Mashona verwys na 'n inheemse Afrikastam wat vermoedelik reeds in die 16de eeu 'n groot deel van die huidigeZimbabwe bewoon het. Van hul oorsprong is egter redelik min bekend. Hulle was 'n vredeliewende volk en bekend vir hul vaardigheid in ysterwerk en in handel. Hulle het in dieriviere nagoud gesoek en het matte vervaardig wat hulle aan ander stamme verkoop het. Omstreeks 1840 is die land deurMatebeles binnegeval, wat die Mashona op 'n groot skaal uitgemoor het en die oorblywendes in die heuwels ingejaag het. Daar het hulle in vestings tussen die kranse gewoon. Die Matabeles het ook slawe van baie van hulle gemaak. Met die koms van die BritsePioneer Column in 1890, is die Mashona sonder veel moeite onderwerp, maar die Matabeles het nog strooptogte op die Britte uitgevoer. In 1895 het die Mashona by die Matebeles aangesluit in die opstand teen die blankes.