Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Malaria
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Rooibloedsel wat aangetas is deurPlasmodium vivax, ’n spesieprotiste wat malaria veroorsaak.
Verhoogde voorkoms van chloroquine- of multiresistente malaria
Voorkoms van chloroquine-weerstandige malaria
GeenPlasmodium falciparum of chlorokien-weerstand
Geen Malaria
Malaria, afgelei vanmala aria (Italiaans: "slegte lug"), ofmoeraskoors is 'n parasitiesesiekte wat ongeveer 350-500 miljoen mense elke jaar aantas en nagenoeg 1,3 miljoen sterftes tot gevolg het. Die siekte word hoofsaaklik in dietrope aangetref. Ongeveer 85% van hierdie sterftes vind inSub-Sahara Afrika plaas. DieWGO het in April 2016 bekendgemaak dat Europa die eerste gebied van die wêreld is wat in 2015 malariavry geword het.[2] In 1995 was daar nog 90 712 gevalle in hierdie gebied.
Malaria is 'ntropiese siekte wat in 90 lande voorkom,wat veroorsak word deur 'n groep eensellige, parasitiese protista wat leef op rooibloedliggampies vanreptiele ensoogdiere.
Daar is vier malaria spesies wat op die mens parasiteer gevind naamlikPlasmodium falciparum,P. vivax,P. malariae, enP. ovale; waarvanP. falciparum die gevaarlikste asook die algemeenste in Afrika is, en verantwoordelik is vir 90% van alle sterftes aan malaria in Afrika, volgens dieWêreldgesondheidsorganisasie.
Malaria word oorgedra deur diewyfie van dieAnopheles ssp.muskiet wat as vektor optree. Kinders onder die ouderdom van vyf jaar en swanger vroue is die vatbaarste vir malaria en word die ergste deur die siekte getref.
Malaria is verantwoordelik vir een uit vier sterftes onder kinders.
Die simptome van malaria sluit die volgende in:koors, bewing, gewrigspyne, braking,anemie (weens die hemolise), hemoglobienurie (aanwesigheid van hemoglobien in die urine),retinale skade en stuiptrekkings. Die kenmerkende simptoom van malaria is die sikliese aard van die koors waarvan die duur tussen die verskillende spesies wat die siekte veroorsaak, wissel.
Soos met enige siekte, is dit beter hoe vroeër die korrekte diagnose gemaak word, in malaria se geval deur bloedtoetse in 'n geskikte laboratorium. Pasiënte wat aan bogenoemde simptome lei, veral hoë koors, moet hul geneesheer dadelik in kennis stel indien hulle onlangs 'n malariagebied besoek het.
Daar bestaan wel effektiewe geneesmiddel-behandelings op die farmaseutiese mark, beskikbaar by alle apteke. Die chemiese stof Chloroquine is die veiligste om teen Malaria te gebruik, maar verloor reeds sy effektiwiteit teen die parasiet.
Geneeshere van vermoedelike malariapasiënte behoort ook amptelike publikasies te raadpleeg (verkieslik op aanlyn-webwerwe), aangesien die aanbevole regimens voortdurend aangepas word soos nuwe geneesmiddels beskikbaar word.
↑"Malaria" (in Engels). US Centers for Disease Control and Prevention. 15 April 2010. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op2 Mei 2012.