Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Margrethe I van Denemarke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Margrethe I
Koningin van Denemarke, Noorweë en Swede

Periode1375–1412 (Denemarke)
1388–1412 (Noorweë)
1389–1412 (Swede)
VoorgangerOlaf II van Denemarke
Olaf IV van Noorweë
Albrecht van Swede
OpvolgerErik van Pommere
HuisEstridsen
ManHaakon VI van Noorweë
KindersOlaf II van Denemarke (Olaf IV van Noorweë)
VaderWaldemar IV
MoederHelwig van Sleeswyk
Gebore1353
Oorlede28 Oktober1412

Margrethe I (Deens: Margrete Valdemarsdatter,Noors: Margrete Valdemarsdotter,Sweeds: Margareta Valdemarsdotter; 1353 – 28 Oktober 1412) was koningin vanDenemarke,Noorweë enSwede en die stigter van dieKalmarunie, wat die koninkryke vanSkandinawië vir langer as ’n eeu verenig het. Sy was die enigste koningin van Denemarke tot met die bewind vanMargrethe II vyf en half eeue later.

Naam

[wysig |wysig bron]

Sy is in Denemarke bekend as "Margrethe I" om haar te onderskei van diehuidige koningin. Denemarke se grondwet het nie in dié tyd voorsiening gemaak vir ’n vrou op die troon nie en met haar seun,Olaf II, se dood het sy die "almagtige dame, meesteres en regent van die Koninkryk van Denemarke" geword.[1] Sy het haarself eers in 1375 koningin van Denemarke begin noem. Die volgende jaar het sy Noorweë se "heersende koningin" geword. Na dié omverwerping van koningAlbrekt van Mecklenburg se bewind in 1389 is sy gekies as "almagtige dame van Swede".

Bewind

[wysig |wysig bron]

Margrethe was die dogter vanWaldemar IV van Denemarke enHedwig van Sleeswyk. Sy het op 10-jarige ouderdom getrou met koningHaakon VI Van Noorweë, die jongste oorlewende seun vanMagnus VII van Noorweë (Magnus II van Swede).

Met haar pa se dood het Margrethe verseker dat haar seun,Olaf II van Denemarke, koning word. Hy was te jonk om te regeer en Margrethe het haarself bewys as ’n slu en bekwame regent. In 1380, toe sy pa dood is, het Olaf hom opgevolg as koning van Noorweë. Olaf is op 17-jarige ouderdom dood en die volgende jaar is Margrethe, wat albei koninkryke in sy naam regeer het, gekies as regent van Noorweë en Denemarke.

In Swede was die bevolking in opstand teen hul ongewilde koning, Albrecht. Verskeie adellikes het aan Margrethe geskryf dat as sy hulle help om van Albrecht ontslae te raak, sy regent van Swede sou word. Sy het nie gras onder haar voete laat groei nie en dadelik ’n leër op die been gebring om Swede binne te val.

In Maart 1388 het die Swede al Margrethe se voorwaardes aanvaar en het sy die "almagtige dame van Swede" geword – en die magtige heerser van drie koninkryke. Sy het die drieSkandinawiese koninkryke op13 Junie1397 verenig in ’n persoonlike unie onder een kroon vir haar opvolger, koningErik van Pommere.[2]

Erik van Pommere

[wysig |wysig bron]

Daar is van die begin af ooreengekom dat Margrethe die drie koninkryke so gou as moontlik van ’n koning sou voorsien. Volgens Noorweë mag sy saam met die nuwe koning regeer het. In 1389 het sy haar kleinneefErik van Pommere aangewys as koning van Noorweë. In 1396 het hy ook die heerser van Denemarke en Swede geword. Margrethe was regent tot hy meerderjarig was.

’n Paar jaar na die Kalmarunie, toe Erik 18 was, is hy meerderjarig verklaar en het hy koning van al drie lande geword, maar terwyl Margrethe geleef het, was sy die ware heerser van Skandinawië. Sy is op 28 Oktober 1412 skielik oorlede.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikelen:Margaret I of Denmark
  1. Hvitfeldt, Arild.Danmarks Riges Krønike
  2. Hvitfeldt, Arild.Danmarks riges Krønike
Monarge van Denemarke
Vroeë monarge
Palts-Neumarkt
Oldenburg
Glücksburg
Internasionaal
Nasionaal
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Margrethe_I_van_Denemarke&oldid=1787703"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp