Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Maravi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Koninkryk Maravi toe dit in die 17de eeu op sy grootste was.

Maravi was ’nkoninkryk wat in die16de en17de eeu oor die grense van die hedendaagseMalawi,Mosambiek enZambië gestrek het. Daar word geglo die moderne naam "Malawi" is afgelei van "Maravi", wat "vuurvlamme" beteken.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Toe die staat op sy grootste was, het dit gebiede van die Tonga- en die Tumbuka-volk noord van dieBenede-Shire en wes van dieLuangwa- en dieZambeziriviervallei ingesluit. Die Maravi-heersers het tot die Mwale-matriargaat behoort en die titel "Kalonga" gehad. Hulle het regeer vanaf Manthimba, die administratiewe hoofstad, en was die dryfkrag agter die staat se stigting. Intussen het die patriargale Banda-clan, wat tradisioneel helers, wysgere en metallurge opgelewer het, die godsdienstige sake vanaf hul hoofstad, Mankhamba, behartig.

Ná kontak met diePortugese het handel in artikels soos krale en porselein toegeneem. In die19de eeu het die staat begin agteruitgaan en die Maravi's is dikwels deur hul bure dieYao aangeval en as slawe geneem.David Livingstone het dieNjassameer in 1859 besoek enProtestantse sendelinge het kort daarna gevolg.

"Maravi" is dus ’n algemene naam van die volke van Malawi, Zambië, Mosambiek en die ooste vanZimbabwe.Chichewa, wat ook Chinyanja genoem word en in Malawi en Zambië en in ’n mindere mate Mosambiek gepraat word, is die belangrikste taal wat in die ryk ontstaan het.

Verwysings

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Maravi&oldid=1883202"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp