’nMegaliet is ’n grootklip wat gebruik is om ’n struktuur ofmonument te maak, óf as ’n alleenstaande klip óf saam met ander klippe. Die woordmegalities word gebruik in verband met strukture wat met groot klippe gebou is sonder die gebruik vansement ofmesselklei; dit dateer gewoonlik uit dievoorgeskiedenis. Vir latere tydperke word die woord "monoliet", wat ’n oorvleuelende betekenis het, gewoonlik gebruik.
Die woord "megaliet" kom uit die antiekeGriekse μέγας (mégas, "groot") en λίθος (líthos, "klip"). Megaliet dui ook op een of meer klippe wat vir ’n spesiale doel in spesifieke vorms gekap is.[1] Dit is al gebruik om geboue te beskryf wat deur mense uit baie tydperke en in baie wêrelddele gebou is. Die term is in 1849 die eerste keer in terme vanStonehenge gebruik deur dieEngelse oudheidkundige Algernon Herbert.[2]
’n Groot verskeidenheid groot klippe word as megaliete beskou, waarvan die bekendstes nie graftombes is nie.[3] Dié konstruksies is hoofsaaklik in dieNeolitiese tydperk gebou (hoewel vroeëreMesolitiese voorbeelde bekend is) sowel as daarna, tot in die Koper- enBronstydperk.[4]
↑Price, T. Douglas; Feinman, Gary M. (2005)."Glossary".Images of the Past (4de studente-uitg. uitg.). McGraw-Hill Higher Education. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 30 September 2017. Besoek op28 Julie 2018.{{cite book}}:|archive-date= /|archive-url= timestamp mismatch (hulp)
↑Herbert, A.Cyclops Christianus, or the supposed Antiquity of Stonehenge. Londen, J. Petheram, 1849.
↑"Glossary of Cemetery Terms".Rochester's History: An Illustrated Timeline (in Engels). n.d. Definition ofmegalith.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2019. Besoek op28 Julie 2018.