In2021 is hy as wêreldkampioen gekroon nadat hy 10 wedrenne, twee meer as die heersende kampioen,Lewis Hamilton, gewen het. Hy het in2022 en ook in2023 skoonskip gemaak en is saam met sy span,Red Bull Racing, weer as kampioene gekroon. In2024 is hy vir die vierde jaar as kampioen gekroon, maar Red Bull het hierdie jaar hul voorste plek aanMcLaren afgestaan.
Max Verstappen is op 30 September 1997 in Hasselt, België, gebore.[3] Sy familie het lank 'n skakel met motorsport gehad: sy vader, Jos Verstappen, is 'n Nederlandse voormalige Formule 1-jaer, sy Belgiese moeder, Sophie Kumpen, was aktief en suksesvol in karting en as renjaer en sy kleinneef, Anthony Kumpen, is 'n Belgiese beroepsrenjaer. Verstappen woon sedert Oktober 2015 in Monaco maar sê dat dit nie om belastingredes is nie.[4]
Alhoewel Verstappen 'n Belgiese moeder het, hy gebore is en in België woonagtig was,[2] besluit hy om met 'n Nederlandse renlisensie mee te ding omdat hy "meer Hollands voel", meer tyd saam met sy pa deurgebring het as by sy moeder vanweë sy knortjor-aktiwiteite en was hy altyd omring deur Nederlanders toe hy in Maaseik, 'n Belgiese stad aan die Nederlandse grens, grootgeword het.[5] Verstappen het in 2015 gesê: "Ek het eintlik net in België gewoon om te slaap, maar bedags het ek na Nederland gegaan waar my vriende ook was. Ek is grootgemaak as 'n Nederlander en so voel ek ook".[2]
Verstappen het op vierjarige ouderdom met karting begin. Vanaf die ouderdom van sewe jaar mag hy aan kartingkompetisies deelneem. Op 15 Maart 2015 maak hy sy Formule 1-buiging in dieAustraliese Grand Prix virToro Rosso. Op die ouderdom van 17 jaar en 166 dae word hy die jongste debutant van alle tye in Formule 1. Hy het meer as 'n halwe seisoen aan Formule 1 deelgeneem voordat hy op sy 18de verjaardag sy rybewys verwerf het.[6]
Een seisoen later behaal hy sy eerste podiumplek in 'n Grand Prix op 15 Mei 2016 in diens vanRed Bull Racing en wen dieSpaanse Grand Prix. Hiermee word hy op die ouderdom van 18 jaar en 228 dae die jongste leier in 'n Grand Prix, die jongste bestuurder op die podium en die jongste wenner ooit van 'n Grand Prix.
Hy was ook die eerste Nederlandse wenner in Formule 1 en later die eerste Nederlander wat 'n voorste wegspringplek behaal het. Verstappen is die suksesvolste Nederlandse Formule 1-jaer ooit, nadat hy in 2021 as wêreldkampioen gekroon is.
Vanweë die sukses van Max Verstappen in Formule 1, het die openbare belangstelling in die sport in Nederland geweldig toegeneem. Dit het ook verseker dat Formule 1 sou terugkeer na dieZandvoort-renbaan tydens die2021 Nederlandse Grand Prix.