SI eenhede &STD word gebruik tensy anders vermeld.
Magnesium is 'nchemiese element in dieperiodieke tabel met die simboolMg enatoomgetal van12. Magnesium is die element met die agste grootste verspreiding en beslaan ongeveer 2% van dieAardkors en is die element wat die derde meeste voorkom in oplossing inseewater. Hierdieaardalkalimetaal word hoofsaaklik gebruik as legeringsmiddel omaluminium-magnesiumlegerings (of allooie) te vervaardig.
Magnesium is 'n betreklik sterk,silwerige wit en liggewigmetaal ('n derde ligter as aluminium) wat effens verdof wanneer dit aan lug blootgestel word. In 'n poeiervorm word die metaal warm en ontbrand wanneer dit aan lug blootgestel word en brand met 'n wit vlam. Dit is moeilik om die metaal in massale vorm te ontsteek maar dis makliker wanneer dit in dun vysels gesny is. Wanneer dit eers ontsteek het, is dit moeilik om te blus aangesien dit in beidestikstof (met vorming van magnesiumnitried) ensuurstof kan brand.
Magnesium verbindings, hoofsaaklikmagnesiumoksied, word as 'n vuurvaste materiaal gebruik vir oondvoerings in die produksie vanyster enstaal, nie ysterhoudende metale,glas ensement.
Magnesiumoksied en ander verbindings word ook in die landbou-, chemiese- en konstruksiebedrywe gebruik. Die element se hoofaanwending is as legeringsbymiddel totaluminium wat op sy beurt weer hoofsaaklik vir die vervaardiging van koeldrankblikkies gebruik word. Magnesium legerings word ook gebruik as strukturele komponent vanmotorvoertuie en masjinerie. 'n Ander gebruik van die metaal is om behulpsaam te wees met die verwydering vanswael vanuit yster en staal.
Ander gebruike sluit in:
Magnesium, soos aluminium, is sterk en lig, dus word dit dikwels gebruik vir hoë graad motorwiele, dikwels ook "mag wheels" genoem.
Fotogegraveerde plate vir die drukwerknywerheid.
Gekombineerde legerings van hierdie metaal is noodsaaklik invliegtuig- en missielkonstruksie.
Wanneer dit as 'n legeringsmiddel gebruik word, bevorder dié metaal die meganiese-, bewerkbaarheids- en sweiseienskappe van aluminium.
Bymiddel vir konvensionele dryfmiddels en word gebruik om grafietknobbels ingietyster te vorm.
Reduseermiddel vir die vervaardiging van suiweruraan en ander metale vanuit hullesoute.
Die naam word ontleen uit dieGriekse woord vir 'n distrik inThessaly genaamdMagnesia.Joseph Black uitEngeland het magnesium as element in1755 geëien en sirHumphrey Davey het suiwer magnesium elektrolities geïsoleer in1808 vanuit 'n mengsel van magnesia enHgO enBussy het dit in 'n duidelik uitkenbare vorm voorberei in1831. Magnesium is die agste mees volopste element in die aardkors. Dit is 'n aardalkalimetaal en kom daarom nie as 'n suiwer element in die natuur voor nie. Dit kan gevind word in groot neerslae vanmagnesiet,dolomiet en anderminerale.
Die daaglikse vereiste inname vir volwassenes, wat beïnvloed word deur verskeie faktore insluitende geslag, gewig en grootte; is 300-400mg/dag. Baieensieme vereis die teenwoordigheid van magnesium ione om hulle katalitiese werking te verrig. 'n Magnesiumgebrek veroorsaak dikwelsspierkrampe en is al gekoppel aankardiovaskulêre siekte,suikersiekte,hoë bloeddruk enosteoporose.
Groente soosspinasie verskaf magnesium omdat die chlorofielmolekuul magnesium bevat.Neute,sade en sommige volgraangewasse is ook goeie bronne van magnesium.
Alhoewel magnesium teenwoordig is in baievoedsel, kom dit gewoonlik in klein hoeveelhede voor. Soos met die meeste voedingstowwe kan die daaglikse magnesiumbehoefte nie voldoende van 'n enkele voedselsoort verkry word nie. Deur 'n groot verskeidenheid voedsels te eet, insluitendevrugte en groente en volgraangewasse kan 'n mens verseker dat voldoende magnesium ingeneem word.
Die magnesium inhoud van verwerkte voedsels is gewoonlik laag. Volgraan brood bevat byvoorbeeld twee keer soveel magnesium as wit brood omdat die magnesiumryke kern en kaf verwyder word wanneer witmeel vervaardig word.
Water kan ook 'n bron van magnesium wees, maar die hoeveelhede wissel na aanleiding van die bron.Harde water bevat meer magnesium assagte water. Dieetkundige opnames neem normaalweg nie magnesiuminname uit water in ag nie wat mag lei tot 'n onderskatting van die totale magnesiuminname en die wisseling daarvan.
Hier is 'n lys van voedselsoorte met hulle magnesiuminhoud:
Magnesium-26 is 'n stabiele isotoop wat aangewend word inisotoopgeologie soortgelyk aan dié van aluminium. Mg-26 is 'nradiogeniese susterproduk van Al-26 met 'nhalfleeftyd van 717000 jaar. Groot verrykte konsentrasies van stabiele Mg-26 is al waargeneem in Ca-Al ryke insetsels in koolstofbevattendechondriet-meteoriete. Die onreëlmatige verspreiding van Mg-26 word toegeskryf aan die verval van Al-26 in die insetsels waaruit dit gevorm word. Die gevolgtrekking is dat die meteoriet dus gevorm moes gewees het in diesterrenewel van die son gevorm moes gewees het, voordat die Al-26 kon verval het. Dus is hierdie voorwerpe van die oudstes in diesonnestelsel en is baie inligting oor die vroegste geskiedenis van die sonnestelsel daarin vasgevang.
Dit is gebruiklik om die Mg-26/Mg-24 verhouding teenoor die Al/Mg verhouding te skets. Op 'nisochroniese grafiek, word die Al-27/Mg-24 verhouding geskets. Die helling van die isochroniese grafiek het nie enige betekenis ten opsigte van ouderdom nie, maar dui die aanvanklikeAl-26/Al-27 verhouding van die monster aan ten tye van die verwydering daarvan vanuit 'n gemeenskaplike poel.
Magnesiummetaal en -legerings is hoogs vlambaar en smelt in poeiervorm. Magnesiummetaal reageer vinnig eneksotermies in kontak met lug ofwater en moet met sorg gehanteer word. Dit word aanbeveel dat 'n veiligheidsbril gedra word. Die helder wit lig (insluitendeultravioletlig) wat uitgestraal word wanneer magnesium brand kan dieoë beskadig. Water moet nie gebruik word om die brand te blus nie aangesien dit die brand kan stook deur die reaksie:
Mg(s) + 2 H2O(l) → Mg(OH)2(aq) + H2(g)
Brandblussers metkoolstofdioksied moet ook nie gebruik word nie, aangesien magnesium ook daarin kan brand.
Die boonste limiet vir die inname van magnesium in dieetkundige aanvullings is 350 mg/dag. Die mees algemene simptome van oormatige magnesiuminname isdiarree. Babas behoort nie magnesiumaanvullings te kry nie.