Honde enskape was van die eerste diere wat deur diemens mak gemaak is.
Mak maak (vgl. dieLatynse woorddomesticus: "van die huis") is die teel, kweek of tem van 'nbevolking vanorganismes om die eienskappe wat wenslik is vir die teler, kweker of temmer te beklemtoon. Die verlangde eienskappe kan insluit 'n bepaalde fisiese voorkoms, gedragskenmerke, indiwiduele grootte, werpselgrootte, hare/pelsgehalte of -kleur, groeikoers, vrugbaarheid, leeftyd, die vermoë om marginale hulpbronne en weiding te gebruik, die produksie van sekere neweprodukte, en vele ander.[1] Mak organismes mag afhanklik word van mense of menslike aktiwiteite, omdat hulle hul vermoë om in die natuur te oorleef kan verloor.
Mak maak verskil vantemming in dat dit nie net verwys na 'n organisme se verandering in gedrag of omgewingssosialisering nie, maar potensieel selfs ook in hul fenotipiese uitdrukking en genotipes. Die woordmak word algemeen gebruik om 'n verandering in die hele bevolking te beteken, terwyltem meer algemeen gebruik word om 'n verandering in individue te beteken. Verder istem tipies slegs van toepassing op diere en hul gewoond raak aan menslike teenwoordigheid, terwylmak maak 'n breër term behels, en kan plante, swamme en ander vorme van organismes insluit.
Plante word hoofsaaklik mak gemaak vir hul estetiese genot in en om die huis, en wordsierplante genoem, terwyl dié wat mak gemaak word vir grootskaalse voedselproduksiegewasse (ofkultivars) genoem word. Daar kan verder 'n onderskeid getref word tussen die mak plante wat doelbewus verander is vir spesiale gewenste eienskappe, en die plante wat gebruik word tot menslike voordeel, maar wat in wese geen verskil toon tussen die mak en wilde bevolkings van 'nspesie nie. Diere wat vir die mens se kameraadskap mak gemaak is, word troeteldiere genoem, terwyl dié soorte wat mak gemaak is virvoedselproduksie of arbeid, vee of plaasdiere genoem word.
Charles Darwin was die eerste wetenskaplike om die verband tussen mak maak, seleksie enevolusie te beskryf.[2] Darwin het beskryf hoe die proses van domestikasie beide onbewuste en metodiese elemente kan betrek. Die roetine-interaksie van mense met diere en plante skep seleksiedruk wat hul laat aanpas by die mens se teenwoordigheid, gebruik of verbouingsmetodes. Doelbewuste selektiewe teling is ook gebruik om die gewenste veranderinge in 'n spesie te weeg te bring, dikwels ná die aanvanklike makmaking. Hierdie twee aksies, onbewuste natuurlike seleksie en metodiese selektiewe teling, het beide 'n rol gespeel in die prosesse van mak maak dwarsdeur die geskiedenis.[1]
Die mak maak vankoring dien as 'n voorbeeld. Wilde koring sesaad val op die grond wanneer dit ryp is om die plant te regenereer, terwyl mak koringsaad op die stam bly vir makliker oes. Daar is bewyse dat hierdie verandering moontlik as gevolg van 'n ewekansige mutasie was, wat plaasgevind het in wilde bevolkings aan die begin van koring se mak verbouing. Koring met hierdie mutasie is meer dikwels geoes en die saad is vir die volgende aanplanting gebruik. Daarom het vroeëboere, sonder om dit te besef, hierdie mutasie gekies, wat andersins dalk sou uitgesterf het. Die gevolg is dat mak koring moet staatmaak op boere vir sy eie voortplanting en verspreiding.[3]
↑Source : Laboratoire de Préhistoire etProtohistoire de l'Ouest de la France[1]Geargiveer 26 Junie 2009 opWayback Machine,(fr).
↑.Un chat apprivoisé à Chypre, plus de 7000 ans avant J.C., Press release from the CNRS, April 2004,(fr). Oorspronklike artikel: J.-D. Vigne, J. Guilaine, K. Debue, L. Haye & P. Gérard,Early taming of the cat in Cyprus, Science, 9 April 2004.
↑West B. and Zhou, B-X.,Did chickens go north? New evidence for domestication, World’s Poultry ScienceJournal, 45, 205-218, 1989,hier aangehaal, 8 p.(en).
↑Beja-Pereira, Albano et al.,African Origins of the Domestic Donkey, Science 304, 1781, 18 June 2004, cited iniciGeargiveer 11 April 2008 opWayback Machine(en).