Die meeldrade vanHippeastrum met hul wit helmdrade en prominente helmknoppe, wat die stuifmeel dra.
Meeldrade is die voortplantingsorgane van ’nblom wat diestuifmeel vervaardig.
’n Meeldraad bestaan gewoonlik uit ’n stingel, wat diehelmdraad genoem word, en ’nhelmknop, wat die mikrosporangia bevat. Die meeste helmknoppe het twee lobbe en is óf onder óf in die middel aan die helmdraad geheg. Die steriele deel tussen die lobbe word diehelmbindsel genoem. ’n Stuifmeelkorrel ontwikkel uit ’nmikrospoor in die mikrosporangium en bevat die manlikegamete.
Die meeldrade van ’n blom word saam diemeeldraadkrans genoem. Dit kan ’n verskeidenheid vorms hê na gelang van dieplantspesie – van hulle kan baie kompleks wees.[1][2][3][4] Die meeldraadkrans omring dieginesium van die blom en word op sy beurt omring deur dieblomkelk, as daar een is.
Na gelang van die plantspesie kan party of al die meeldrade in ’n blom aan diekroonblare of aan die blomas vas wees. Hulle kan ook vrystandig wees of op verskillende maniere aan mekaar vergroei wees. Die helmdrade kan vergroei wees en die helmknoppe vry, of die helmknoppe vergroei en die helmdrade vry. In plaas daarvan dat daar twee stuifmeelsakkies is, kan een van die sakkies van ’n meeldraad onontwikkel wees, of die twee sakkies kan later vergroei om een stuifmeelsakkie te vorm.[5]
’n Tipiese helmknop bevat vier mikrosporangia. Dié vorm stuifmeelsakkies in die helmknop. Elke mikrosporangium is uitgevoer met ’n laag voedingsweefsel bekend as die tapetum en bevat aanvaklik diploïede moederselle. Dié ondergaanmeiose om enkelkernige spore te vorm. Die spore is óf aanmekaar vas óf ná meiose geskei. Elke mikrospoor verdeel dan deurmitose om onvolgroeide mikrogametofiete te vorm, wat stuifmeelkorrels genoem word.
Die stuifmeel word eindelik vrygestel wanneer die helmknop oopbars. Die stuifmeel word deurwind,water,insekte,voëls of anderdiere versprei.
Die stuifmeel vanbedeksadige plante moet na die stempel van ’n soortgelyke blom oorgedra word sodatbestuiwing kan plaasvind. Daarna voltooi die stuifmeelkorrel (onvolgroeide mikrogametofiet) gewoonlik sy ontwikkeling. Dit kan ’n stuifmeelbuis ontwikkel en mitose ondergaan om twee spermkerns te vervaardig.
↑Sattler, R. 1973.Organogenesis of Flowers. A Photographic Text-Atlas. University of Toronto Press.ISBN 0-8020-1864-5.
↑Sattler, R. 1988. A dynamic multidimensional approach to floral morphology. In: Leins, P., Tucker, S.C. en Endress, P. (red.)Aspects of Floral Development. J. Cramer, Berlin, pp. 1-6.ISBN 3-443-50011-0
↑Greyson, R. I. 1994.The Development of Flowers. Oxford University Press.ISBN 0-19-506688-X.
↑Leins, P. en Erbar, C. 2010.Flower and Fruit. Schweizerbart Science Publishers, Stuttgart.ISBN 978-3-510-65261-7.