Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Mbombela-stadion

Koördinate:25°27′40″S30°55′44″O / 25.461°S 30.929°O /-25.461; 30.929
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mbombela-stadion
Die Mbombela-stadion

LiggingNelspruit,Suid-Afrika
Koördinate25°27′40″S30°55′44″O / 25.461°S 30.929°O /-25.461; 30.929
EienaarMbombela-munisipaliteit
Kapasiteit43 589[1]
OppervlakGras
Konstruksie
Eerste sooi gespitFebruarie 2007
GeopenOktober 2009
BoukosteR1.05 miljard
(USD$ 140 miljoen)
ArgitekR&L Argitekte
Huurders
'n Sokkerwedstryd tussen Italië en Nieu-Seeland, 2010 FIFA Wêreldbeker.

Mbombela-stadion is 'n 43 500-sitplekstadion en was een van die tien stadions wat tydens dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 vir wedstryde gebruik is.[2] Dit is ses kilometers wes vanNelspruit inMpumalanga,Suid-Afrika geleë.

Die stadion is na die stad vernoem, wie se amptelike naam deur die Suid-Afrikaanse regering in Oktober 2009 in Mbombela verander is.[3] Maar FIFA se 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi-webwerf het na die stad as Nelspruit verwys.

Die stadion is die middelpunt van 'n voorgestelde wyer sportsgebied metatletiek enkrieket sowel as ander sportsoorte.

Die R1 050 miljoen se sportfasiliteite was gereed vir gebruik voor begin van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Junie 2010. Die stadion is moontlik gemaak deur befondsing van belastingbetalers.

Rugby by die Stadion

[wysig |wysig bron]

DiePumas is die vernaamste rugbyhuurders. Hulle speel al hulCurriebeker-wedstryde by die stadion, terwyl die meesteVodacombeker- wedstryde by die Puma-stadion gespeel word.

Die stadion het sy eerste rugbywedstryd op 27 Augustus 2010 gehou. Die Pumas was gasheer vir dieBlou Bulle in 'n 2010 Curriebeker-wedstryd. Pumas het met 22–21 gewen, terwyl hulle rustyd 10–11 agter was.

Die Pumas het weer van die stadion gebruik gemaak toe hulle dieWestelike Provinsie op 17 September 2010 ontvang het. Die Westelike Provinsie het die wedstryd met 62–10 gewen.

Die land se nasionale span, dieSpringbokke, het op 15 Junie 2013 hul eerste wedstryd in die stadion teenSkotland gespeel.

Suid-Afrika hetWallis op 21 Junie 2014 by die stadion in die tweede toets van Wallis se 2014 Suid-Afrikaanse toer ontvang. Die Springbokke het die wedstryd 31–30 gewen.

Die Bokke het op 20 Augustus 2016 in die stadion teenArgentinië te staan ​​gekom. Die Springbokke het met 30-23 gewen.

Die eerste keer dat dieAll Blacks teen die Bokke in die Mbombela-stadion sou speel, was vir 26 September 2020 geskeduleer, maar die wedstryd is weens dieCOVID-19-pandemie gekanselleer. Die herskeduleerde wedstryd het op 6 Augustus 2022 plaasgevind, met Suid-Afrika wat 26-10 gewen het.

Wedstryde

[wysig |wysig bron]

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

[wysig |wysig bron]
Hoofartikel:FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
16 Junie 201013:30Vlag van Honduras Honduras0–1Vlag van Chili ChiliGroep H32 664
20 Junie 201016:00Vlag van Italië Italië1–1Vlag van Nieu-Seeland Nieu-SeelandGroep F38 229
23 Junie 201020:30Vlag van Australië Australië2–1Vlag van Serwië SerwiëGroep D37 836
25 Junie 201016:00Vlag van Noord-Korea Noord-Korea0–3Vlag van Ivoorkus IvoorkusGroep G34 763

Afrikanasiesbeker 2013

[wysig |wysig bron]
Hoofartikel:Afrikanasiesbeker 2013.
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
21 Januarie 201317:00Vlag van Zambië Zambië1–1Vlag van Ethiopië EthiopiëGroep C15 500
21 Januarie 201320:00Vlag van Nigerië Nigerië1–1Vlag van Burkina Faso Burkina FasoGroep C13 500
25 Januarie 201317:00Vlag van Zambië Zambië1–1Vlag van Nigerië NigeriëGroep C25 000
25 Januarie 201320:00Vlag van Burkina Faso Burkina Faso4–0Vlag van Ethiopië EthiopiëGroep C35 000
29 Januarie 201319:00Vlag van Zambië Zambië0–0Vlag van Burkina Faso Burkina FasoGroep C8 000
30 Januarie 201318:30Vlag van Togo Togo1–1Vlag van Tunisië TunisiëGroep D7 500
3 Februarie 201318:30Vlag van Burkina Faso Burkina Faso1–0 (e.t.)Vlag van Togo TogoKwarteindronde27 000
6 Februarie 201318:30Vlag van Burkina Faso Burkina Faso1–1 (3–2n.S.)Vlag van Ghana GhanaHalfeindronde30 000

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Mbombela-stadion: die stadions vir die 2010 FIFA Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika" (in Engels). FIFA.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op18 Mei 2010.
  2. "FIFA.com – A guide to all the stadiums to be used at the 2010 FIFA World Cup South Africa" (in Engels). FIFA.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2013. Besoek op2 Desember 2011.
  3. "BusinessDay – Mashatile postpones name changes after 'technicality'" (in Engels). BusinessDay.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2012. Besoek op11 Junie 2010.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Kaapstad-stadion (Kaapstad) •Ellispark-stadion (Johannesburg) •Vrystaatstadion (Bloemfontein) •Loftus Versfeld (Pretoria) •
Mbombela-stadion (Nelspruit) •Moses Mabhidastadion (Durban) •Nelson Mandelabaaistadion (Port Elizabeth) •
Peter Mokaba-stadion (Polokwane) •Royal Bafokeng-stadion (Rustenburg) •Sokkerstad (Johannesburg)
(Openingskonsert teOrlandostadion)
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Mbombela-stadion&oldid=2518095"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp