Mandinka-danser inGambië'n Mandinka-griot, Al-Haji Papa Susso, speel liedjies uit die mondelingse tradisie van die Mandinka in Gambië op die kora
Die Mandinka is veral bekend vir dieMiddeleeuseMaliryk (1235–1670), die grootsteAfrika-ryk wat ooit in Wes-Afrika bestaan het. Dié ryk het die trans-Sahara-handel van dieMagreb na Wes-Afrika met sy sentrum inTimboektoe langs dieNigerrivier beheer. Langs die Mali-ryk se handelsroetes het dieIslam vanNoord- na Wes-Afrika versprei en 'n belangrike faktor in die alledaagse lewe van die mense geword.
Tydens dieTransatlantiese slawehandel is baie Mandinka na dieAmerikas gedeporteer, veral dieSuidelike Verenigde State,Wes-Indië enBrasilië, waar hulle 'n belangrike faktor van dieKreoolse kultuur geword het. Hulle wit eienaars het weddenskappe op georganiseerde gevegte tussen hul slawe gedoen; uit hierdie sogenaamde "gladiatorgevegte" het vegdanse soos die bekendeCapoeira ontstaan. In dieVerenigde State het hulle met nasate van ander Afrikavolke gemeng en uiteindelik dieAfro-Amerikaners gevorm.