Hierdie ideë en denkbeelde is op drie groot ideologiese strominge van die 19de eeu gestoel: Duitse filosofie (veral diedialektiek vanHegel), klassieke Engelsepolitieke ekonomie en Fransesosialisme in kombinasie met Franse rewolusionêre doktrines. Uit hierdie strominge het Marx en Engels 'n moderne "wetenskaplike sosialisme" gedistilleer.
Volgens Marx se opvatting van die menslike geskiedenis verloop dit in stadia. Die stadia word in die eerste plek deur die gangbare ekonomiese stelsel (dieonderbou) gekenmerk, en in die tweede plek deur opvattings, ideë, kultuur en sulks (diebobou). Verskillende samelewings deurloop die stadia in verskillende tempo's, maar wel in min of meer dieselfde volgorde. In elke stadium veroorsaak die ekonomiese stelsel spanninge tussen die verskillende maatskaplike klasse wat tot klassestryd en uiteindelik totrewolusie lei.
In die tyd van Marx, die 19de eeu, was die gangbare ekonomiese stelsel die industriëlekapitalisme met die klassiekeliberalisme as ideologie. Dit het na dieIndustriële Revolusie ('n ekonomiese verandering) en dieFranse rewolusie ('n ideologiese verandering) ontstaan. Die industriële rewolusie het 'n nuwe klassemaatskap geskep, waar die heersende klasse nie meer dieadel was nie, maar die burgery (bourgeoisie), die ou middelklasse, wat die produksiemiddele (fabrieke) in besit gehad het. Daarteenoor het dieproletariaat, die klasse van besitlose arbeiders, gestaan, wat (by gebrek aan produksiemiddele) gedwing was om hul arbeid te verkoop om aan die lewe te bly, en so deur die burgery uitgebuit is. (Die plek van die boer in hierdie stelsel was jarelang 'n strydpunt binne marxisme, die sogenaamdeAgrarfrage.)
Die teenstellings binne kapitalisme sou hierdie stelsel uiteindelik onvolhoubaar maak. Die uitgebuite arbeidersklasse moes volgens Marx in opstand gekom het teen die kapitaalbesitters. Hierdie opstand sou die einde van kapitalisme en liberale demokrasie inlui, wat plek sou maak vir 'nsosialistiese samelewing. In die sosialistiese periode sou die staat tot 'n diktatuur van die proletariaat omgevorm word, waarin die (politieke) rolle van beide klasse omgedraai sou word. Uiteindelik sou dit tot nog 'n ander maatskaplike stadium gelei het, naamlikkommunisme.
Die woorde sosialisme en kommunisme het voor die teorievorming van Marx en Engels reeds bestaan. Die spesifieke betekenis wat aan hierdie terme binne marxisme gegee word, is nie noodwendig die enigste moontlike betekenis nie.
Marxisme het onder andereVladimir Lenin tot die inisiëring van die eerste "proletariese rewolusie" in die geskiedenis geïnspireer, dieRussiese Rewolusie (1917). Daarmee het Rusland die eerste "diktatuur van die proletariaat" en die eerste sosialistiese staat geword (sosialisties in die betekenis wat Marx daaraan gegee het).
Marxisme het 'n groot invloed op die ontwikkelende wêreldwye arbeidersbeweging gehad. Marx het met 'n sekere minagting op die voer van loonstryd as doel op sigself neergesien, omdat hy van oordeel was dat dit die aandag van die uiteindelike Groot Rewolusie sou kon aflei. Hy was egter pragmaties genoeg (byvoorbeeld in die boek "Loon, prys en wins") om vakbondsaktiwiteite aan te beveel as middel om die arbeiders tot organisasie te beweeg en ook om tot die stryd vir die algemene kiesreg oor te gaan as middel om politieke mag te ontwikkel.
Marx se teorieë was 'n stimulant vir die opkomende arbeidersbeweging gewees, maar oor die vraag hoe groot sy bydrae aan die hervorminge binne kapitalisme was, wat in die meeste ekonomies ontwikkelde lande tot 'n beter lewenspeil vir die loonarbeiders gelei het, en tot meer politieke invloed en regte (onder andere maatskaplike sekerheid), kan op uiteenlopende wyse geoordeel word. Dit is duidelik dat Marx se maksimalistiese idee van 'n Groot Proletariese Rewolusie die arbeidersbeweging ook wel gereeld in die weg gesit het, deurdat dit tot diepgaande twiste tussen sosiaal-demokrate en vakbondmilitantes gelei het wat eintlik wel tevrede was met hervorminge binne die "kapitalistiese stelsel" (en wat deur hul teenstanders "revisioniste" genoem is) en hul maksimalistiese teenstanders, wat tevrede was met niks minder as die volledige onderwerping van die "burgerlike samelewing" nie.
InRusland hetWladimir Lenin die teorieë van Marx gebruik as grondslag vir sy eie rewolusionêre ideë, wat via dieRussiese Rewolusie (1917) tot die ontstaan van dieSowjetunie gelei het. In die Sowjetunie het dit 'n dogma geword dat die Leninistiese interpretasie van die Leer van Marx die enigste juistheid was, maar dit is te betwyfel of Marx in alle opsigte met die handelwyse van Lenin en sy trawante dit eens sou wees.
Marx het die idee gehad dat die rewolusie eerste in enkele van die mees hoogs-ontwikkelde industriële lande (Engeland,Frankryk,Duitsland of dieVerenigde State) sou uitbreek. Oor die algemeen het hy geen hoë dunk van die rewolusionêre potensieel in Rusland gehad nie, al het hy in sy latere jare wel belangstelling aan die dag gelê vir rewolusionêre strominge in die tsareryk. Hy het egter verwag dat vir 'n eg voldrae sosialisme, 'n internasionale rewolusie nodig sou wees, wat ten minste die belangrikste kapitalistiese sentra sou omvat.
Marx het ook die gedagte te kenne gegee dat die rewolusie miskien op nie-gewelddadige wyse plaas sou kon vind, byvoorbeeld in Engeland, waar 'n groot deel van die arbeiders teen die einde van die 19de eeu al kiesreg gehad het. Daar sou dit nie uitgesluit wees dat die saak van die proletariaat via die stembus kon triomfeer nie.
Marx was in sy ideë gewoonlik minder reguit as heelwat van sy volgelinge. Beroemd is sy uitspraak "Ek is in geen geval 'n Marxis nie".
Bourne, Peter G. (1986).Fidel: A Biography of Fidel Castro. New York: Dodd, Mead & Company.
Callinicos, Alex (2010) [1983].The Revolutionary Ideas of Karl Marx. Bloomsbury, London: Bookmarks.ISBN978-1-905192-68-7.
Castro, Fidel; Ramonet, Ignacio (interviewer) (2009).My Life: A Spoken Autobiography. New York: Scribner.ISBN978-1-4165-6233-7.{{cite book}}:|first2= has generic name (hulp)
Coltman, Leycester (2003).The Real Fidel Castro. New Haven and London: Yale University Press.ISBN978-0-300-10760-9.
Green, Sally (1981).Prehistorian: A Biography of V. Gordon Childe. Bradford-on-Avon, Wiltshire: Moonraker Press.ISBN0-239-00206-7.