Schell is gebore in Wene en het grootgeword inZürich. Hy het 'n ouer suster, Maria Schell, gehad. Sy het opgang in die rolprentbedryf gemaak in die 1950's, maar daarna agteruitgegaan weens 'n neurologiese steuring. Van 1955 af het hy in rolprente gespeel. Schell het sy rolprentdebuut in 1958 gemaak inThe Young Lions. Vir sy rol in die rolprentJudgment at Nuremberg (1961) het hy 'n Oscar vir die beste akteur gekry.
Schell is oornag oorlede in die Oostenrykse stad Innsbruck ná 'n "skielike en ernstige siekte", aldus sy agent, Patricia Baumbauer.[1]