bron]
Nezahualcoyotl word as ’n wyse koning en digter vereer
Die Meksikaanse digterOctavio Paz,Nobelprys vir Letterkunde-wenner in 1990

Die Meksikaanse literatuur is die Spaanstalige literatuur van Meksiko en behoort tot die Spaans-Amerikaanse literatuur. Dit is een van die mees omvattende, bekende en nie net sedert die toekenning van die Nobelprys aan Octavio Paz in 1990 internasionaal mees bekende Latyns-Amerikaanse literature. Teen die agtergrond van Meksiko se uiterste sosiale diversiteit is dit gekenmerk deur talle filosofiese en kulturele strydpunte, ’n moeilike soek na identiteit en van die koloniale tydperk tot die huidige dag herhalende eise vir geregtigheid en vergoeding.[77]

Die literatuur in Meksiko het sy oorsprong in die literatuur van die inheemse nedersettings van Meso-Amerika. Die mees bekende Voor-Spaanse digter isNezahualcoyotl. Die moderne Meksikaanse literatuur is beïnvloed deur die konsepte van die Spaanse koloniasie van Meso-Amerika. Uitstaande koloniale skrywers en digters sluit in Juan Ruiz de Alarcón en Juana Ines de la Cruz.

Ander belangrike skrywers sluit in Alfonso Reyes, José Joaquín Fernández de Lizardi,Ignacio Manuel Altamirano, Carlos Fuentes,Octavio Paz (Nobelpryswenner), Renato Leduc, Carlos Monsiváis, Elena Poniatowska, Mariano Azuela ("Los de abajo") en Juan Rulfo ("Pedro Páramo"). Bruno Traven hetCanasta de cuentos mexicanos ("Mandjie van Meksikaanse Stories") enEl tesoro de la Sierra Madre ("Die skat van die Sierra Madre") geskryf.

Die paleis van die skone kunste (Palacio de Bellas Artes) in Meksikostad, soos gesien vanaf die Latyns-Amerikaanse toring (Torre Latinoamericana), in 2006
Frida Kahlo saam metDiego Rivera in 1932, soos fotografeer deurCarl Van Vechten

Die kuns van Meksiko word gekenmerk deur voor-Colombiaanse tradisies en die invloed van die Spaanse veroweraars. Hoewel die Spanjaarde gewelddadig met die hoë verteenwoordigers van die Indiese mag gebreek het, het ’n sterk verwysing na die voor-koloniale kuns behoue gebly. Daarbenewens het in Meksikostad onder die regering van die visekoning gemaskerde parades plaasgevind, wat die herinnering aan die Asteekse dinastie sou handhaaf.[78] Die tradisionele kunsvorme is sodoende met nuwe ontwerpe verbind. Byvoorbeeld het veerbeelde met Maria-voorstellings ontstaan, wat na die Christelike geloof verwys het wat deur die Spanjaarde ingevoer is.[79] Die hele veerkuns, wat alvorens net tot die adellikes beperk was, het ’n Christelike herinterpretasie beleef en is byvoorbeeld gebruik vir Biskopkappies en altaardoeke, waarby die tradisionele Asteekse kleurbetekenis bewaar gebly het. Tot in die 19de eeu was Pátzcuaro ’n sentrum van die veerverwerking met beduidende kunshandwerklike fasiliteite. Nog ’n gebied van die beeldvorming met tradisionele grondslae was kaarte en genealogiese voorstellings. Daarby is elemente van Europese kartografie saam met Meksikaanse glyfe gebruik.[80]

Tydens die 19de eeu het Europese kunstenaars na Meksiko gereis en die land in sy diversiteit tentoongestel. Die belangrikste hiervan was waarskynlik Johann Moritz Rugendas, wie landskappe, genre-tonele en studies van die natuur en die bevolking gemaak het.[81] Die Meksikaanse kuns het ná die Meksikaanse Rewolusie ’n bloeitydperk beleef. Kunstenaars soos David Alfaro Siqueiros, José Clemente Orozco en Juan O'Gorman was deur hul werk betrokke by die Meksikaanse Rewolusie en sosiale kwessies, sowel as die Meksikaanse geskiedenis tot by die voor-Colombiaanse tydperk. Die bekendste Meksikaanse kunstenaars isDiego Rivera enFrida Kahlo. Diego Rivera het saam met andere die Muralisme gestig, ’n kunsvorm van monumentale openbare muurskilderye, wat in Meksiko wye inslag gevind het en vandag nog gesien kan word in baie openbare geboue in Latyns-Amerika en in die Verenigde State. Beduidende muurskilderye van Riviera kan gevind word in die Palacio Nacional en vertoon gebeurtenisse in die Meksikaanse geskiedenis. Die huidige kuns in Meksiko beeld hoofsaaklik sosiale kwessies soos geweld en misdaad uit, en voorbeelde hiervan is werke deur Teresa Margolles, Daniel Guzmán en Eduardo Abaroa.

Musiek

[wysig |wysig bron]
Die Meksikaans-Amerikaanse rocksangerCarlos Santana in 2011
Die Meksikaanse aktrise en sangeresLila Downs in 2009

Populêre musiek in Meksiko bestaan uit ’n wye verskeidenheid van musikale style en genres. Dit het sy oorsprong in die voor-Colombiaanse en Europese, veral Spaanse, kultuur. Die belangrikste style is die Meksikaanse Son en die Corrido, wat beide reeds in die 18de eeu ontstaan het. Elemente van die Corrido kan ook in die Narcocorrido gevind word, wat sedert die begin van die 21ste eeu die tipiese Meksikaanse volksmusiek verpersoonlik. Die Ranchera het tydens die Meksikaanse Rewolusie in die vroeë 20ste eeu ontstaan en vind sy manifestasie as Norteña in die noorde van Meksiko. In die 1920's is die oorspronklik Kubaanse dansstyle Bolero en Danzon verder ontwikkel tot onafhanklike vorme. Agustin Lara, ’n skepper van die Meksikaanse bolero, het ook die klankbaan vir die eerste Meksikaanse klankfilm "Santa" (1932) gekomponeer. Wêreldbekende volksliedjies sluit in:Bésame mucho (Bolero),Cielito lindo (Ranchera),El Rey (Ranchera),Granada (Bolero),La Bamba (Volkslied),La Cucaracha (Corrido),Las mañanitas (Volkslied),México Lindo y Querido (Ranchera),Solamente una vez (Bolero) enSomos Novios (Bolero).

’n Musiekgroep wat die verskillende style van tradisionele musiek speel, word Mariachi genoem. Die Mariachi-musiek is in 2011 deur Unesco in die verteenwoordigende lys van die mondelinge en ontasbare erfenis van die mensdom opgeneem.

Die vader van die Meksikaanse rockmusiek (rock nacional) is Carlos Santana, wie die Latynse rock in die 1960's geskep het. Ander bekende popmusikante sluit in: Maná, Luis Miguel, Alejandro Fernandez, Thalia, Marco Antonio Solis, Pepe Aguilar, Paulina Rubio, Angelica Maria, Alejandra Guzmán, Gloria Trevi en Cristian Castro.

In klassieke musiek is die eerste Meksikaanse opera,La Partenope, gekomponeer deur Manuel de Sumaya, in 1711 vir die eerste keer opgevoer. In die 19de eeu was die wals gewild en Meksikaanse komponiste (Ernesto Elorduy, Juventino Vázquez, Felipe Villanueva) het ’n onafhanklike Meksikaanse vorm geskep. Die Meksikaanse simfonieorkesOrquesta Sinfónica Mexicana is in 1928 deur Carlos Chávez gestig. Een van die internasionaal-bekendste tenore van die huidige tydperk is Rolando Villazón.

Kookkuns

[wysig |wysig bron]
Tacos met carnitas-vulling
Sjokolade is ’n oorspronlik Meksikaanse drank en was ’n belangrike deel in die Asteekse kookkuns

Die Meksikaanse kookkuns word gekenmerk deur ’n sintese van die Asteekse en Spaans-koloniale, en in die suide ook deur die Majatradisies. Plaaslik is daar groot verskille tussen die kus en die sentrale hoogland, die brandrissie-liewende suide en die beesvleis-georiënteerde noorde.

Die belangrikste maaltyd van die dag is middagete, dienooreenkomstig is die middagete-pouse lank binne ’n gewone werksdag. Die aandete is dan slegs ’n klein happie soos vrugte, tacos of iets soortgelyks. In ’n warm, tropiese land met ’n welige plantegroei speel vars vrugte en sekere groente ’n dominante rol.

Tipies vir Meksiko, hoort tortillas by elke maaltyd. Gewoonlik is rissies of rissiesouse ook op die tafel, waarvan die skerpheid baie kan verskil. Die skerpste rissie is die Chili Habanero, ’n meestal groen, ongeveer drie duim groot verteenwoordiger van diegenus. Baie ligter is die Chili Jalapeño, wat in tradisionele restaurante by die maaltyd gevoeg word.

Nog ’n gewilde gereg in Meksiko is die sogenaamde churros. Dit is lang, diepgebraaide deegstukkies wat tradisioneel bedien word met suiker of sjokolade.

Drinkwater word gewoonlik in bottels of blikkies verkoop omdat kraanwater dikwels nie drinkbaar is nie. Horchata word graag gedrink en is deur die Spanjaarde ingevoer. Dit is ’n soet rys/kaneel-drank wat verkoel bedien word. Die gewone alkoholiese drankies isbier, tequila, mezcal en pulque.

Meksikaanse kos geniet sedert die afgelope dekades ’n toenemende gewildheid en sommige geregte is, soortgelyk aan die Italiaanse kookkuns, internasionaal bekend.

Sport

[wysig |wysig bron]
Die Bofbal-stadion in Monterrey, tuisveld van die Monterrey Sultans
Kenteken van dieOlimpiese Somerspele 1968
Die Estadio Azteca is die sesde grootste stadion en derde grootste sokkerstadion ter wêreld
Wedstryd tussen Meksiko enSuid-Afrika tydens dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
Nigel Mansell het in 1987 en 1992 dieMeksikaanse Grand Prix op dieAutódromo Hermanos Rodríguez in Meksikostad gewen

Meksiko se nasionale sport isCharrería[82] en dit is veral in die noorde van dié land gewild. Dié sport is gebaseer op die aktiwiteite vanCharro en bestaan uit verskeie puntwedstryde, soortgelyk aan Rodeo. Nog ’n tradisionele sportsoort, wat deur die Spanjaarde in Meksiko gevestig is, is die stiergeveg. Ander gewilde sportsoorte in Meksiko sluit insokker,boks,bofbal enbasketbal. Die Meksikaanse stoeiskou, wat bekend staan asLucha Libre, is ook uniek.

Sokker is die gewildste sportsoort in Meksiko en is op klubvlak in ’n nasionale ligastelsel georganiseer. Die topsokkerliga is diePrimera División, wat in 1943 gestig is. Tans ding 18 spanne mee, die kampioen word in ’n uitspeelwedstrydstelsel van agt spanne bepaal. Die suksesvolste spanne isClub América uit Meksikostad met 13 ligatitels, gevolg deur Club Deportivo Guadalajara uit Guadalajara met twaalf titels en Deportivo Toluca FC met tien titels.[83] Meksiko het as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 opgetree, en albei eindstryde is op die Estadio Azteca, tans die derde grootste sokkerstadion ter wêreld, beslis.[84] Die Meksikaanse nasionale sokkerspan het aan 17 uit die 22 moontlike Wêreldbekertoernooie deelgeneem, en is saam met Argentinië en Brasilië, een van die beste nasionale spanne in die Amerikas. Meksiko het ook dieFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 aangebied én gewen. Daarbenewens het hulle dieCONCACAF se goue beker al nege keer gewen. Die Suid-AmerikaanseCONMEBOL het Meksiko vir tien Copas América uitgenooi en hulle het twee keer as naaswenner geëindig (in 1993 in 2001). Internasionaalbekende sokkerspelers sluit inHugo Sanchez,Rafael Marquez,Ricardo Osorio enPavel Pardo. In 2018 is Meksiko deur FIFA saam met Kanada en die Verenigde State as gashere vir dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 aangewys; dit sal die vierde toernooi in Noord-Amerika wees en die derde vir Meksiko.[85] Vir die eerste keer mag 48 spanne aan ’nSokker-Wêreldbekertoernooi deelneem en altesaam 80 wedstryde beslis.[86]

