Teenpous Silvester IV | |
---|---|
Geboortenaam | Maginulfo |
Geboorteplek | Rome |
Geboortedatum | ongeveer1050 |
Sterfplek | Osimo |
Teenpous van | Pous Paschalis II |
Begin van pontifikaat | 18 November1105 |
Einde van pontifikaat | 11 of 12 April1111 |
Teenpous Silvester IV[1] was 'nteenpous in dieRooms Katolieke Kerk van18 November1105 tot 11 of 12 April1111. Hy was die vierde teenpous tydens die pontifikaat vanPous Paschalis II gedurende dieInvestituurstryd.
In 1101 was die teenpouseTheodoricus enAlbertus gevange geneem deur Pous Paschalis. DieRomeinse adel wat die keiser van dieHeilige Romeinse Ryk in Rome verteenwoordig het, het egter geweier om Paschalis te erken.
Toe Paschalis in 1105 tydelik Rome verlaat het, het die adellikes onder leiding van Werner von Lenzburg, graaf van Ancona[2]weer 'n nuwe pous benoem. Hulle kiesMaginulfo, aartspriester van St. Angelo in Peschiera. Maginulfo kies die naamSilvester IV. Op18 November1105 word hy in die Lateraanse basiliek as pous gekroon.
Toe Paschalis die volgende dag reeds na Rome terugkeer, breek ernstige onluste uit. Aanvanklik kon Silvester se troepe stand hou, maar in November is Silvester gedwing om te vlug. Silvester vlug na Osimo, waar hy die beskerming van graaf Werner von Lenzburg geniet.
Keiser Hendrik V het investituur-reg asook die keiserstitel van Paschalis geëis. Paschalis het dit geweier. Die keiser set Paschalis gevange en erken Silvester as pous. In gevangeskap gee Paschalis noodgedwonge toe aan die keiser se eise. Die pous en die keiser bereik 'n akkoord op11 April1105. Keiser Hendrik onttrek sy steun aan Silvester en dwing hom om af te tree op 11 of 12 April 1111. Silvester onderwerp hom aan Paschalis en vertrek na Osimo en sy beskermheer graaf Werner.
Met dieaftrede van Silvester het dit gelyk of die skisma nou verby sou wees, maar toe Paschalis sewe jaar later sterf, was keiser Hendrik nie tevrede met die keuse vanPous Gelasius II as sy opvolger nie en stelMaurice Bourdin aan asTeenpous Gregorius VIII.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuitdie Nederlandse Wikipedia vertaal. |