Vissers aan die See van Galilea, 1900Die Meer van Tiberias
DieMeer van Tiberias (Hebreeus: יָם כִּנֶּרֶת,Arabies: بحيرة طبريا), algemeen bekend as dieSee van Galilea, is 'nmeer inGalilea,Israel. Die meer is naTiberias, die grootste stad aan die meer vernoem. Dit het 'n oppervlakte van 165 km² en 'n maksimum diepte van 46 meter. Die watervlak is 209 meters onderseevlak, wat dit die laagste varswatermeer en tweede laagste meer ter wêreld maak.
Die meer is die belangrikstereservoir van soetwater in Israel. Dit word vanuit Noord-Israel en Suid-Libanon gevoed. DieJordaanrivier vloei van noord na suid deur die meer, waarna die water na dieDooie See, die laagste meer in die wêreld vloei.
Boottogte kan oor die meer onderneem word, met 'n mooi uitsig oor die water en die Golanhoogtes in die agtergrond. Rondom die meer is strande en verskeie trekpleisters vir toeriste.
VanJesus se optredes speel op en om die meer af. Jesus het 'n tyd lank inKapernaüm aan die meer gewoon. 'n Aantal bekende Bybelverhale, soos diewonderbare spysiging, en Jesus se wandeling op water, speel hier af.