Bofbal in Meksiko het in die 1940's gevestig. Die topbofballiga is dieLiga Mexicana de Béisbol, wat in 1925 gestig is en die hoogste klassifikasie vir die Major League Baseball het, en dit word beskou as een van die beste ligas ter wêreld. Tans neem 18 spanne daaraan deel, die kampioenspan is Leones de Yucatán uit Mérida. Sowat 100 spelers het daarin geslaag om in die Amerikaanse-Kanadese Major League Baseball te speel, waaronder Fernando Valenzuela, Vinny Castilla en Aurelio Rodríguez. Die nasionale span het vier silwermedaljes by die bofbalwêreldbeker en vier bronsmedaljes by die Pan-Amerikaanse Spele gewen.

Die topbasketballiga in Meksiko is dieLiga Nacional de Baloncesto Profesional, wat in 2000 gestig is en tans uit 14 spanne bestaan. Boks is nog ’n gewilde en suksesvolle sport en Meksikaanse boksers het al wêreldkampioenskappe en Olimpiese medaljes gewen. Daar bestaan tradisioneel ’n besonderse wedywering met boksers uitPuerto Rico.[87]

Vanaf 1962 tot 1970 en vanaf 1986 tot 1992 het dieFormule EenMeksikaanse Grand Prix in Meksikostad plaasgevind; van 2015 tot 2019 en weer sedert 2021 word die Grand Prix op dieAutódromo Hermanos Rodríguez beslis.[88] As gevolg van sy sukses is die gholfspeler Lorena Ochoa, wat sedert 2007 die LPGA Tour lei, baie gewild.[89]

Meksiko het dieOlimpiese Somerspele 1968 in Meksikostad aangebied, die eerste Latyns-Amerikaanse gasheerland, en dieOlimpiese Somerspele is eers weer in2016 inRio de Janeiro gehou.[90] 112 Lande het in Meksikostad deelgeneem met ’n totaal van 5 516 atlete en 172 kompetisies in 20 sportsoorte. Die wêreldrekord in die verspring deur Bob Beamon en die Fosbury-flop in die hoogspring was uitstaande tydens hierdie spele. Meksikaanse atlete het tot op hede 69 medaljes by Olimpiese Spele gewen, waarmee Meksiko die 43ste plek in die alle-tye lys van medaljes beklee. Die medaljes is in ’n verskeidenheid van sportsoorte soosruitersport,sierduik,swem, boks,polo enskerm gewen.

Bekende Meksikane

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (es)"Politieke Grondwet van die Verenigde Meksikaanse State, titel 2, artikel 40"(PDF). MX Q: SCJN.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2011. Besoek op14 Augustus 2010.
  2. (en)Rafaela Castro (2000).Chicano Folklore: A Guide to the Folktales, Traditions, Rituals and Religious Practices of Mexican Americans. Oxford University Press. p. 83.ISBN 978-0-19-514639-4. Besoek op1 Desember 2018.
  3. 123(en)"Mexico".Central Intelligence Agency. Besoek op3 Oktober 2024.
  4. (en)"Surface water and surface water change".OESO. Besoek op3 Oktober 2024.
  5. (es)"Censo Población y Vivienda 2020". INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]. Besoek op26 Januarie 2021.
  6. 1234(en)"Mexico".Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op3 Oktober 2024.
  7. (en)"Human Development Report 2023/2024"(PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op3 Oktober 2024.
  8. (en)"Gini Index – Mexico".Wêreldbank. Besoek op3 Oktober 2023.
  9. (es)"Catálogo de las lenguas indígenas nacionales: Variantes lingüísticas de México con sus autodenominaciones y referencias geoestadísticas". Inali.gob.mx. Besoek op1 Desember 2018.
  10. (es)"Acerca de México". Washington, D.C.: Embajada de Mexico en Estados Unidos (Meksikaanse Ambassade in die Verenigde State), Ministerio de Relaciones Exteriores (Ministerie van Buitelandse Betrekkinge). Besoek op21 Julie 2016.[dooie skakel]
  11. (es)"Constitución Política de los Estados Unidos Mexicanos (Politiese Grondwet van die Verenigde Meksikaanse State)"(PDF). MX: Regering van Meksiko. 27 April 2010.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2018. Besoek op1 Desember 2018.
  12. (en)William Bright (2004).Native American Placenames of the United States. University of Oklahoma Press. p. 281.ISBN 978-0-8061-3598-4. Besoek op1 Desember 2018.
  13. (es)"Constitución federal de los Estados Unidos mexicanos (1824)". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 12 November 2015. Besoek op21 Julie 2016.
  14. (es)"Leyes Constitucionales de 1836". Cervantes Virtual. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 14 Januarie 2016. Besoek op21 Julie 2016.
  15. (es)"Constitución Federal de los Estados Unidos Mexicanos (1857)"(PDF). Besoek op8 Januarie 2016.[dooie skakel]
  16. (es)"Constitución Política de los Estados Unidos Mexicanos (1917)"(PDF). Besoek op8 Januarie 2016.[dooie skakel]
  17. (en)"Member States of the United Nations".Verenigde Nasies.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  18. (en)"List of Members".Internasionale Monetêre Fonds. 13 Junie 2012.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  19. (en)"Member Countries".Wêreldbank.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  20. (en)"Multilateral Treaties – Mexico".Organisasie van Amerikaanse Lande.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op1 Desember 2018.
  21. (en)"Member Economies".APEC. Besoek op1 Desember 2018.
  22. (en)"Towards a history of events in Chiapas". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 26 Januarie 2011. Besoek op21 Julie 2016.
  23. (en)"Members and Observers".Wêreldhandelsorganisasie.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  24. (en)Grillo, Ioan (11 Desember 2006)."Mexico cracks down on violence".Seattle Post-Intelligencer. Associated Press.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op21 Julie 2016.
  25. (es)"Quinto año de gobierno: 60 mil 420 ejecuciones". Semanario Zeta. 12 Desember 2011. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 16 November 2016. Besoek op8 Januarie 2016.
  26. (en)"American citizen in Mexican custody on arms-trafficking".CNN. 6 September 2011. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 1 Julie 2012. Besoek op6 September 2011.
  27. (en)"Study: U.S. lacks strategy to fight arms smuggling into Mexico".CNN. 6 Maart 2012. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 6 Maart 2012. Besoek op7 November 2010.
  28. (en)"World Cup 2026: Canada, US & Mexico joint bid wins right to host tournament".BBC. 13 Junie 2018.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op1 Desember 2018.
  29. (es)"Instituto Nacional de Estadística Geografia e Informática". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 28 Januarie 2007. Besoek op8 Januarie 2016.
  30. (de)Knox, Paul L.; Marston, Sallie A. (2001).Humangeographie. Berlyn: Spektrum Akademischer Verlag. p. 127.ISBN 3-8274-1109-2.
  31. (en)"Población total de los municipios a mitad de año, 2005–2030". Besoek op8 Januarie 2016.[dooie skakel]
  32. (de)Stüwe, Klaus; Rinke, Stefan (2008).Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften. p. 392.ISBN 978-3-531-14252-4.
  33. (de)Stüwe, Klaus; Rinke, Stefan (2008).Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften. p. 394.ISBN 978-3-531-14252-4.
  34. (de)Stüwe, Klaus; Rinke, Stefan (2008).Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften. p. 395.ISBN 978-3-531-14252-4.
  35. (de)Stüwe, Klaus; Rinke, Stefan (2008).Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften. p. 396.ISBN 978-3-531-14252-4.
  36. 12(es)"Artikel 89, Seksie 10"(PDF).Politieke Grondwet van die Verenigde State van Meksiko. Kamer van Afgevaardigdes. 5 Februarie 1917. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 25 Augustus 2007. Besoek op28 Maart 2009.
  37. (es)"Artikel 2, Seksie".Interne Reëls van die Ministerie van Buitelandse Sake. Ministerie van Buitelandse Sake. 10 Augustus 2001.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2010. Besoek op28 Maart 2009.
  38. (de)Stüwe, Klaus; Rinke, Stefan (2008).Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften. p. 410.ISBN 978-3-531-14252-4.
  39. (es)Palacios Treviño, Jorge."La Doctrina Estrada y el Principio de la No-Intervención"(PDF). Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 16 Junie 2016. Besoek op4 April 2009.
  40. (es)"Members". Organisasie van Ibero-Amerikaanse Lande.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  41. (es)"Estados Miembros del OPANAL". OPANAL. Besoek op1 Desember 2018.
  42. (es)"El Presidente Felipe Calderón Hinojosa en la Ceremonia de Entrega de la Secretaría Pro Témpore del Grupo de Río". Ministerie van Buitelandse Sake. 7 Maart 2007. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 23 Augustus 2009. Besoek op6 April 2009.
  43. (en)"Regular Budget Payments".Global Policy. Verenigde Nasies. 2008.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  44. (en)"Chile signs up as first OECD member in South America".OESO. 11 Januarie 2010.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  45. (en)"Japan's Regional Diplomacy, Latin America and the Caribbean"(PDF). Ministry of Foreign Affairs of Japan.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  46. (en)"Latin America: Region is losing ground to competitors". Oxford Analytica.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2007. Besoek op4 April 2009.
  47. (en)Maggie Farley (22 Julie 2005)."Mexico, Canada Introduce Third Plan to Expand Security Council".Los Angeles Times. Besoek op21 Julie 2016.
  48. (en)"Bilateral Trade". Embassy of the U.S. in Mexico. 2006. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 27 Augustus 2009. Besoek op28 Maart 2009.
  49. (en)Kim Richard Nossal (29 Junie – 2 Julie 1999)."Lonely Superpower or Unapologetic Hyperpower? Analyzing American Power in the Post-Cold War Era". Queen's University.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  50. (en)Renata Keller (2009)."Capitalizing on Castro: Mexico's Foreign Relations with Cuba, 1959–1969"(PDF). Latin American Network Information Center. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 22 Januarie 2012. Besoek op28 Maart 2009.
  51. (en)Salaverry, Jorge (11 Maart 1988)."Evolution of Mexican Foreign Policy". The Heritage Foundation.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019. Besoek op1 Desember 2018.
  52. (en)"El Salvador in the 1980s". Historical Text Archive.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2007. Besoek op28 Maart 2009.
  53. (es)"Se hará política exterior de Estado: Patricia Espinosa".Dirección General de Coordinación Política. Senate of the Republic. 2 Desember 2008. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 13 Mei 2011. Besoek op29 Maart 2009.
  54. (es)"Indicadores de ocupación y empleo". INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]. 19 Januarie 2012.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2019. Besoek op8 Januarie 2016.
  55. (en)"Country and Lending Groups".Wêreldbank.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.Uppermiddle Income defined as a per capita income between $3,976 – $12,275
  56. (en)"G8: Despite Differences, Mexico Comfortable as Emerging Power". ipsnews.net. 5 Junie 2007.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2018. Besoek op1 Desember 2018.
  57. (en)"Mexico 2050: The World´s Fifth Largest Economy". The Catalist. 17 Maart 2010.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  58. (en)"World in 2050"(PDF). PricewaterhouseCoopers. Januarie 2013. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 10 Desember 2014. Besoek op8 Januarie 2016.
  59. (en)"UNWTO Archive| World Tourism Organization UNWTO"(PDF). Unwto.org. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 2 Oktober 2018. Besoek op1 Desember 2018.
  60. (es)"Turismo de internación 2001–2005, Visitantes internacionales hacia México". Secretaría de Turismo (SECTUR). 2006.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2008. Besoek op8 Januarie 2016. bl. 5
  61. (en)"World Heritage Sites in Mexico". Worldheritagesite.org.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2019. Besoek op1 Desember 2018.
  62. (en)"Properties inscribed on the World Heritage List (34)".Unesco.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  63. (en)"Mexico's World Heritage Sites Photographic Exhibition at UN Headquarters".Unesco.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  64. (en)"Toerisme"(PDF). Wêreldtoerismeorganisasie. Junie 2011. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 13 Januarie 2012. Besoek op13 Januarie 2012.
  65. (es)"Censo de Población y Vivienda 2010". INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]. Besoek op1 Desember 2018.
  66. (es)"Comisión Nacional para el Desarrollo de los Pueblos Indígenas. México". Cdi.gob.mx.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op8 Januarie 2016.
  67. (es)INALI [Instituto Nacional de Lenguas Indígenas] (14 Januarie 2008)."Catálogo de las lenguas indígenas nacionales: Variantes lingüísticas de México con sus autodenominaciones y referencias geoestadísticas"(PDF).Diario Oficial de la Federación.652 (9). Meksikostad: Regering van Meksiko, Ministerie van Binnelandse Sake: 22–78 (eerste afdeling), 1–96 (tweede afdeling), 1–112 (derde afdeling).OCLC 46461036. Besoek op1 Desember 2018.
  68. (en)"Spanish Language History". Today Translations.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2018. Besoek op1 Desember 2018.
  69. (es)"Título Primero, Capítulo I, De las garantías individuales"(PDF).Constitución Política de los Estados Unidos Mexicanos. Kongres van die Unie van die Verenigde Meksikaanse State. 19 Junie 2007.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2013. Besoek op21 Julie 2016.
  70. (es)Perfil sociodemográfica de la populación hablante de náhuatl(PDF). XII Censo General de Población y Vivienda 2000 (Publicación única uitg.). Aguascalientes, Mex.: INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]. 2005.ISBN 970-13-4491-X. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 2 Oktober 2008. Besoek op2 Oktober 2008.
  71. (es)"Catalogo de las lenguas indígenas nacionales: Variantes lingüísticas de México con sus autodenominaciones y referencias geoestadísticas". Instituto Nacional de Lenguas Indígenas. 16 November 2007.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2007. Besoek op8 Januarie 2016.
  72. 123(es)"Censo de Población y Vivienda 2010 – Cuestionario básico". INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]. Besoek op21 Julie 2016.
  73. (en)"The Largest Catholic Communities".Adherents.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  74. (en)"Church attendance".Study of worldwide rates of religiosity. University of Michigan. 1997. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 25 Oktober 2011. Besoek op3 Januarie 2007.
  75. (en)"Our Lady of Guadalupe". Catholic Online.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  76. (es)Vasconcelos, José (1997).La Raza Cósmica ("Die Kosmiese Wedren"). Didier T. Jaén (vertaler). The Johns Hopkins University Press. p. 160.ISBN 0-8018-5655-8.
  77. (de)Kruip, Gerhard (1996). "Kirche und Gesellschaft im Prozeß ethisch historischer Selbstverständigung. Die mexikanische Kontroverse um die ‚Entdeckung Amerikas'".Schriften des Instituts für Christliche Sozialwissenschaften der Westfälischen Wilhelms Universität Münster 34. Münster: Lit Verlag: 325.
  78. (de)Koloniale Kunst aus Lateinamerika – Prozesse gegenseitiger Aneignung. Berlin: Staatliche Mussen zu Berlin Ethnologisches Museum. p. 15.ISBN 3-88609-510-X.
  79. (de)Koloniale Kunst aus Lateinamerika – Prozesse gegenseitiger Aneignung. Berlin: Staatliche Mussen zu Berlin Ethnologisches Museum. p. 46.ISBN 3-88609-510-X.
  80. (de)Koloniale Kunst aus Lateinamerika – Prozesse gegenseitiger Aneignung. Berlin: Staatliche Mussen zu Berlin Ethnologisches Museum. pp. 47–49.ISBN 3-88609-510-X.
  81. (de)Koloniale Kunst aus Lateinamerika – Prozesse gegenseitiger Aneignung. Berlin: Staatliche Mussen zu Berlin Ethnologisches Museum. p. 54.ISBN 3-88609-510-X.
  82. (es)"La Charrería "Nuestro Deporte Nacional"". Mexican Department of Tourism. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 18 Desember 2013. Besoek op14 Julie 2008.El año de 1933 fue muy importante, ya que el general Abelardo L. Rodríguez, emite un decreto presidencial, dando a la Charrería el título de único Deporte Nacional.
  83. (en)"Mexico – List of Champions". Rec.Sports.Soccer Statistics Foundation.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  84. (en)"About CONCACAF". The Confederation of North, Central American and Caribbean Association Football (CONCACAF). Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 April 2008. Besoek op1 Desember 2018.
  85. (en)"World Cup 2026: United States, Canada and Mexico Win FIFA Vote".The New York Times. 13 Junie 2018.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op1 Desember 2018.
  86. (es)"U.S., Mexico and Canada officially launch bid to co-host 2026 World Cup". ESPN. 10 April 2017.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2018. Besoek op1 Desember 2018.
  87. (en)Kevin Baxter (15 Julie 2008)."This rivalry packs real punch – When boxers from Mexico and Puerto Rico face each other, winning for their homeland is key". LA Times. Besoek op21 Julie 2016.
  88. (en)"Five-year Mexican Grand Prix deal signed – report". 22 Julie 2014. Besoek op1 Desember 2018.
  89. (en)"LPGA Rolex Women's World Golf Rankings"(PDF). 1 Oktober 2007. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 16 Oktober 2011. Besoek op7 Oktober 2007.
  90. (en)"2016 Binational Olympics". San Diego Metropolitan. Desember 2003.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op7 Oktober 2007.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Geskiedenis

  • (en)Enrique Krauze (1998).Mexico: Biography of Power: A history of Modern Mexico 1810–1996. New York: Harper Perennial. p. 896.ISBN 0-06-092917-0.
  • (en)Michael C. Meyer; William H. Beezley (2000).The Oxford History of Mexico. Oxford University Press. p. 736.ISBN 0-19-511228-8.
  • (en)Henry Bamford Parkes (1972).A History of Mexico (3de uitg.). Boston: Houghton Mifflin.ISBN 0-395-08410-5.
  • (en)William H. Prescott (2009).History of the Conquest of Mexico. Londen/New York: Continuum.ISBN 978-1-4411-4699-1.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metMeksiko.
Stille OseaanVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Hawaii HawaiiStille OseaanGolf van MeksikoVlag van Kuba Kuba
  Vlag van Meksiko Meksiko   
Vlag van FrankrykClippertonStille OseaanStille OseaanKaribiese SeeVlag van Belize BelizeVlag van Guatemala Guatemala
Lande en gebiede inNoord-Amerika
Onafhanklike lande
Afhanklike gebiede
Frankryk
Koninkryk van Denemarke
Koninkryk van die Nederlande
Nederland
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Lande van
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Meksiko&oldid=2860475"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp