Diemassagetal (A), ook genoematoommassagetal ofnukleongetal, is die totale getalprotone enneutrone (saam genoemnukleone) in 'natoomkern. Omdat protone en neutrone beidebarione is, is die massagetal (A) identies aan diebariongetal (B) van dieatoomkern ofioon. Die massagetal is verskillend vir elkeisotoop van 'nchemiese element. Dit is egter nie dieselfde as dieatoomgetal (Z) nie, wat eerder die protongetal van die atoomkern weergee, en wat daarom elke element uniek identifiseer. Vandaar die verskil tussen die massagetal en die atoomgetal wat die neutrongetal (N) in 'n spesifieke atoomkern gee:N = A - Z.[1]