Die 6de tot 5de eeu v.C. word dikwels beskou as ’n groot keerpunt in die vroeë geskiedenis van Indië; in dié tydperk het die eerste groot stede hier verrys ná die val van dieIndusvalleibeskawing. Dit was ook die tyd van die opkoms van bewegings soosBoeddhisme enDjainisme wat die ortodokse geloof van dieVediese tydperk betwis het.
Twee van die mahajanapadas was moontlik oligargiese republieke, terwyl die ander ’n soort monargie was. Antieke Boeddhistiese tekste verwys dikwels na 16 groot koninkryke en republieke wat in ’n strook vanGandhara in die noordweste totAnga in die oostelike deel van dieIndiese subkontinent ontwikkel en floreer het. Almal het voor die opkoms van Boeddhisme in Indië al bestaan.[2]
Die woordmaha beteken "groot" enjanapada letterlik "vastrapplek van ’n volk". Die vestiging van volke in die gebied het reeds sy finale stadium bereik teen die tyd vanBoeddha. Die noordweste van die Indiese subkontinent was verdeel in verskeiejanapadas, wat deur grense geskei is. Die Boeddhistiese teksAnguttara Nikaya gee op verskeie plekke[3] die name van 16 groot nasies:
Anga
Assaka (of Asmaka)
Avanti
Chedi
Gandhara
Kashi
Kamboja
Kosala
Kuru
Magadha
Malla
Machcha (of Matsya)
Panchala
Surasena
Vriji
Vatsa (of Vamsa)
Nog ’n teks, dieDigha Nikaya, noem 12 mahajanapadas uit die boonste lys en laat 4 weg: Assaka, Avanti, Gandhara en Kamboja.[4] Ander tekste, soos dieChulla-Niddesa, gee ook lyste wat effens van bogenoemde verskil.[5][6]
DieBhagavati Sutra van Djainisme noem 16 ander mahajanapadas:
Anga
Banga (Vanga)
Magadha
Malaya
Malavaka
Accha
Vaccha
Kochcha
Padha
Ladha
Bajji (Vajji)
Moli (Malla)
Kasi
Kosala
Avaha
Sambhuttara
Dié lys word as ’n latere en dus minder betroubare weergawe beskou.[7]
↑Vikas Nain, "Second Urbanization in the Chronology of Indian History",International Journal of Academic Research and Development3 (2) (Maart 2018), ble. 538–542.
↑Lord Mahāvīra and his times, 1974, bl. 197, Dr Kailash Chand Jain;The History and Culture of the Indian People, 1968, bl. lxv, Dr Ramesh Chandra Majumdar, Bharatiya Vidya Bhavan, Bhāratīya Itihāsa Samiti;Problems of Ancient India, 2000, bl. 7, K.D. Sethna.
↑Political History of Ancient India, 1996, bl. 86;History & Culture of Indian People, Age of Imperial Unity, ble. 15–16