Magnetiet |
---|
|
Magnetietkristalle, bedek met klein hematietkristalletjies |
Formule | Fe2+Fe3+2O4[1] |
Onsuiwerhede | Mg,Zn,Mn,Ni,Cr,Ti,V,Al |
Nickel-Strunz (10) | 4.BB.05 |
Kleur | grysswart, ysterswart |
Streep | swart |
Glans | metaalglans |
Hardheid | 5,5 - 6,5(Mohs) |
Digtheid | 5,175 g/cm3 |
Kristalsisteem | kubies |
Ruimtegroep | Fd3m |
Strukturbericht-kode | H1₁ |
Nommer | 227 |
Eenheidsel | a = 8.397 Å |
*Lys van minerale |
Portaal Geologie |
---|
Magnetiet is 'n mineraal met formuleFe3O4. Dit is 'n oksied met gemengde valensies Fe(II) en Fe(III). Altwee vorme van yster is in 'n hoëspintoestand en die stof in ferrimagneties. Die stof het 'n struktuur wat van diespinelstruktuur afgelei is.
Dit is een van die belangrikste ysterertse en dit kom in 'n verskeidenheid stollingsgesteentes, pegmatiete, kontakmetamorfe gesteentes enhidrotermale are voor. In ons moderne Aarde word magnetiet selde in sedimentêre omgewings gevorm. Maar in diePaleoproterosoïkum (2,5 tot 1,6 miljard jaar gelede) het groot neerslae magnetiet direk uitseewater neergeslaan, aangesien dit 'n tyd was toe die wêreld se oseane en atmosfeer nog nie so suurstofryk was soos nou nie. In dieGroot Suurstofkatastrofe het dit begin om te verander.Sianobakterieë het groot hoeveelhede suurstof vrygestel.[2]