Mary Jane Watson | |
![]() | |
Cosplayers as Spider-Man, Gwen Stacy (links) en Mary Jane Watson. | |
Skepping | |
---|---|
Eerste verskyning | Kameeverskyning: The Amazing Spider-Man #25 (Junie 1965) Volle verskyning: The Amazing Spider-Man #42 (Januare 1967) |
Geskep deur | Marvel Comics Stan Lee en John Romita sr. |
Inligting | |
Byname | Mary Jane Watson-Parker MJ Spider-Woman Mrs Spider-Man Red Sonja & Spinneret |
Spesie | Mens |
Geslag | Vroulik |
Getroud met | Spider-Man |
Mary Jane "MJ"Watson is 'n karakter inAmerikaansestrokiesverhale vanMarvel Comics en word verbind met die superheldSpider-Man. Die karakter is deurStan Lee en John Romita sr. geskep en verskyn die eerste keer inThe Amazing Spider-Man #25
(Junie 1965). Sy was later Spider-Man se hoofliefde en sy vrou. Hulle verhouding is sy bekendste een danksy die lang geskiedenis daarvan, en een van die ikoniesste liefdesverhoudings in strokiesverhale.
Sy het 'n kort verskyning inThe Amazing Spider-Man #25 gemaak met 'n plant wat haar gesig verberg, as deel van 'n storielyn van Peter Parker se tante May wat hom aan haar vriendin se oulike niggie wil voorstel, maar die eerste keer dat Mary Jane gesig wys, is in 'n kameeverskyning inThe Amazing Spider-Man #42 (November 1966). Sy is geskep deur die kunstenaar John Romita sr. en haar intrede tot die strokiesverhaal word beskou as een van die ikoniesste in die geskiedenis vanweë die opbou, haar helderrooi hare en skoonheid en haar eerste sêding: "Face it, Tiger... you just hit the jackpot!" Sedertdien is "Tiger" 'n gewilde bynaam van haar vir Peter; dit strek oor talle strokiesboeke en media-aanpassings.
Deur haar aanvanklike verskynings het Mary Jane se karakter gekontrasteer met dié van Peter se aanvanklike toekomstige sielsmaat,Gwen Stacy. Met haar vrolike, uitgaande geaardheid ('n masker vir haar moeilike lewe) was sy anders as Gwen, wat meer soos Peter was. Ná Gwen se dood in "The Night Gwen Stacy Died" het Mary Jane simpatieker geword en was sy eindelik een van die min mense wat Peter se geheime identiteit geken het. Dit het daartoe gelei dat hulle verlief geraak en eindelik getrou het.
Ondanks die feit dat hulle huwelik ongedaan gemaak is in die omstrede storielyn "One More Day" weens die manipulasie vanMephisto, het Mary Jane en Peter goeie vriende gebly en is hulle in 'n aan-af-verhouding. Wat hulle nie weet nie, is dat hulle 'n dogter gaan hê wat Mephisto se eindelike heerskappy oor die aarde gaan beëindig en wat Mephisto uit die werklikheid wil wis.
Sedert haar debuut word Mary Jane Watson beskou as een van Marvel se merkwaardigste niesuperheldinne.[1] In dieSpider-Man-trilogie van 2002 is haar rol vertolk deurKirsten Dunst.