Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Makhaya Ntini

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Makhaya Ntini
Ntini op Edgbaston, 31 Julie 2008
Volle naamMakhaya Ntini
Gebore6 Julie 1977 (1977-07-06) (47 jaar oud)
King William's Town,Suid-Afrika
Bynaam(e)The Mdingi Express
Lengte1.75 m
KolfstylRegshandig ortodoks
BoulstylRegterarm vinnig
RolBouler
Internasionale geskiedenis
Nasionale spanSuid-Afrika
Toetsdebuut19 Maart 1998 v Sri Lanka
Laaste Toets26 Desember 2009 v Engeland
EDI debuut16 Jan 1998 v Nieu-Seeland
Laaste EDI17 April 2009 v Australië
EDI hempno.16
T20I debuut11 Sep 2007 v Wes-Indië
Laaste T20I9 Januarie 2011 v Indië
Eersterangse spaninligting
Jaar(e)Span
1995–2003Grens
2004–2012Krygers (Warriors)
2005Warwickshire graafskap
2008–2010Chennai Super Kings
2010Kent graafskap
Loopbaanstatistiek
KompetisieToetsEDI1e rangA-lys
Wedstryde101173190275
Lopies aangeteken6991991284328
Kolfgemiddeld9.848.659.447.28
100s/50s0/00/00/00/0
Hoogste telling32*42*34*42*
Aflewerings geboul20,8348,68735,03913,053
Paaltjies390266651388
Boulgemiddeld49.7724.5128.9825.28
5 paaltjies in 'n kolfbeurt184279
10 paaltjies in 'n wedstryd4n/a56
Beste boulontleding7/376/227/376/22
Vangskote/Stonkings25/–30/-40/-50/-
Bron:CricketArchive, 30 November 2013

Makhaya NtiniOIS (6 Julie 1977 nabyKing William's Town,Oos-Kaap) is 'n voormaligeSuid-Afrikaansekrieketspeler wat die eerste etnies-swartspeler vir dieSuid-Afrikaanse span was. Hy het onder meer tydens diekrieketwêreldbekertoernooie in2003 en2007, dieT20I-wêreldbeker 2007, asook dieKampioenetrofeë in1998,2000,2002,2004,2006 en2009 vir Suid-Afrika gespeel.

Eerste jare

[wysig |wysig bron]
Makhaya Ntini tydens 'n oefening op dieSydney-krieketveld in Januarie 2009

Twee jaar nadat sy talent in die Grens ontdek is, word hy gekies om Engeland toe te toer met die Suid-Afrikaanse o.19-span, en speel in al vyf die internasionale wedstryde. Engeland oorheers beide eendagwedstryde op die toer met die Suid-Afrikaners wat net een paaltjie kon neem, deur Pierre Joubert.[1] In die toetsreeks, wat Engeland met 2-0 wen, neem Ntini altesaam nege paaltjies, die tweede meeste deur 'n Suid-Afrikaner.[2] Sy boulwerk was duur en kom teen 'n koers van 4.53 lopies per boulbeurt, meer as enige ander Suid-Afrikaner met die uitsondering vanMark Boucher, wat eintlik 'npaaltjiewagter was.[2][3] Na twee wedstryde vir die Grens teen die toerende Keniane,[4] het Ntini sy eersterangse debuut in November 1995 teen 'n Engelse XI gemaak.[5] Hy het twee paaltjies ingeoes in Engeland se enigste beurt, waartydens Grens deeglik die loef afgesteek is.[6]

In sy debuutseisoen neem Ntini 17 paaltjies teen 'n gemiddeld van 37,05 in eerste-klas wedstryde.[7] Sy beste vertoning in 'n beurt was teen die Vrystaat, toe hy drie paaltjies vir 49 lopies geneem het tydens sy 17 boulbeurte.[8] Hy toer weer saam met die nasionale onder-19s in Maart en April 1996 na Indië. Ntini wys sy talent tydens die derde wedstryd met 6/53 in die eerste beurt en 3/48 in die tweede beurt.[9]

Internasionale loopbaan

[wysig |wysig bron]

As snelbouler was hy geneig om wyd van die paaltjies te boul met lewendige aflewerings en goeie vaart. Hy oorleef politieke omstredenheid vroeg in sy loopbaan, en word slegs die derde Suid-Afrikaner om 300 toetspaaltjies te neem naasShaun Pollock en Allan Donald, en die tweede plek op die IKR-toetsboulranglys in te neem. Hy het later, tot die 2010-seisoen, plaaslike krieket vir die Chennai Super Kings in die Indiese Premierliga gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens dieKampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[10]

Ntini keer terug na die Suid-Afrikaanse span vir 'n Sharjah toernooi in 2000. Sy verbetering was duidelik sigbaar toe hy met groter beheer geboul het. In 2003 word hy die eerste Suid-Afrikaner om 10 paaltjies op Lord's Cricket Ground te neem. Dit was waarskynlik Ntini se beste vertoning, behalwe toe hy 13 paaltjies vir 132 lopies teen die Wes-Indiese Eilande in Port-of-Spain geneem het op 12 April 2005. Dit bly die meeste paaltjies deur 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler in 'n toets geneem. Op 3 Maart 2006 het Ntini ook die beste boulsyfers deur 'n Suid-Afrikaner behaal in 'n eendagwedstryd, deurAustralië met 6 paaltjies vir 22 lopies te vermorsel.

Rekords

[wysig |wysig bron]

Ntini het homself as Suid-Afrika se beste snelbouler en een van die voorste snelboulers in die wêreld gevestig. In Februarie 2009 beklee hy die vyfde posisie as wêreldtoetsbouler na Muttiah Muralitharan,Dale Steyn, Stuart Clark en Mitchell Johnson, maar daal ook tot 25ste posisie as eendaagse bouler, volgens die IKR se ranglys.[11]

Op 20 Januarie 2007 het Ntini Mohammed Sami verbygesteek om sy 300ste paaltjie in sy 74ste toets te neem. Op 1 Augustus 2008 het hy Engeland se aanvangskolwer Alastair Cook uitgehaal om sy 350ste toetspaaltjie in sy 90ste toets te eis.

Op 17 Desember 2009 speel hy in sy 100ste toets, steeds die enigste swart Suid-Afrikaanse krieketspeler wat die merk kon bereik. Maar nadat hy reeds sy plek in die eendaagse span verloor het, is hy uit die toetsspan gelaat na swak vertonings teen Engeland.

Ntini het op 9 Januarie 2011 uit alle vorme van internasionale krieket getree, na 'n T20-wedstryd teenIndië inDurban.[12][13]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Under-19 ODI Bowling for South Africa Under-19s: South Africa Under-19s in England 1995". "CricketArchive".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op9 Januarie 2011.
  2. 2,02,1(en)"Under-19 Test Bowling for South Africa Under-19s: South Africa Under-19s in England 1995". "CricketArchive".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op9 Januarie 2011.
  3. (en)"Player Profile: Mark Boucher". "CricketArchive".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2019. Besoek op9 Januarie 2011.
  4. (en)"Other matches played by Makhaya Ntini (66)". "CricketArchive". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 7 November 2012. Besoek op9 Januarie 2011.
  5. (en)"First-Class Matches played by Makhaya Ntini (190)". CricketArchive.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op9 Januarie 2011.
  6. (en)"Border v England XI in 1995/96". CricketArchive.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2019. Besoek op9 Januarie 2011.
  7. (en)"First-class Bowling in Each Season by Makhaya Ntini". "CricketArchive".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2018. Besoek op9 Januarie 2011.
  8. (en)"Border v Free State in 1995/96". "CricketArchive".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2018. Besoek op9 Januarie 2011.
  9. (en)"India Under-19s v South Africa Under-19s in 1995/96". "CricketArchive".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2018. Besoek op15 Januarie 2011.
  10. (en)Firdose Moonda (27 Maart 2013)."Victorious in Dhaka". ESPNcricinfo. Besoek op7 Desember 2023.
  11. (en)Lgiccrankings.Com. URL besoek op 20 Augustus 2012.
  12. (en)"India wins one-off T20I at Durban". IndiaVoice. 11 Januarie 2011. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 21 Julie 2011. Besoek op12 Januarie 2011.
  13. (en)"'People's champ' of SA cricket retires". South African Government Online. 3 November 2010. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 1 April 2012. Besoek op31 Oktober 2011.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Proteaspanne gehaal
1Cronjé (k) • 2Benkenstein • 3Kallis • 4Cullinan • 5Kirsten • 6Dawson • 7Pollock • 8Rhodes • 9Boucher (pw) • 10Elworthy • 11Crookes • 12Symcox • 13Ntini • 14Boje • Afrigter:Woolmer
Vlag van Suid-Afrika
1Kirsten • 2Gibbs • 3Kallis • 4Cullinan • 5Cronjé (k) • 6Benkenstein • 7Pollock • 8Rhodes • 9Boucher (pw) • 10Donald • 11Crookes • 12Dawson • 13Klusener • 14Elworthy • 15Boje • Afrigter:Woolmer
Vlag van Suid-Afrika
Ntini is vir die oorspronklike span benoem, maar op 23 April 1999 deur Dawson vervang.
39Pollock (k) • 46Boucher (pw) • –Abrahams • 34Boje • 10Donald • 99Hall • 38Kallis • 28Kirsten • 69Klusener • 4McKenzie • 25Dippenaar • 47Ntini • 17Rhodes • 52Telemachus • Afrigter:Ford
Vlag van Suid-Afrika
1Pollock (k) • 2Boucher • 3Boje • 4Dippenaar • 5Donald • 6Gibbs • 7Hall • 8Kallis • 9Kirsten • 10Klusener • 11Langeveldt • 12Ntini • 13Peterson • 14Rhodes • 15Zondeki • 16Smith (plaasvervanger vir Rhodes) • Afrigter:Arthur
Vlag van Suid-Afrika
1Bosman • 2Boucher • 3de Villiers • 4Gibbs • 5Hall • 6Kallis • 7Kemp • 8Langeveldt • 9Nel • 10Ntini • 11Peterson • 12Pollock • 13Prince • 14Smith (k) • 15Telemachus • Afrigter:Arthur
Vlag van Suid-Afrika
69Bodi • 9Boucher (pw) • 17de Villiers • 21Duminy • 7Gibbs • 6Kemp • 81A. Morkel • 65M. Morkel • 89Nel • 16Ntini • 24Philander • 7Pollock • 15Smith (k) • 0Tshabalala • 29van der Wath • Afrigter:Arthur
Vlag van Suid-Afrika
Loots Bosman het die toernooi weens ’n besering misgeloop.
15Smith (k) • 1Amla • 22Botha • 9Boucher • 17de Villiers • 21Duminy • 09Gibbs • 3Kallis • 81Morkel • 16Ntini • 36Parnell • 13Peterson • 8Steyn • 68Tsotsobe • 52van der Merwe • Afrigter:Arthur
Vlag van Suid-Afrika
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Makhaya_Ntini&oldid=2634356"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp