Mandarynvis | |
---|---|
![]() | |
S. splendidus in 'nBelgieseakwarium | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. splendidus |
Binomiale naam | |
Synchiropus splendidus (Herre, 1927) | |
Sinonieme | |
|
Synchiropus splendidus, diemandarynvis, is 'n klein, helderkleurige lid van diedraakvisfamilie, wat gewild is in die soutwater-akwariumhandel. Die mandarynvis is inheems aan die westelikeStille Oseaan, waar dit van ongeveer dieRyukyu-eilande tot aan dieAustraliese kus in warmer waters oorkoraalriwwe aangetref word. Die vis is tipies sowat 8 cm (3 duim) lank.
Dit is een van die enigste visspesies bekend om hul eie ware blou kleur te produseer. Danksy sianofore, dit is ligweerkaatsende selle wat blou gepigmenteerd is, is hierdie vis geklee in een van die diereryk se skaarsste skakerings.[1] Ook is hierdie treffende skakering daar om potensiële vyande te waarsku. Baie visspesies het skubbe ter selfverdediging, maar die mandarynvis het geen. In plaas daarvan produseer dit 'n afstootlike stinkende en giftige slym wat sorg dat roofdiere dit vermy.[1]