Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Mariehamn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

MariehamnMaarianhamina

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Finland Finland
 Administratiewe streekVlag van Åland Åland
 Koördinate60°06′N19°56′O / 60.100°N 19.933°O /60.100; 19.933
 Stigting1861
 Oppervlakte: 
 - Totaal20,75vk km
 Hoogte bo seevlak1 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2023)11 817
 - Bevolkingsdigtheid1000,59/vk km
 TydsoneUTC +2 (OET)
 -SomertydUTC +3 (OEST)
 Klimaat 
 - TipeKontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur6,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie−1,3 / 16,8 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae634 mm
 BurgemeesterArne Selander
 Amptelike webwerfwww.mariehamn.ax

Mariehamn (Sweeds: [mɑriːeˈhɑmn],luister(hulp·inligting);Fins:Maarianhamina, [ˈmɑːriɑnˌhɑminɑ]) is diehoofstad en grootste stad vanÅland, 'n outonome administratiewe provinsie en gebied vanFinland. Die stad het 'n bevolking van 11 817 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 20,75 km².

Die hawe van Mariehamn snags

Toe Mariehamn, tans die enigste stedelike nedersetting op die Åland-eilande, in 1861 deur tsaarAleksander II op 'n smalle landtong tussen twee natuurlike hawens gestig en na die tsarin Maria Alexandrovna vernoem is, was die bevolking 'n skrale dertigtal. Die naam van die stad beteken "Maria se hawe". Die bloeitydperk van die Ålandse handelsvloot en seevervoer in die 19de en 20ste eeu asook die besluit van dieVolkebond om 'n outonome status aan die eilandgroep te verleen, het tot 'n vinnige ekonomiese opswaai gelei.

Mariehamn is deesdae 'n gewilde vakansiebestemming vir merendeels Sweedse en Finse toeriste waar groot veerbote, wat vanSwede na Finland onderweg is, aandoen.[1]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (af)Laat ons rook of ons loop (as ons kan), hoor EU. In:Die Burger, 5 Augustus 1998[dooie skakel]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Hoofstede vanonafhanklike lande
Hoofstede vanomstrede gebiede
Hoofstede vanafhanklike gebiede
Hoofstede van
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Mariehamn&oldid=2659349"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp