DieMarathi's (Marathi: मराठी लोक) is 'nIndo-Arieseetniese groep wat Marathi asmoedertaal praat en inheems is aan dieIndiese deelstaatMaharashtra. Daarbenewens bly hulle in naburige streke soos Belgaum en Karwar vanKarnataka en die deelstaatGoa in westelike Indië.[3] Let op, dat die term "Maratha" soms deur historici gebruik word om na alle Marathi-sprekendes te verwys, onafhanklik van die kaste of die eertydse Maratha-kaste.[4] Die Marathi-gemeenskap het in die 17de eeu die politieke veld betree, toe Maratha-krygers onder leierskap van Chhatrapati Shivaji Maharaj die Maratha-ryk opgerig en die heerskap van dieMogolryk beëindig het.[5][6][7]
Wêreldwyd leef tussen 80 en 90 miljoen Marathi's, waarvan sowat 83 miljoen in Indië (6,86% van die bevolking). Hul tuiste,Maharashtra, is in die sentraalwestelike Indië langs die kus van dieArabiese See, 'n see van dieIndiese Oseaan, geleë.Mumbai,Nagpur,Pune,Nashik,Aurangabad enSolapur is die belangrikste metropolitaanse gebiede in Maharashtra.
Die klein gemeenskap Marathi-Jode (Bene Israel – "Seuns van Israel") het hulle ná die stigting vanIsrael in die laat 1940's en vroeë 1950's daar gevestig.[8][9] Die aantal Bene Israel wat in Indië bly is in 1988 op sowat 4000 tot 5000 geskat.[10]
↑(en)Pearson, M. N. (Februarie 1976). "Shivaji and the Decline of the Mughal Empire".The Journal of Asian Studies.35 (2):221–235.doi:10.2307/2053980.JSTOR2053980.