Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Meer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Meer inBariloche (Argentinië).
Finland, "die Land van die Duisend Mere".[1]
'n Meer in Frankryk.
Oeschinen-meer in die Alpe.

'nMeer is 'n groot liggaam of reservoir vanwater wat deur 'n landmassa omring word (groter as 'n poel). Mere is nie aan enigeoseaane verbind nie, en word sodoende vanseë onderskei. Sekere mere is so groot dat daar vroeër verkeerdelik na hulle as seë verwys is. Mere vloei nie soosriviere nie, maar riviere vloei algemeen in en uit mere.

Meeste mere op dieaarde bevat varswater en meeste hiervan is in dieNoordelike halfrond. Meer as 60% van die mere op aarde is inKanada geleë.Finland is eweneens bekend as:Die Land van die Duisend Mere (daar is 187 888 mere in Finland, waarvan 60 000 groot is).[2][1]

Sommige mere soos dieGariepdam ("Lake !Gariep") en dieCahora Bassa-dam is mensgemaak en is gebou vir die opwekking vanhidroëlektrisiteit, vir ontspanning, of vir die voorsiening van water aanindustrieë, plase en huise.

Mere verloor water deur riviere wat daaruit vloei, dieverdamping van water of insypeling in die aardkors. As water vinnig verdamp en die omliggende grond hoë konsentrasiessout bevat, soos in droë plekke, ontstaan soutmere. Voorbeelde hiervan is dieDooie See en dieKaspiese See (hoewel die woord "see" in die name voorkom, is hierdie mere en nie seë nie).

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bibliografie

[wysig |wysig bron]
  • Hely-Hutchinson, John: Our astonishing lakes. In: Conserva. Departement van Omgewingsake. Februarie 1988, deel 3, nr. 1. ISSN 0258-3313

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1Li, Leslie (16 April 1989)."A Land of a Thousand Lakes".The New York Times (in Engels). Besoek op29 Desember 2021.
  2. Statistieke van Finland
Wikimedia Commons bevat media in verband metLakes.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Meer&oldid=2765960"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp