Mashhad (Persies: مشهد) is die tweede grootste stad vanIran naas die hoofstadTeheran en het meer as 2,5 miljoen inwoners. Dit is die hoofstad van die provinsieKhorasan, die grootste provinsie van Iran wat in die Noordooste van die land lê.
Mashhad is 'n toerismestad, veral deur die aanwesigheid van die graf vanImam Reza, die agtste imam van diesjiiete. Daar kom jaarliks miljoene besoekers na Mashhad, wat hierdie stad tot een van die belangrikste bestemmings vir pelgrimstogte van die wêreld maak. Mashhad is ook 'n nywerheidsentrum en beskik oor 'n internasionale lughawe en 'nmoltreinnetwerk. Mashhad staan soos vele stede en streke in Iran bekend vir sy mooi tapyte en sy turkoois.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.