Maraisburg | |
|---|---|
| Koördinate:26°10′30″S27°55′23″O / 26.17500°S 27.92306°O /-26.17500; 27.92306 | |
| Land | |
| Provinsie | Gauteng |
| Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
| Hoofplek | Roodepoort |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 1,26 km2 (0,49 vk. myl) |
| Bevolking (2011)[1] | |
| • Totaal | 3 053 |
| • Digtheid | 2 423/km2 (6 280/vk. myl) |
| Rasverdeling(2011) | |
| • Wit mense | 16,4% |
| • Indiërs/Asiërs | 6,2% |
| • Bruin mense | 34,8% |
| • Swart mense | 39,9% |
| • Ander | 2,8% |
| Taal(2011) | |
| • Engels | 43,2% |
| • Afrikaans | 22,6% |
| • Tswana | 7,5% |
| • Zoeloe | 7,4% |
| • Ander | 19,3% |
Maraisburg is 'n voorstad vanRoodepoort inGauteng.
Dit word begrens deur, kloksgewys van die weste:Florida, Florida-Noord,Delarey, Industria-Noord enBosmont. ’n Stukkie in die ooste lê aan die ander kant van dieN1 Westelike Verbypad en ’n ewe klein gedeelte in die noordweste ander kant Ontdekkersweg. Die oos-wes-spoorlyn verdeel Maraisburg in min of meer twee gelyke dele.

Maraisburg is aangelê op die plaas Paardekraal en genoem na die eienaar, Abraham Petrus Marais. Reeds in 1904 is dit met Roodepoort geamalgameer. Intussen het ene Daniël Marais, diaken van dieNG gemeente Burgersdorp, omstreeks 1870 ontdek sommige jong mense van 14 tot 16 jaar in die omgewing van sy plaas was nog nie gedoop nie. Deur sy toedoen is die plaas Boorfontein gekoop om as skool- en kerkplek te dien en so is die dorp Maraisburg in 1873 aangelê. Ten einde verwarring met die (jonger) Maraisburg aan dieRand te voorkom, is die dorpie se naam in 1911 naHofmeyr verander ter ere vanOnze Jan Hofmeyr. Eers in die 1970's is die NG gemeente se naam ook verander, naNG gemeente Hofmeyr, pleks van Maraisburg. Die NG gemeente in Maraisburg, Roodepoort, het met sy afstigting van dieNG gemeente Florida in 1944 die naamKriel gekry ter ere van ds.Abraham Kriel. Intussen leef die naam Maraisburg in dieOos-Kaap voort as die naam van die landdrosdistrik waarvan Hofmeyr die setel is.
Die grense van Maraisburg vir die doeleindes van die sensusse van 2001 en 2011 verskil ietwat, maar nie genoegsaam om vergelykings in die syfers onmoontlik te maak nie. In 2011 was die voorstad se totale bevolking 2 892 van wie 1 093 (37,8%) wit was, 914 (31,6%) swart en 754 (26,1%) bruin. Destyds het 1 231 (42,6%) van die inwoners hul huistaal asEngels aangedui en 777 (26,87%) asAfrikaans. Soos in tallose ouer en mindergegoede voorstede van Johannesburg het ook Maraisburg se swart bevolking in die daaropvolgende 10 jaar tot die sensus van 2011 aansienlik toegeneem, in dié geval tot 1 217 (39,9%), ’n toename van meer as 33%, vergeleke met die voorstad se toename van net 5,6% tot 3 053, moontlik vanweë die veranderde grense. In dieselfde tyd het die wit bevolking meer as gehalveer tot 500 (16,4%). Ook onder die bruin inwoners was daar ’n toename tot 1 061 (34,8%).