Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Margot Fonteyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Margot Fonteyn
Margot Fonteyn in die 1960's
Gebore
Margaret Evelyn Hookham

(1919-05-18)18 Mei 1919
Sterf21 Februarie 1991 (op 71)
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepDanseres
Bekend virBallet
TitelPrima ballerina assoluta
EggenootRoberto Arias
Ouer(s)Hilda (née Acheson Fontes)
Felix John Hookham

Dame Margot Fonteyn de Arias,DBE (18 Mei 1919 – 21 Februarie 1991) was 36 jaar lank prima ballerina van dieRoyal Ballet.

Hierdie wêreldberoemdeballerina is op 18 Mei 1919 in Regate,Surrey, gebore. Sy het as kind inHongkong ballet studeer en later inLonden by die bekende Serafina Astaviewa onderrig ontvang. Hierna het sy haar balletstudies by die Sadler's Wells-balletskool voortgesit. Fonteyn het haar debuut as balletdanseres in 1934 by die Vic-Wells- balletgeselskap gemaak. Van 1935 af, toe die ballerinaMarkova dié geselskap verlaat het, het Fonteyn baie van haar klassieke rolle oorgeneem. Onder hierdie rolle was dié vanGiselle, wat deur Fonteyn beroemd gemaak is. Vanweë haar buitengewone talent het Fonteyn baie vinnig die hoofdanseres van hierdie geselskap geword.

Benewens rolle uit klassieke ballette het haar repertoire ook bestaan uit die talle rolle wat sy geskep het in van sir Frederick Ashton se ballette, soosHoroscope, Symphonic Variations, Daphnis and Ghloë enOndine. Die herlewings wat ballette soos Fokine seFirebird enPetrouchka beleef het, is in groot mate te danke aan Fonteyn se uitmuntende vertolkings. Haar aanvoeling vir musiek, haar perfekte tegniek en uitstekende vertolking van rolle het aan haar internasionale roem besorg.

Ná 1959 het sy as gaskunstenares saam met die Royal Ballet opgetree. In hierdie tydperk het sy talle oorsese lande besoek.

Haar veelbesproke verbintenis met die Russiese danserRudolf Nureyev het in die vroeë sestigerjare begin en het na baie kenners se mening gelei tot 'n verdieping en verryking van haar karakteriserings.

Sy het in 1954 presidente van dieRoyal Academy of Dancing geword en is in 1956 met die titelDame of the Order of the British Empire (OBE) vereer.

In Suid-Afrika het Fonteyn vir dieJohannesburg Festival Ballet gedans en, na die totstandkoming van Truk, ook vir dié geselskap (1971). In 1972 het sy die balletskool van die Universiteit van Kaapstad besoek en saam met die balletgeseIskap van Kruik in die balletSwanemeer opgetree.

In 1955 is Fonteyn met Roberto Emilio Arias, 'n gewese Panamese ambassadeur in Brittanje, getroud. In 1964 is hy deur ’n politieke opponent geskiet waarná hy ’nparapleeg was.Na haar uittrede het Fonteyn sy al haar tyd inPanama deurgebring,by haar man en sy kinders uit ’n vorige huwelik. Sy het geen pensioen gehad nie, en het al haar geld aan die versorging van haar man bestee. Kort voor sy dood in 1989 is Fonteyn met kanker gediagnoseer. Sy is op 21 Februarie 1991, op die ouderdom van 71 in ’n hospitaal inPanama-stad, Panama, oorlede.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Margot_Fonteyn&oldid=2041027"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp